Oulike muurpapier alternatief vir jou huis

wall art cape town

By Mooi Leefstyl is ons gek oor mooi dekor vir die huis en ons is baie opgewonde om die oulikste muur dekor besigheid met jou te deel.  Stickaroo bestaan uit ’n groot reeks muur plakkers wat gebruik kan word om die proses van muur papier te vereenvoudig.

Ons dink dit is ‘n briljante plan, veral as jy in ‘n huurhuis bly en nogsteeds mooi muur dekor wil hê.  Of jou eie huis het en nie deur die moeite wil gaan om professionele diensverskaffers te laat in kom om die muurpapier te kom doen nie.  Dit is ook koste effektief en ’n makliker manier om jou huis mooi te maak wanneer jy nie lank van een ding hou nie.  Hul het goeie kwaliteit flits kaarte wat gebruik kan word om kleintjies te leer, of dit kan as dekor gebruik word om in ’n kamer of klas-kamer te hang.

Daar is ook ’n reeks kwaliteit papier drukwerk wat jy tuis kan raam wat hul self ontwerp.  Foto’s wat geneem is deur ’n top Suid Afrikaanse fotograaf, Basil Koufos.  Hy het die beste dele in Suid Afrika in sy foto’s vas gevang vir jou om te geniet in jou huis.

 

tree wall stickers tree wall stickers tree wall stickers

Hoe het Stickaroo begin?

Stickaroo is in 2010 begin deur Tania Brussow.  Haar seun was op daardie stadium gebore en hul het die geleentheid gehad om sy baba kamer te beplan en mooi te maak.  Hul het ’n idee gehad van wat hul wou hê, maar kon nie veel dekor opspoor om hul idee te realiseer nie.  Só het Stickaroo begin om hulself en ook ander ouers te help om iets uniek te maak vir hul mure.

Tania was opsoek na ’n naam vir haar besigheid wat sal bly of “stick” in Engels en wat nogsteeds ’n kinkel het.  Na ’n paar dae se gedink het sy besef dit moet iets opwindend wees met ’n “woohoo”!  Van toe af is daar ’n Stickaroo!

tree wall stickers wall art south africa wall art south africa wall art south africa

Waar en hoe word die plakkers gemaak?

Alle Stickaroos muur dekor word tuis gemaak in hul werkswinkel in Kaapstad, Suid-Afrika.  Hul hou nie voorraad aan nie en alle bestellings word gemaak soos dit ontvang word.  Alle ontwerpe kan verander word of elemente kan by gevoeg word sodat jou ontwerp presies is soos jy dit wil hê.

Alle Stickaroos word met die hand gemaak en daar word nie ou voorraad uit gestuur nie.  Dit neem ’n bietjie langer maar dit is definitief die wag werd. Die proses skop af waar hul die ontwerp in die viniel snyer in lees.  Dan word die kleur uitgerol waarop jou Stickaroo gesny word.  Die ekstra stukke viniel word tussen in uit gehaal sodat die ontwerp agterbly.  ’n Laag oordragband word oor die viniel geplak.  Van daar af word die plakker in ’n pos buis geplaas met die nodige inligting van die kliënt.  Hul groet en die plakker is op pad na jou huis.

Stickaroo glo in unieke ontwerpe en die beste kwaliteit produk.  Elke muur dekor plakker word op ’n sekere manier gemaak om te verseker dat elke kliënt die beste Stickaroo ervaring kry.  Hul visie is om aan elke kliënt ’n ontwerpers produk te verskaf.

wall decor wall decor

Kry jou eie Stickaroo

Bestel jou Stickarooo nou deur hulle webtuiste te besoek:  https://stickaroo.com

Volg Stickaroo ook op Facebook en Instagram en word geïnspireer met dekor inspirasie vir jou volgende projek.

wall art south africa wall decor wall art cape town wall art cape town wall decor wall stickers vinyl stickers wall stickers vinyl stickers

Tania se advies vir entrepreneurs wat nounet met hulle besigheid begin:

Tania het baie gedoen voor Stickaroo vlam gevat het.  Na skool het sy en haar man voltyds gewerk en na ure hul eie besighede gegroei.  Van ’n klere reeks ontwerp tot om promosie items vir hul eie en ander “rock bands” te maak en te verkoop asook om musiek feeste te reël.

Hulle het baie daaruit geleer en vandag het hul suksesvolle maatskappye.  Later kon hul hul werk los en aan hul drome werk.

Dit beteken nie jy kan dan terug sit nie, sê Tania. “Ons is mal daaroor en dit hou ons aan die gang.  Dit neem lang ure en baie passie.  As dit jou droom is doen dit!  As jy lief is vir wat jy doen is dit nie werk nie.  Dit is wonderlik as jy jou droom jou leefstyl kan maak.”

wall stickers wall stickers vinyl stickers vinyl stickers

Foto krediet: Basil Koufos