Etiese handgemaakte moderne leer produkte

Modern Easy se tuiste en kinder produkte is perfek vir die van ons wat mal is oor ʼn moderne leefstyl.  Ons gesels met Danine Lamprecht, stigter en eienaar van Modern Easy.  Hul produkte kan beskryf word as minimalisties, modern, eenvoudig maar prakties.  Met vandag se besige leefstyl begin baie mense meer vir eenvoudiger ontwerpe en produkte gaan.

Hulle huis reeks bestaan uit tafeldoeke, lopers, kussings en plekmatjies. Perfek vir jou pragtige tuiste!  Dan het hulle ook ʼn mat reeks wat bestaan uit matte in verskillende groottes vir verskillende gebruike – onder verduidelik ons meer.  Dit is nie al nie!  Modern Easy het ook ʼn oulike Baba/Kinder reeks.  Die baba/kinder reeks bestaan uit reeks bestaan uit borslappe en fopspeen knipsels.

Vir meer leefstyl inspirasie, blaai deur Mooi Leefstyl. Geniet onder onderhoud met Modern Easy hieronder.

Products for mom, your home and kids

Stigter:

Die eienaar en stigter van Modern Easy is ek, Danine Lamprecht.  Ek is ʼn mamma van drie woelige, vuil plaaskinders met die wonderlikste man.  By gesê is ek ook ʼn kliniese dieetkundige.  Ek self is gaande oor die minimalistiese leefstyl en is baie lief vir moderne, eenvoudige, maar praktiese produkte wat jou lewe vergemaklik en in dieselfde tyd ook mooi is.  Die behoefte was al lank daar om iets op my eie te begin, maar in Mei 2019 het die behoefte en groot droom ʼn werklikheid geword toe ek Modern Easy gestig het.

Inspirasie agter die besigheid se naam:

Ek wou ʼn naam kies wat dadelik my besigheid en my produkte beskryf en my nie bind tot een tipe produk of een genre nie, wat vir my ruimte sou gee om te groei.  Modern Easy se hoof fokus en dryfkrag is om die moderne leefstyl vir jou makliker en prakties te maak maar nogsteeds minimalisties en modern te bly, hetsy dit nou in die huis is of vir jou as ouer.

Products for mom, your home and kids

Matte reeks:

Die mat reeks bestaan uit matte wat wissel in verskillende groottes en verskeie gebruike:

PETITE:

Gedruk of gedruk of net plein plekmatjies en kunsmatjies.

MINI:

Groter plekmatjies of kunsmatjies, veral vir kinders, maar ook ʼn doek-ruil matjie vir babas, skootrekenaar mat, troeteldier mat, kombuis mat, badkamer mat, sy gebruike is regtig eindeloos.

SMALL:

Mat vir onder eet stoeltjie, speelmat vir babas

MEDIUM:

Speelmat en piekniekmat

LARGE:

Speelmat, piekniekmat, tafeldoek

Products for mom, your home and kids

Produksie proses:

Al die produkte word gemaak van ʼn vegan, ook genoem rekonstruktiewe of gebinde leër wat bestaan uit ʼn kombinasie van sintetiese en regte leër.  Die bo-kant van die materiaal bestaan uit ʼn lagie van poliuretaan wat die produkte prakties maak deurdat dit water-bestand is en baie maklik is om net af te vee of the skud.  Aan die agterkant van die produkte is ʼn stewige, duursame suede wat baie goed werk vir binne of buite die huis.  Die materiaal is nie-toksies.

Inspirasie agter produkte:

Ek is baie lief vir sosiale media so ek is gedurig op Instagram en Pinterest vir nuwe idees.  My drie plaaskinders, wat altyd vuil is, en die groot rede vir Modern Easy se bestaan is, is ook altyd nuwe inspirasie.  Vriende, familie en volgelinge gee ook gereeld vir my idees.

Products for mom, your home and kids

Word julle produkte plaaslik vervaardig?

Ons is baie trots om te kan se ons het ʼn plaaslike, handgemaakte produk.  Dit is vir my, persoonlik baie belangrik om plaaslik te ondersteun.  Ek woon tans in George en die produksie vind plaas vanuit my plaashuis.

Ek het ʼn baie kreatiewe ma en ek wens ek was so handig en kreatief soos sy. 10 jaar gelede het sy vir my en my twee susters elkeen ʼn Elna gekoop, ek het hom amper dadelik in die kas gebêre, nie gedink ek is baie handig nie.  Toe die Modern Easy idee laasjaar in my kop en hart begin, het ek my Elna afgestof en gegaan vir ʼn naaldwerk les of twee.  Intussen het ek my Elna verruil vir ʼn industriële naaldwerkmasjien.

Behalwe vir die kussings, maak ek al die produkte self van die begin tot die einde en lyk die plaashuis meestal soos ʼn oorlogstoneel.

Products for mom, your home and kids

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers julle volg op sosiale media?

Jy kan Modern Easy se webtuiste besoek vir meer inligting oor hul produkte.  Modern Easy het ʼn aanlyn winkel met plaaslike en internasionale koerierdienste.   Jy kan hulle ook volg op Instagram en Facebook.