Mooi Leefstyl wen ‘n Tinteltong Toekenning

Tinteltong Toekenning Wenner Mooi Leefstyl!  Ons is baie opgewonde om te deel dat Mooi Leefstyl ‘n Afrikaans-Vriendelikste e-kopie gewen het.  In samehang met die viering van Internasionale Moedertaal-dag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word.  Beloon hul Afrikaans-Vriendelik innoverende Afrikaanse ondernemings.

 

Wie kry ‘n Tinteltong Toekenning?


Die Tinteltong Toekennings word daarom toegeken aan ondernemings of mense wat dienste in Afrikaans lewer. Wat ook Afrikaans bevorder deur kreatief met dié taal om te gaan.

Suid-Afrikaanse mark:


AfriForum het in 2016 vasgestel dat 30% van die Suid-Afrikaanse mark Afrikaans is en wil voortgaan om ondernemings te beloon wat dienste in Afrikaans aanbied. AfriForum hoop dat dié wenners ander ondernemings en mense sal aanspoor en inspireer om in die taal van hul hart sake te doen. Ons kan nie glo ons het die titel Tinteltong Toekenning Wenner Mooi Leefstyl nie – ons span baie opgewonde!.

Toekennings het gegroei:


In 2016 was daar slegs vier kategorieë waarin ondernemings benoem kon word en in 2018 15 kategorieë.  Die wenners se kreatiwiteit is daarom vanjaar behoorlik tydens ’n toekennings geleentheid. Toekennings is op 21 Februarie by die spoggerige Menlyn Boutique Hotel gevier.

Die wenners in die onderskeie kategorieë vir 2018 is soos volg:

  •    Oorspronklike naam: Streepsak
  •    Afrikaans-Vriendelikste slagspreuk: Al 3 Boerdery
  •    Beste handelsmerkstrategieë: Magies vol liefde
  •    Smul-lekker Afrikaanse kos: De Vette Mossel
  •    Soetste nagrus: Aandbloem
  •    Tinteltong Toekenning vir foto’s wat Afrikaans praat: Conrad Theron
  •    Diens: Funky Ouma
  •    E-kopie: Mooi Leefstyl
  •    Tinteltong Toekenning vir trippeltoontjies (diens of produk wat op kinders gemik is): Magies vol Liefde
  •    Afrikaans-Vriendelikste produk: Mooi Goete
  •    Vriendelikste produk – innoverende produk: Boeremeisie Beeldskoon
  •    Produk – eie aan Afrikaans: Is Moz Bos
  •    Sosiale media: De Afrikander
  •    Uitgewer wat Afrikaans bevorder: LAPA uitgewers
  •    Tinteltong Toekenning vir snaaksighede in Afrikaans: Idees-vol-Vrees

Aand vol pret:


Dit was ‘n aand vol pret gewees met Joshua na die Reën wat opgetree het.  Prof. Gerhard van Huyssteen van Op die Spel op Kyknet was die gasspreker.  Die spyseniering was deur Black Bamboo gedoen en daar was ‘n heerlike voorgereg, hoofgereg en nagereg bedien.  Mooi Leefstyl wil vir almal wat betrokke was, insluitende Sanderien van der Walt dankie sê vir al hulle harde werk om hierdie aand so ‘n sukses te maak.

Artikel Krediet: