‘n Winkel wat klem lê op gemeenskap

The Storer is ‘n aanlynwinkel met ‘n fisiese winkel in Braamfontein. By The Storer is hulle ‘n Winkel wat klem lê op gemeenskap.  Hul verkoop verskillende huisware en bykomstighede.  Hulle het in Maart 2019 vier geword en om hierdie mylpaal te vier, wil hul jou op ‘n reis neem; van waar hul was, waarheen hulle op pad is asook hul besigheid se waardes; want by The Storer, is die reis waaroor dit gaan.  Lees meer oor huis dekor inspirasie op Mooi Leefstyl en geniet die artikel.

 

Handwerk en Vakmanskap:


Hul glo dat daar ‘n goue draad is wat alle vakmanne van regoor die wêreld verbind. Om produkte van versteekte bestemmings bymekaar te bring en om te sien hoe alles saamwerk by The Storer, maak die goue draad net meer teenwoordig. Bo- en behalwe die terugkeer na handwerk en vakmanskap, is hulle wens om hul liefde vir outentieke handwerk met jou te deel, om ambagsmanne en handwerk gemeenskappe te ondersteun en sodoende bedreigde kunsvorme te beskerm.

Waaroor dit gaan vir The Storer:


“Dit gaan oor eerlikheid en stadige verbruikers-wese, eerder as die nuutste tendens,” sê Lisa Storer, die stigter van The Storer. Lisa is al 15 jaar in kleinhandel en is al te bekend met hoe wispelturig en hol die industrie kan wees. Haar doel met The Storer is om ‘n meer bewuste verbruikers-gedrag te kweek, om na te dink oor aankope. Wat hulle wil versamel asook om al die sintuie te betrek met tydlose goedere wat menslike konneksie weerspieël.

Nuwe Produkte:


The Storer is ook baie opgewonde om nuwe produkte bekend te stel. Om by te dra tot hul uitgesoekte versamelings van keramiek, glasware, lyf-produkte, klere en huisware, stel ons bekend ‘n nuwe linne klere reeks van Lithuania, Prêt-à-Pot keramiek, beide kontemporêr en aards. Met ‘n neiging na die fyner keramiekware van Royal Doulton en Delft. Verder het hulle ook ‘n nuwe reeks winter-truie van Adele’s Mohair en hul eie reeks glasware wat deur die Swazi handelsmerk, Ngwenya Glass vervaardig is.

In die jare wat voorlê, wil hulle meer klem lê op gemeenskap. “Ons wil nie net ‘n winkel wees nie, “sê Lisa. In hierdie nuwe hoofstuk beoog hulle om betekenisvolle konneksies tussen verbruikers en makers te skep.

Werkswinkels:


Deur middel van ‘n reeks opwindende werkswinkels en opslaan winkels met plaaslike handelsmerke. Wat nie noodwendig in die hoofstroom bekend is nie, maar wat The Storer se waardes deel. Is hulle doel om jou, hulle gemeenskap, van verskillende handwerk tegnieke te leer. Hulle eerste werkswinkel wat in Mei plaasgevind het was ‘n brei-klas met Adele’s Mohair.  Daar gaan nog vele meer wees so hou ‘n ogie op The Storer se sosiale media.

Koop hulle produkte:


Besoek hul winkel by Shop 2, 44 Stanley, Braamfontein Werf of vind hulle aanlyn by www.thestorer.co en volg hul op Instagram.

Artikel Krediet:

  • Foto’s verskaf deur The Storer