Noodsaaklike modes vir elke geleentheid

Ons is baie opgewonde om Mooi Leefstyl se vroue lesers bekend te maak met die handelsmerk, Basic Essentials!  Dié handelsmerk is ‘n aanlyn vroue klerereeks en begin deur Yolande Naude ongeveer begin van 2019.  Yolande se agtergrond is die van ‘n gekwalifiseerde apteker wat haar vlerke wou sprei en sodoende ‘n gaping in die mark gesien het.  Basic Essentials is daarop gefokus dat mooi klere ‘n noodsaaklikheid is vir elke dag en glans geleenthede.

Hulle voorsien aan alle behoeftes en hou ‘n volle reeks voorraad.  Mooi Leefstyl se lesers kan maklik ‘n droom uitrusting bestel aanlyn en Basic Essentials doen aflewerings reg oor Suid-Afrika.  Aflewering sal vinnig geskied want alle Basic Essentials se produkte word reg hier in Suid-Afrika met die hand gemaak!  Dit is vir Basic Essentials baie belangrik dat hul kleinte presies weet hoe en waar hul produkte vervaardig word.

Hulle deel met ons dat hul sien in hul nuwe Winter-reeks wat in April 2020 geloods is dat “Leopard Print” baie gewild is onder hul kliënte.  Mooi Leefstyl se lesers kan nou afrol en gaan kyk na Basic Essentials se Somer en Winter-reeks.  Lees ook hou om sommer vandag nog jou bestelling te plaas.

  • unique simplistic elegant women fashionunique simplistic elegant women fashion

Wie is die eienaar/stigter en wanneer was Basic Essentials gestig?


Yolande Naude is die stigter en die hart agter die aanlyn reeks Basic Essentials.  Yolande, ʼn gekwalifiseerde apteker het besluit na jare in die industrie, sy haar vlerke wil sprei en lei na die klein, maar tog groot begin van Basic Essentials.

BE is ʼn jaar en ʼn half (1 1/2 ) jaar gelede agter in Tameletjie Design se klein fabriek ontdek.  Dit is toe waar die idee inkom dat dit maklik moet wees vir ʼn vrou om te kry waarna sy soek, amper iets soos ʼn “stop and go”.

Wat was die inspirasie agter Basic Essentials se naam?


Basic Essentials is geskep om alle vrouens wat van mooi eksentrieke en gemaklike produkte hou te akkomodeer.  Al ons produkte is ontwerp met die gedagte dat dit ʼn “essential”  is vir elke dag en so ook vir ʼn glans geleentheid.  Ons ontwerp proses gaan daaroor om te verseker dat vrouens in ons klere en skoene gemaklik voel.  Dat daar altyd bypassende bykomstighede sal wees in handsakke, belde en leer oorbelle.  Ons naam moet uitbeeld dat alles op een webtuiste beskikbaar is.  Ons kliënte hoef nie te soek vir produkte nie, omdat Basic Essentials alles bied op een platform.

unique simplistic elegant women fashionunique simplistic elegant women fashion

Hoeveel verskillende produkte het julle?


Basic Essentials ontwerp en maak self al ons produkte wat begin by klere (elke seisoen word daar ʼn nuwe reeks uitgebring), leer skoene in verskillende kombinasies en eksentrieke ontwerpe wat eie is aan ons besigheid, leer handsakke (daar word met elke nuwe seisoen se klere reeks ook nuwe handsakke ontwerp, om die klere te beklemtoon).  Ons ontwerp en vervaardig leer belde wat alle uitrustings sal beklemtoon (ontwerpe eie aan ons besigheid) en ons nuutste toevoeging tot ons reeks is ons leer oorbelle.

Basic Essentials probeer so ver moontlik aan alle behoeftes van die vrou voorsien en dit is hoekom ons nie net spesialiseer in klere of bykomstighede nie, maar eerder alle reekse aanhou.

unique simplistic elegant women fashion unique simplistic elegant women fashion

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?


Met elke nuwe seisoen wat aanbreek is dit vir ons as span baie belangrik om te kyk wat die groot mode-huise voorspel en dan dit ons eie te maak.  Hierdie jaar se Herfs/Winter voorspellings was ʼn groot tendens om met lyne en hoë nekkies te werk, ons het dit op ons eie eksentrieke manier probeer inkorporeer, sodat dit alledaags gedra kan word, maar steeds in lyn is met die mode voorspellings.

