Heerlike koffie uit die kattebak van ʼn Mini

Heerlike koffie uit die kattebak van ʼn Mini, dit is presies waarvoor Mini Coffee Company bekend staan.  Abraham Hercules Vorster en sy vrou, Su-Mari, het die besigheid begin in Februarie 2019.  Hulle is beide die mede-eienaars van die besigheid.  Die fokus van hul besigheid bly koffie, so koffie is verseker die gewildste produkte.

Hulle 250g koffie bone en gemaalde koffie is by verre die gewildste produk.  Die fietsryhemde en koffie-flesse word gewoonlik in beperkte voorraad aangehou.  Indien daar beskikbaar is verkoop dit soos soetkoek by ʼn kerk basaar op ʼn Saterdag.  Ons is mal oor die konsep.  Wat is dan nou ouliker as om ʼn koppie koffie te bestel en dit word voorberei in die kattebak van ʼn Mini.

Het jy jou eie besigheid?  Mini Coffee Company voorsien ook verskeie plekke van koffiebone vir gebruik of her-verkoop.  Indien jy belangstel, kontak Mini Coffee Company direk.  Mooi Leefstyl hoop jy geniet die artikel.  Onthou om dit met jou vriende op sosiale media te deel.

cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company

Die naam, Mini Coffee Company:

Die twee ou Mini’s was die perfekte inspirasie om ʼn ‘mini (klein)’ koffie besigheid in hul Mini’s te begin. Al die Mini’s was in Abraham se familie gewees.  Die een ʼn restourasie projek wat amper nooit klaar gekom het nie.  En die ander een sy studente kar op Stellenbosch, wat trots gepronk het met sy Vrystaat nommerplaat. Abraham se belangstelling in koffie en die avontuur-ryke genot van die woelige Mini’s was die mees verregaande kombinasie vir ʼn besigheid.  Dit het gepas soos ʼn handskoen en ontaard in ʼn baie opwindende handelsmerk wat maklik aanklank gevind het onder verbruikers.

Beide Su-Mari en Abraham het groot geword in die platteland. Die besigheid se leuse “Enjoy the small things” is grotendeels geïnspireer deur die leefwyse en voorbeeld wat deur hul ouers gestel is – om waarde en genot in die alledaagse gebeure te vind. Die klein plesiere tel.

cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company

Produk-mandjie:

Hulle produk-mandjie is nie propvol nie en groei stelselmatig saam met die besigheid. Op hierdie stadium bestaan hul produk lys uit koffie, koffie flesse, en fietsryhemde.

Die koffie is beskikbaar in bone of gemaalde koffie en 125g, 250g of 1kg verpakking. Die koffie flesse is 350ml Stanley koffie flesse, in verskillende kleure, met die Mini Coffee Company handelsmerk op.

Fiestry hemde word plaaslik gemaak deur Ciovit.  Die hemde het ook die Mini Coffee Company handelsmerk op, met so ekstra tikkie pret,  Dan is daar ʼn klomp klein Mini Coffee Company logo’s wat soos ‘polka dots’ oor die hemp versprei is.

Soos die besigheid uitbrei sal daar sekerlik nog produkte soos klere, keppe, koffie-toerusting bygevoeg word.  Hulle wys uit dat hulle ʼn koffie besigheid is en die fokus is om die beste koffie vir die verbruiker te gee.

cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company

Inspirasie agter die besigheid:

Assosiasie, hoë kwaliteit, en deurdag is die woorde wat opkom.

Hulle mening is dat indien ʼn persoon met ʼn produk of ʼn handelsmerk kan assosieer is die kans groter dat so ʼn persoon dit sal wil koop omdat hy/sy dit regtig wil hê en nie net koop omdat dit mooi of anders is nie.

Hoë kwaliteit is ʼn voorvereiste vir enige produk – as dit nie hoë kwaliteit is nie sal dit nie in die produk mandjie ingetrek word nie.  Dalk is die regte woord eintlik duursaamheid.  In ʼn leeftyd waar alles redelik beskikbaar is, is dit soms moeilik om deur die warboel van opsies te sif . Om dan iets te vind wat regtig waarde het.  ʼn Produk met swak kwaliteit veroorsaak ʼn hele ketting-effek.  Dan ʼn kort leeftyd, swak assosiasie met ʼn handelsmerk en eindig op die rommelhoop – wat net ʼn mors van natuurlike en finansiële hulpbronne was en nie ʼn baie volhoubare praktyk is nie.

Hul produkte is eerder ʼn handjie-vol as ʼn mandjie-vol.  Elke produk is deeglik deur gekyk en gedink voordat daar besluit word om dit deel te maak van die besigheid.  Hoe elke produk deel vorm van die besigheid word grotendeels opgeweeg teenoor die kwaliteit daarvan en hoe dit met die besigheid assosieer, en ook met die eindverbruiker resoneer.

Die meeste produkte hou direk verband met koffie en ʼn sekere leefstyl of assosiasie wat hulle self met koffie het – avontuur, buitelig, vryheid, waardevol, en vakmanskap.

As dit kom by die fisiese ontwerp en uitleg is dit maar ʼn kombinasie van persoonlike styl en voorkeur, met menigte probeerslae, voordat ʼn finale besluit geneem word.

cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company

Koop Mini Coffee Company se produkte hier:

Alle produkte is beskikbaar op hul webtuiste www.minicoffeeco.co.za. Lesers kan ook ʼn spesiale Mini Coffee Company koffie “blend” by Poetry kry wat spesifiek vir Poetry se voorkeur en behoeftes verpak is.

cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company

Produkte se vervaardiging:

Die koffiebone kom van regoor die wêreld, maar die waarde toevoeging vind alles op eie bodem plaas. Die koffiebone se oorsprong wissel van Afrika, Sentraal Amerika en Suid Amerika.  Dit is waar dit dan saam gerooster word om die perfekte kombinasie van geure te gee. Daarna word die koffiebone in herseëlbare pakkies verpak wat elkeen met die hand gestempel word aan beide kante. Die rooster proses vat enige iets van 12-15 minute, maar om genoeg pakkies vir een sarsie geroosterde bone te stempel vat amper vier maal so lank.

Die fietsry hemde word plaaslik gemaak en aanmekaargesit in Woodstock, Kaapstad  deur Ciovita.  Ciovita is ʼn plaaslike besigheid met ʼn voetspoor wat oor die wêreld strek en vervaardig baie hoë kwaliteit fietsry klere asook maskers in hierdie tyd van Covid-19.

cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company

Volg die Mini Coffee Company aanlyn:

Die ‘mini’ koffie besigheid groei teen ʼn snel pas en gaan hopelik binnekort hul deure oopmaak vir hul eerste spesialiteit koffiewinkel. Hou hulle sosiale media dop om op hoogte te bly van hul nuutste verwikkelinge.

Jy kan hul webtuiste besoek, ʼn e-pos aan hul stuur indien jy enige vrae het of hul volg op sosiale media.   Mini Coffee Company is op Instagram, Facebook en Twitter.  Maak seker jy volg hulle en wees deel van hulle reis om hul besigheid te groei.

cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company cool coffee company

Artikel Krediet:

Fotograaf: Nikki Kotze (Fivaz)