Pragtige illustrasie kuns

Ons deel met Mooi Leefstyl se lesers die pragtige illustrasie kuns deur Nikkie Kotzé.  Sy is die eienaar en stigter van NET.NIKKIE.ART wat die besigheid begin het tydens die wêreldwye pandemie in Mei 2020.  Haar eerste produkte is bekendgestel op Moedersdag.

NET.NIKKIE.ART se inspirasie kom van allerhande dinge, van kinderlike herinneringe, tot ʼn liedjie wat gehoor word, tot mooi gebeurtenisse en dan ook net skielike kreatiewe bevliegings.  Mense is ook ʼn groot bron van inspirasie.  ʼn Fyn aanvoeling vir wat mense van sal hou dien ook as groot inspirasie vir die ontstaan van nuwe produkte.

Die persoonlike lyn illustrasies is een van die gunstelinge onder NET.NIKKIE.ART kliënte.  Fotos het sulke kosbare herinneringe en gaan saam soveel gevoel en emosie.  Dat daar ondervind word wanneer die kliënte hul getekende weergawe van daardie selfde ervaring ontvang, dit nuwe verwondering skep.  By Mooi Leefstyl is ons mal daaroor om kuns die fokus punt te maak in ‘n huis.  Geniet ons onderhoude met Nikkie Kotzé hieronder.

Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations

Wat was die inspirasie agter NET.NIKKIE.ART se naam?

Nadat die konsep van NET.NIKKIE.ART gefinaliseer was en daar besluit was om voluit daarvoor te gaan is verskeie name om gesellige rusbank sessies rondgegooi, party meer kreatief as ander. Dit was toe haar man wat met die idee van Net Nikkie Art opgekom het, min wetend hoe van pas dit sou wees. Sy voorstel kom van die feit dat sy net Nikkie is, geen fieterjasies, net gemaklik, net haarself, net kreatief sommer net so.  Boonop vra mense haar altyd of haar naam net Nikkie is, en of dit nie dalk kort vir Nicolene of Nicola of enige van daardie name is nie, dus so perfek.

Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations

Verskillende kunswerke:

NET.NIKKIE.ART fokus op kunswerkies met impak en betekenis, nie altyd vir almal wat dit net sien nie, maar vir die persoon vir wie dit gemaak is.  Persoonlike, digitale lyn illustrasies is een van die gunstelinge, waar persone ʼn foto instuur en ʼn lyn skets daarvan gemaak word, dus het dit soveel betekenis vir daardie persone en oomblik wat vasgevang is.

Met haar groot liefde vir dekor en om ʼn plekkie mooi te maak is daar ook verskeie unieke afdrukke beskikbaar, dit sluit in lyn sketse van die gewilde kinderprogramme uit haar kinderdae soos Heidi, Peter, Moomin en nog ʼn paar in die pyplyn.

Sketse van bekende persone/persone wat ʼn impak maak op die samelewing maak ook deel uit van ʼn reeks wat reeds bekendgestel is, asook kaartjies, muurkuns ens.  Hierdie is ʼn spiksplinternuwe avontuur en daar is nog hope planne en drome wat produkte en uitbreiding van die handelsmerk aanbetref.

Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations

Word NET.NIKKIE.ART se produkte plaaslik vervaardig?

Vir NET.NIKKIE.ART is die proses waaroor alles gaan.  Dit is waar kreatiewe idees neergepen word.  Alles word persoonlik deur Nikkie gemaak, alhoewel dit digitaal gedoen word, gaan elke lyntjie en elke skets deur haar hand.  Met die persoonlike lyn sketse word die foto ingestuur, waarvan sy dan lyntjie vir lyntjie die skets doen.

Dis nie net ʼn knoppie wat gedruk word en dit is klaar nie, dit word digitaal gedoen maar moet steeds met die hand geteken word.  Elke skets kry persoonlike aandag en word noukeurig geteken om ʼn unieke kunswerk vir die kliënt te lewer.

Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers julle volg op sosiale media?

Jy kan NET.NIKKIE.ART volg op Instagram en Facebook en meer van haar pragtige kunswerke aanlyn waardeer.  Indien jy wel ‘n e-pos wil stuur kan jy ook so maak.  Die maklikste manier is om ‘n persoonlike boodskap te stuur deur Instagram.

Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations Custom line illustrations

    Artikel Krediet:

    • Fotografie en “flatlay”stilering:  Nikkie Fivaz Photography