Afrika Prinses Poppe

“Vir ons is Nandikwa™ Dolls ʼn reis.  Dit is ons plig om ons Afrikaanse verhale te vertel.”

Die stigter van Nandikwa™ Dolls het waargeneem dat tussen al die pragtige poppe en speel-dinge vir jong dogtertjies, daar geen pop is waarmee haar tweeling-kinders, Nandi en Kwame, kon identifiseer nie.  So het ʼn onskuldige waarneming in ʼn geniale idee ontaard en gelei tot Nandikwa™ Dolls se sukses-storie.  Dié handelsmerk fokus daarop om visueel kennis oor Suid-Afrikaanse kulture te verleen.  Nandikwa™ Dolls is steeds besig om uit te brei en hul stempel in verskeie provinsies, asook wêreldwyd, af te druk.

“Hopelik sal ons binnekort Nandikwa™ Dolls in die vorm van ʼn tekenprent hê.  Ons eie Aspoestertjie en haar sewe Afrikaanse prinsesse wat in Afrika, asook regoor die hele wêreld, uitgesaai kan word.”

Rol af om meer oor dié Afrika prinsesse uit te vind.

Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love

Stigting van Nandikwa™ Dolls


Nandikwa ™ is in April 2015 deur Mmule Ramothibe gestig.  Mmule beskryf haarself as ʼn ouditeur van beroep met ʼn kreatiewe gees. Sy het ʼn 12-jarige tweeling, Nandi en Kwame.  Sy het haar dogter se volle naam en die eerste drie letters van haar seun se naam saamgevoeg om by Nandikwa ™ uit te kom.  Volgens Mmule se eie definisie, beteken Nandikwa waardigheid, trots, selfvertroue en selfliefde deur middel van kultuur.

Mmule het die handelsnaam Nandikwa ™ begin weens die tekort aan aangename etniese poppe in Suid-Afrikaanse winkels waarmee haar dogter kon identifiseer.  Na ʼn paar besoeke aan winkels, het sy besef dat die gaping in die mark groter is as wat sy vermoed het.  Sy het vir die daaropvolgende maande ʼn mark-ondersoek gedoen en ʼn vraelys versprei waarin sy ouers gevra het oor die etniese pop konsep.  Die terugvoering was baie bemoedigend.

Aan die begin van 2016, het sy ʼn strategie ontwikkel oor die tipe pop wat sy wil maak, wat die pop sou dra, verskillende verspreidings-strategieë, ens.  Aan die einde van 2016 het sy een soort pop begin verkoop.  Sy het vandag 8 verskillende tipe poppe in haar versameling.

Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love

Die produksieproses van Nandikwa™ Dolls


Mmule het na iemand in Afrika gesoek om die pop wat sy in gedagte gehad het, te maak.  Dit was ʼn geweldige groot uitdaging en Mmule was naby aan opgee.  Na ʼn lang, uitgebreide soektog, het sy ʼn vervaardiger in Asië opgespoor.  Dié vervaardiger kon die poppe teen ʼn bekostigbare prys produseer, terwyl dit steeds baie naby was aan wat sy ingedagte gehad het.

Mmule ontwerp die poppe en kies watter materiaal gebruik gaan word op watter etniese pop.  Sy het met vroue in haar gebied begin saamwerk wat die poppe se klere maak en die hare vleg.  Sy doen die verpakking en verspreiding vanaf haar werkplek in die Vaal, deur geregistreerde verspreidings-vennote.

Nandikwa™ Dolls verkoop ook pop-klere.  Vir ouers wat nie kan bekostig om twee poppe te koop nie, kan hulle een pop koop met twee stelle klere.  Byvoorbeeld een Zulu en een Tswana uitrusting wat afgewissel kan word.  Baie mense kom uit verskillende etniese groepe en wil dus hê hul kinders moet met elke kulturele groep kan identifiseer.

Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love

Wat Nandikwa™ Dolls so uniek maak


Die gebruik van etniese materiale en hoe ons elke tradisie deur ons poppe naboots, is die hartklop van ons besigheid.  Dít is hoe ons ons Nandikwa-verhaal vertel; ʼn verhaal van waardigheid, trots, selfvertroue en selfliefde deur kultuur.  Nandikwa™ Dolls is uniek in die sin dat dit nie net ʼn speelding vir ʼn kind is nie.  Dit is ʼn vorm van self-uitdrukking.  Nandikwa™ Dolls is ʼn pop vir almal wat hul kultuur aanvaar en wil vier.  Ons kry ouers wat ons poppe vir versamelings koop en toeriste wat dit as ʼn gedenkwaardigheid koop en huistoe neem.

Nandikwa™ Dolls is ʼn opvoedkundige handelsmerk.  Ek word oorstelp van vreugde as ʼn 6-jarige elke kultuur deur die poppe kan identifiseer.  Ons handelsmerk spreek ook namens Suid-Afrikaanse toerisme wanneer ons uitstallings buite Suid-Afrika doen.  Ons verleen visueel kennis oor verskillende Suid-Afrikaanse kulture.

Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love

Gewildste Nandikwa™ Dolls Pop


Dit hang af van waar ons uitstallings doen.  As ons in Kwazulu-Natal is, is Nandi, ons Zoeloe-pop, uiters gewild.  Net so, as ons uitstallings in die Noordweste doen, verkoop Kemotswana, ons Tswana-pop, meer as die ander.  In ons aanlynwinkel verskil verkope, so dit is moeilik om te sê.  Ons sal waarskynlik sê Kholofelo en Monaka, die Sepedi- en Venda-versameling, gevolg deur Mmalesotho, ons Sotho-versameling, is die gewildste.

Beautiful black SA dolls your child will love Beautiful black SA dolls your child will love

Om meer oor Nandikwa™ Dolls uit te vind, besoek hul webtuiste of bestel jou gunsteling Nandikwa™ Dolls pop op takealot.  Indien jy enige navrae oor Nandikwa™ Dolls het, is jy ook welkom om hul te skakel by 083 995 3612 of 068 091 3106.