‘n Vars uitkyk tot die Suid-Afrikaanse mode

In die inskrywing deel ons met Mooi Leefstyl ‘n handelsmerk wat meer ‘n kunswerk is, as ‘n besigheid volgens die stigter van HERBORE.   Dit gee ‘n vars uitkyk tot die Suid-Afrikaanse mode.  Alle produkte word plaaslik vervaardig en inspirasie word gevind deur kreatiewe visies.

Die hoogtepunt van die handelsmerk is hul klere.  Dié klerereeks strek van linne broeke en knopies hemde, winterjasse, kinderklere, asook swemklere.  Lesers sal maklik aanklank vind omrede die klere geslag- en lyfneutraal ontwerp word.  Hier by Mooi Leefstyl hou ons veral van die linne broeke en hemde.

Ons lesers kan nou rustig afrol en verkyk na die pragtige skeppings van HERBORE.  Onthou asseblief om die artikel ook wyd-en-syd te deel.  Maak seker om hulle op jou gunsteling Sosiale Media platvorm te volg om die nuutste reekse en bekendstellings te sien.

Wanneer is HERBORE gestig?

HERBORE (@herbore_) is gestig deur Zijn-Rudolph van Zyl (@zijn_rudolph) in Maart van 2017.  Dit is gestig tydens Zijn-Rudolph se 3de jaar by die Universiteit van Pretoria waar hy sy BA Drama graad voltooi het.

Vertel ons hoe jy besluit het op die naam?

Die hele konsep van wedergeboorte en om opnuut te ontstaan was vir Zijn-Rudolph aanvanklik iets soos ʼn lewens-doelwit.  Dit het direk alles van sy leefstyl verander – alles wat hy gedoen het was “herbore”.  As ʼn kunstenaar wou hy iets skep met dit as titel daarvan.  Na vele projekte wat wissel tussen musiek, ʼn toneel, selfs abstrakte kuns, het Zijn sy “herbore” voete gevind en dit gevestig as ʼn klerereeks.

Hoeveel produkte het julle?

HERBORE bevat ʼn redelike verskeidenheid van produkte.  Hoofsaaklik is klerereeks die hoogtepunt – dit strek van egte linne broeke en knopies hemde, winterjasse, “jumpsuits”, kinderklere (HERBORE Klein) asook swemklere.  HERBORE se hoofdoel is om die klere so geslag- en lyfneutraal as moontlik te ontwerp, sodat dit by enigeen kan aanklank vind.  Die HERBORE Huis kategorie behou handgemaakte kussings en “hand-poured” kerse.  Daar is ook HERBORE Body wat badsout en suikerskrop insluit.  HERBORE se doel is om in elke vertrek van die huis beskikbaar te wees, sodat jy daarin kan leef, kan slaap, kan bad en daarin kan ontspan.

Waar vind jul inspirasie vir jul produkte?

Elke reeks van HERBORE is ʼn spesifieke uitdrukking van ʼn kunswerk of emosionele gevoel.  Inspirasie word gevind deur vriende, lewenservaring of kreatiewe visies.  Zijn-Rudolph sien HERBORE as ʼn kunswerk eerder as ʼn besigheid.  Daarom het hy meer geleentheid om te skep net soos hy wil!

Waar kan ons lesers julle produkte koop?

Produkte kan hoofsaaklik gekoop word by die aanlynwinkel herbore.co.za of alternatief op die Instagram blad @herbore_ asook die Facebook blad “Herbore by Zijn-Rudolph

Wat is julle gewildste produkte?

Op die oomblik is die “jumpsuits” van die Lente 2020 reeks die gewildste.  Ook ons swemklere wat op 23 November 2020 vrygestel is.

Word julle produkte plaaslik vervaardig?

HERBORE produkte word plaaslik vervaardig.  Alle ontwerp en kreatiewe aspekte word deur Zijn-Rudolph self gedoen asook die hand-gegiet kerse, kussings en badsout.  Elke produk word uniek en spesiaal gemaak met die fynste detail.  Ilse van der Schyff (@nikka_creations) is die meester agter die naald en stuk elke kledingstuk tot perfeksie.

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers julle volg op sosiale media?

Lesers kan ons volg op Instagram @herbore_ asook op Facebook by “Herbore by Zijn-Rudolph”, en natuurlik ons aanlynwinkel herbore.co.za

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

Lesers kan HERBORE kontak op enige van die sosiale platforms, asook per epos by info@herbore.co.za of 0827859860

Artikel Krediet

HERBORE wil graag krediet gee::

  • Aan die huidige fotograaf Karla Muller (@lifeofkarla / @graphics.karla)
  • Die webtuiste-ontwerper en alles wat te doen het met die “online” prosess Lambert van Sittert (@lambert_vs / @lvs_studio)
  • Zijn-Rudolph sal nie sy werk kan voltooi sonder die harde werk van Ilse van der Schyff en haar besigheid nie (@nikka_creations)
  • Asook elke model wat al betrokke was by die HERBORE-reis (die huidige modelle is Louw Breytenbach @louwbreytenbach02, Tauné Block @taune_block en Angelique Scott @angelique_xx)
  • Laastens ook vir die harde werk en ondersteuning van Phillip Schnetler (@philschnetler).