Ontdek die splinternuwe Michael Kors versameling

Hier by Mooi Leefstyl deel ons die splinternuwe Michael Kors versameling wat jou voorkoms stylvol sal afrond.  Alledaagse glans en blywende ontwerp is hoe hul ontwerpe beskryf kan word.  Geniet hierdie luukse ikoniese ontwerpe, en maak elke oomblik belangrik voel met die nuwe reeks vir die seisoen.  Dit is nou vir hom en haar beskikbaar aanlyn by Watch Republic  Suid-Afrika.

Michael Kors is ʼn wêreldbekende bekroonde ontwerper van luukse bykomstighede en produkte.  Hul is ook bekend vir hul prêt-à-porter reeks produkte wat gereed is om gedra te word, met hul kenmerkende gevoel van glans en gemak.  Die handelsmerk bied modern en ikoniese lewenstyl-items wat gesofistikeerd en toegeeflik is.

ʼn Ggroot mode klem hierdie seisoen!  Die gebruik van ketting detail was nog altyd ʼn groot deel van hul handelsmerk.  Michael Kors is besig om hul Ritz-platform met ketting detail op te dateer vir ʼn prettige en glansryke voorkoms.  Die kettings sal bestaan uit glitz-pave-, asetaat- of vlekvrye staal.

Liliane horlosie:

Die Michael Kors Liliane-horlosie bevat ʼn wit pêrelmoer analoog wyserplaat met aanwysers van goue-toon.  Die glinsterende ring omring die horlosie se gesig.  ʼn Goudkleurige horlosie-band van vlekvrye staal.

Oorgrote Brecken horlosie:

ʼn Nuwe, gewaagde voorkoms.  Die Michael Kors, oorgrote Brecken goud-toon horlosie.  Dit is ontwerp met die inspirerende man in gedagte.  Die Brecken is modern en bring die moderne vloeiende ontwerp na ʼn heel nuwe vlak.

ʼn Konkawe ring omring die chronograaf beweging van die horlosie se aanwysers.  Die oorgrote ontwerp en tydlose silhoeët maak dit die perfekte sport-horlosie.

Layton horlosie:

Die Michael Kors Layton-horlosie het ʼn wit sonstraal analoog wyserplaat met goud-toon aanwysers.  Die glinsterende ring omring die horlosie se gesig. ʼn  Tweekleurige horlosie-band van vlekvrye staal.

Koop die nuutste tendense van Michael Kors horlosies vir hom en haar  aanlyn by Watch Republic.

Artikel Krediet:

  • Foto’s:  Verskaf deur Press Room
  • Teks: Verskaf deur Press Room
  • Artikel geskrewe:  Verwerk deur Mooi Leefstyl