Yolande het ʼn baie goeie oog vir mode, veral vir die volwasse vrou wat steeds mooi wil aantrek en sy help om die stukke meer vleiend te maak, sodat dit by meer as een vrou se styl sal pas.

 unique simplistic elegant women fashionunique simplistic elegant women fashion

Waar kan ons lesers julle produkte koop?


Basic Essentials is aanlyn beskikbaar vir die lesers en bestellings kan ook aanlyn geplaas word.  Ons lewer oral in Suid-Afrika af. Daar is ook boutiques wat van ons lyne aanhou in die Kaap en Oudtshoorn.  Vir die vrouens wat wil aanpas en net na ons produkte wil kom loer, is welkom om ons “showroom” in Rustenburg te kom besoek.  Basic Essentials is ook in die proses om ons vlerke te sprei om by groot skoue soos SARCDA uit te stal en het reeds by SA FASHION WEEK 2019 ook uitgestal en selfs op die “runway” ons verskyning gemaak.

unique simplistic elegant women fashionunique simplistic elegant women fashion

Waar kan ons lesers julle produkte koop?


Basic Essentials is aanlyn beskikbaar vir die lesers en bestellings kan ook aanlyn geplaas word.  Ons lewer oral in Suid-Afrika af.  Daar is ook boutiques wat van ons lyne aanhou in die Kaap en Oudtshoorn.  Vir die vrouens wat wil aanpas en net na ons produkte wil kom loer, is welkom om ons “showroom” in Rustenburg te kom besoek.  Basic Essentials is ook in die proses om ons vlerke te sprei om by groot skoue soos SARCDA uit te stal en het reeds by SA FASHION WEEK 2019 ook uitgestal en selfs op die “runway” ons verskyning gemaak.

unique simplistic elegant women fashionunique simplistic elegant women fashion

Wat is julle gewildste produkte?


Hierdie vraag word so baie gevra, veral wanneer ons ʼn nuwe reeks uitbring vir die seisoen.  Basic Essentials het elke seisoen ʼn paar wenners.  Met die nuwe winter 2020 reeks wat in April bekend gestel is, kan ons verseker sien die mense is groot aanhangers van die “leopard print” hetsy in skoentjies, handsakke of belde.  Dit is verseker die feit dat soveel daarmee gedoen kan word.  Dit kikker letterlik jou mees eenvoudige uitrusting dadelik op!

Somer 2019 se gewildste produk was ons een skouer toppie die “Stella”, dit lyk mooi met alles, van ʼn denim tot met ʼn “aand uit saam die meisies” uitrusting.

unique simplistic elegant women fashion unique simplistic elegant women fashion unique simplistic elegant women fashion

Word julle produkte plaaslik vervaardig?


Al Basic Essentials se produkte word plaaslik vervaardig en is trots Suid-Afrikaans.  Ons produkte word in die hartjie van Noordwes vervaardig, ons klein fabriek, Tameletjie is in Rustenburg geleë. Ons het ses (6) werkers wat elkeen spesialiseer in sy werk.  Daar is drie persone wat op die klere maak stasie werk.  Een persoon wat skoene maak en twee persone wat belde en handsakke maak.  Sonder ons werkers is Basic Essentials absoluut niks.  Hulle en hulle vaardighede is absoluut ons trots, en hulle hande staan vir niks verkeerd nie.  Altyd bereid om die ekstra myl te stap as daar ʼn ingewikkelde ontwerp inglip!

Dit is vir ons belangrik dat ons kliënte weet van waar hulle produkte kom en dat alles met die hand gemaak word.

unique simplistic elegant women fashion unique simplistic elegant women fashion unique simplistic elegant women fashion

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers julle volg op sosiale media?


Mooi Leefstyl se lesers kan ons op Instagram en Facebook volg en op datum bly met ons gebeure.  Alle bestellings kan geplaas word op ons webtuiste, hier is al ons produkte beskikbaar wat kliënte kan aankoop.

unique simplistic elegant women fashion unique simplistic elegant women fashion unique simplistic elegant women fashion

Basic Essentials se kontak besonderhede


Artikel Krediet: