‘n Toer na Gamkaskloof, bekend as die Hel

‘n Toer na Gamkaskloof, bekend as die Hel.  John’s Donkey is ‘n bekende gesig in Prins Albert en ‘n kenner van die roete na Gamkaskloof.  Hierdie pragtige stukkie paradys is afgeleë tussen die klowe van die Swartberg-pas.  Dit staan ook beken as Die Hel.  Letterlik die teenoorgestelde van wat hierdie besonderse paradys is.  Die roete is ‘n pragtige rit daarna, maar jy sal ‘n hoër voertuig nodig hê om die roete gemaklik te doen en ook nie een wees wat maklik bang raak vir hoogte en nou paaie nie.

Ons het ‘n vinnige dag-toer gedoen met John en sy donkie – ‘n Ford Everest.  Moet nie bekommerd wees nie dit is ‘n motor en nee jy gaan nie die “hel” in met ‘n donkie-kar nie.  Dit is ‘n motor met ‘n enjin, gemaklike sitplekke, ‘n dak, vier wiele en lugversorging.

Daarom het ons die opsie geneem dat John’s Donkey ons neem na die pragtige Gamkaskloof.  Dit is so 69 kilometer buite Prins Albert en neem sowat 2 ure om daar uit te kom as gevolg van die pad en die pas.  Ons het ‘n effense bang vir hoogte en dit was nie vir ons so erg nie.   Min mense wil die Gamkaskloof besoek oor die hoogte.  Dit is ‘n baie styl hoogte ja, maar as jy dit saam met John doen, sal jy verseker nie bang wees nie.  Hy ken die pad en ry dit amper elke tweede dag.  Dit het ons baie meer op ons gemak laat voel en dit kon regtig die omgewing en pragtige uitsigte in neem sonder om te konsentreer waar om te ry.  Lees meer oor ons ervaring onder.

Vorsprung StuduioVorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio

Uitstekende kennis van die gebied:


John het baie kennis oor die Prins Albert en Gamkaskloof gebied.  Sy stories is almal eg en baie interessant.  Hy is ‘n mense mens met soveel passie vir wat hy doen.  Ons het elke liewe detail van wat John ons vertel het vreeslik geniet.  Dit is altyd lekker om met iemand wat interessant is jou dag deur te bring en jou kennis te verryk.  Soos ons ry wys hy klein goedjies uit wat jy nie elke dag sal sien nie en wat ook uniek is tot die spesifieke area.

Hy sal ry en verduidelik en dan ook van plek tot plek stop en mooi verduidelik.  Dit is ook lekker om vrae te vrae as jy enige vrae het oor die gebied.  Van die berge is in die vorm van diere!  Ons gaan nie sê watter diere nie, want dit voel ons is iets wat John jou self moet vertel.  Hierdie dag was vir ons een van die mees kulturele dae wat ons in ‘n lang tyd gehad het.  Alles was nie net ernstig nie – ons het ook lekker gelag tussen deur.

Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung StuduioVorsprung Studuio

Genoeg spasie vir ‘n groep vriende:


Die motor kan ses gaste op ‘n slag neem.  4 Volwassenes en 2 Kinders kan gemaklik sit.  Die motor kan 6 persone neem, maar die agterste sitplekke is dan bietjie knap, dit is hoekom die prys bietjie minder is vir ‘n groep van 6 volwassenes.

Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung StuduioVorsprung Studuio

Oornag pakkette beskikbaar:


John’s Donkey doen nie net dag toere nie, maar doen ook oornag toere vir ‘n dag of twee.  Dit klink hemels.  Julle sal dan ‘n heerlike stadige rit vat na Gamkaskloof waar jy dan die pragtige kloof sal aanskou.  Jy sal in een van die vele verblyf opsies in die kloof bly en kos sal voorsien word deur John’s Donkey.  Wat klink nou meer idillies as ‘n wegbreek waar jy nie eers bekommerd te wees oor wat jy hoef te maak vir ete nie.  Jy kan net al die natuur tonele om jou in neem en elke oomblik geniet.

Twee nagte verblyf opsie:

Jy sal twee nagte in die BougainVilla gastehuis in Prins Albert bly insluitende ‘n dag toer na die hel.  Ontbyt is ingesluit.  Teen ‘n addisionele koste kan gaste by die kiosk kos bestel in in Gamkaskloof of ‘n piekniek wat voorsien word deur John geniet in Gamkaskloof.  Aandete is uitgesluit en gaste kan na ‘n restaurant gaan van hul keuse of ‘n braai kan gereël word teen ‘n addisionele koste.

Drie nagte verblyf opsie:

Een nag by BougainVilla gastehuis in Prins Albert insluitende ‘n dag toer na die hel.  Ontbyt is ingesluit asook ‘n braai vir aandete in Gamkaskloof.  Dan die volgende oggend na ontbyt by BougainVilla gastehuis in Prins Albert sal jul terug gaan na Gamkaskloof en weer oornag by BougainVilla gastehuis.  Ander dag toere kan bygesit word teen ‘n addisionele koste en sluit in die Vye Plaas, Meiringspoort of die boonste punt van die Swartberg pas.

Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio

Heerlike vingerhappies:


By Mooi Leefstyl hou ons van lekker kos.  Dit is presies wat ons ontvang het gedurende ons dag-toer.  Ons het vir ‘n vinnige ontbyt happie langs die pad gestop en ‘n heerlike koffie.  Dit is ‘n diens wat John’s Donkey aanbied teen ‘n addisionele koste.

Daar is baie om te sien in die area, so ‘n piekniek styl ete is perfek.  Vir middagete het ons in die kloof gestop om piekniek te hou tussen die pragtige berge.   Daar was vetkoek, heerlike quiche en ook hoender en mayonnaise toebroodjies met ‘n heerlike koue drankie.

Indien jy nie een is vir piekniek nie, dan is dit ook reg.  Hul het ook die opsie om te eet by die Deli in Gamkaskloof.  Ons het die piekniek opsie geneem omdat ons ‘n besige dag gehad het en die maksimum wou sien in ‘n kort tydperk.

Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung StuduioVorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio

Ander dag-toer opsies beskikbaar:


Sonsak drankies by Eerstewater:

Hierdie is ‘n een uur toer.

Dag toer na Meiringspoort, die waterval en Cango Grotte:

Op die toer sal jy Meiringspoort besoek en die waterval.  Jy sal ook die Cango Grotte besoek wat min of meer ‘n uur se toer is met ‘n gids.  Middagete by Kobus se Gat.  Daarna sal jul oor die Swartberg pas gaan vanaf Oudsthoorn se kant.  Hierdie is ‘n volgdag uitstappie.  Indien jy sonsak drankies wil geniet by Eeerstewater kan dit gedoen word teen ‘n addisionele koste.

Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio

Kontak John’s Donkey:


Jy kan John kontak op 082 575 5133 of ‘n e-pos stuur vir meer inligting oor die verskillende toer pakkette en beskikbaarheid.

Vorsprung Studuio Vorsprung Studuio

Artikel Krediet: