Pak jou tas: Oribi-ravyn

Pak jou tas: Oribi-ravyn. Tien jaar gelede het hulle die Grand Canyon in Amerika gaan verken.  Een van die goed op hul emmerlys- wat as een van die mooiste ravyne op aarde gereken word.  Maar nadat hulle die Oribi Gorge aan die suidpunt van Afrika gaan verken het.  Het hulle besluit dis ’n goeie opponent vir sy Amerikaanse eweknie, vertel Maryke Roberts.   Lees meer onder.

Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal

Oribi Gorge verken:

Ek moet erken dat ek nie van die bestaan van die Oribi-ravyn aan die suidkus geweet het nie.  Of te wel voor ons KwaZulu-Natal begin ontdek het nie.  Met die oplees oor dinge om te sien en doen, vang my oog toe die klein teken op die kaart en ek begin oplees.

Oribi Gorge is ’n ravyn wat deur die Mzimkulwanarivier aan die oostekant en die Mzimkulurivier aan die westekant gevorm is.  Dis ongeveer 400 meter diep en die erosie het hierdie pragtige ravyn oor meer as 30 kilometers uitgekalwe. Die ravyn het sy naam te danke aan die oribi, ’n klein bokkie wat daar voorkom.

Omdat ons glad nie die area ken, of by iemand kan raad vra nie, bespreek ons by die Oribi Gorge Hotel.  Vanwaar jy by Wild 5 allerhande adrenalien-aktiwiteite in die ravyn kan doen, waaronder ’n reuse swaai; zipline; voetslaan tot onder in die ravyn; abseil en oor die swaaibrug stap.

Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal

Die rit na Oribi Gorge:

Jy ry uit Durban op die N2 wat omsoom word deur suikerrietplantasies en kort-kort dreun ’n vragmotor met bakke tot barstens vol suikerriet of opgestapelde hout, by ons verby; Saterdag of te not. Die ravyn is naby Port Shepstone.

Dit sous en dis koud; presies die teenoorgestelde van die afgelope week se warm wintersdae in Durban.

Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal

Hotel:

Dit reën steeds toe ons laatmiddag by die hotel aankom en ons kamersleutels kry.  Die kaggel in die sitkamer brand en ons gaan sit ons bagasie neer en wil eers voor die kaggel gaan uitspan, maar ons is lus vir koffie en iets te kou en vra uit oor doen-dinge.

Die aangrensende Wild 5 waarna hotelgaste gratis toegang kry om die staproetes te gaan doen en die swaaibrug oor te steek; is maar een van die lekker doen-dinge wat jy hier kan ervaar.

Aktiwiteite in die omgewing:

Ons ry af na die waterval, wat baie laag is weens min reën, maar kyk by Wild 5 na videos toe die waterval in een reuse dreunende massa na benede stort en mense al gillende en laggende oor die ravyn vryval en swaai, maar waarvoor ons nie kans sien nie.  By hierdie adrenalien-sentrum kan jy op die rivier se wilde waters vaar, die wilde swaai doen, abseil en oor die ravyn gly.

Gelukkig het ons tekens langs die pad gesien van ander plekke om die ravyn te ervaar.  Ons volg die sement elande wat oral langs die pad staan en jou nooi om hulle te “volg” na Lake Eland.  Nou is ons goed op pad daarheen, toe my oog die bordjie vir MacValley Farm Stall vang, waar Macadamianeute en koffie ewe veel aandag op advertensieborde kry. “Happiness is homemade” verklaar een van die dekor-bordjies op die rak tussen ander oulike snuisterye.  Oral rondom die plaasstal strek die neutboorde en teeboomplantasies sover die oog kan sien.  By die stal koop ons ’n mandjie vol neute en sjokolade vir later se kou en ry aan na Lake Eland.

Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal

Lake Eland verlyf en restaurant verkenning:

Hier gaan kyk ons uit nuuskierigheid na hul verblyf.  Dik waterpype is slim in knus huisies omskep en ewe bekkig “The Pipe Dream” gedoop.  Ons maak ’n knoop in ons sakdoek om eendag terug te kom hiervoor, wanneer dit nie te koud of te warm is nie.  Die houthuisies op die dam is ewe aanloklik en daar is ook heerlike kampplek, maar ons is onvoorbereid en sal ook hiervoor moet terugkom.

Ons gaan sit in die restaurant en vou ons hande om die heerlike warmsjokolade, terwyl ons vir ons roosterbroodjies wag.  Met die gaatjie gevul, gaan verken ons die groot wildpark.  Binne 15 meter van die hek, is die eerste blou wildebeeste, impalas en sebras reg langs die pad.  Ons sluit die motor af, draai die ruite af, toe die reën effe bedaar en die windjie gaan lê.

Diere geluide:

As jy fyn luister, kan jy hoor hoe die sebras die graspolle afbreek en kou.  Jy ruik die veld en die skoongewaste gras en bome.  ’n Klein motortjie kom stadig verbygery; ’n reuse kameralens rus op die afgedraaide venster en die geklik-klik van die lens al ander klank wat jy daar in die vlaktes hoor.

Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal

Buitemuurse aktiwiteite:

Bo-op die koppie parkeer ons by die stasie waar al die buitemuurse aktiwiteite aangebied word.  Groepe vriende sit en kuier en wag vir hul vriende wat die koue en reën vroeër aangedurf het en die ravyn per zipline verken oor 4,5 km en 14 platforms.  Personeel hou hulle gereeld op hoogte van hul vordering, nadat geselsies per radio met gidse aangeknoop word.  Mense kom haal bromponies met gidse en ander kom met hul bergfietse verbygery.

Ons gaan stap oor die 80 m hangbrug wat 130 meter bo die ravynvloer gespan is en liggies swaai soos jy stap.  Die stilte van die veld raas behoorlik in jou ore en die windjie kom weer op en laat jou jou trui dubbel om jou lyf vou.

By elke uitkykpunt glo jy die ravyn kan beslis nie mooier as die vorige stopplek wees nie, maar jy is elke keer weer opnuut verbaas met die skoonheid en op die oog af ongeskonde natuurskoon wat jou begroet.

Terug by die hotel:

Laatmiddag sit ons by die hotel se kroegie en kyk sokker saam met ander toeriste.  Waarvan niemand regtig behoorlik Engels kan praat nie.  Maar die ondersteuning vir die twee spanne is gou duidelik.  Ons gesels sulke gebroke sinne oor daardie doel wat gemis is.  Of die slegte spel van ’n speler.  Die gevoel van samehorigheid verdryf die donker en koue buite.

Ons sien uit na middagete die volgende dag by Leopard Rock, nie ver van ons hotel nie.  Op pad ry ons op klein plaaspaadjies en sien ’n perdeplaas wat perdemis te koop aanbied en langs die pad in sakke los.  ’n Eerlikheidsboksie staan eenkant vir jou geld.  Daarnaas plante vir R10 elk en ek wens ons was nie hier met ’n huurmotor en vliegtuig nie!

Ons parkeer later onder die bome en stap die restaurantjie binne.  Die kelnerin kyk ons verbaas aan en vra of ons nie buite wil sit en die uitsig wil geniet nie.  Dis eers toe ons om die draai stap, wat ons sien die restaurant hang behoorlik teen die kant van die ravyn.  Ver onder ons kronkel die rivier soos ’n groot, lui, slang.

Die bome by die stoepie, is oortrek met neushoringvoëls.  Mense voer hulle slaptjips.  Klein kristalletjies wat die lig in duisende kleure teen die pilare reflekteer, hou hulle van die stoep af.  Nou eet ons in vrede.  Ons kyk aanhoudend oor die reling na die ravyn daar onder, want ek kan nie glo hierdie uitsig bestaan regtig nie.  Dis die tipe uitsigte wat mens in plakpapier-katalogusse sien; nie as uitsig het terwyl jy broodjies en koffie met roombolle bo-op geniet nie.

Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal

Uitsigte:

Dit maak nie saak waar jy op die lang stoep sit nie; die uitsig is nêrens slegter of beter nie.  Woude bedek die heuwels en kruip selfs soos ’n dik donkergroen kombers in al die voue in.  Ek wens ek kon ’n sweeftuig oor hierdie reuse ravyn neem en saam met die aasvoëls sweef en draai en op die lugstrome gly.

Jy betaal R5 om na die oorhangklip te stap vir foto’s en my maag draai toe ek sien hoe ’n hele Amerikaanse familie met plakkies en lang rompe tot op die punt van die rots loop vir ’n familiefoto. Die verskriklike hoë afgrond wat onder die oorhangende klip wegval, glad nie vir hulle van belang nie.  Ons maak beurte om op die klip te poseer vir ’n foto, maar waag dit nie te naby die einde van die klip nie.

Oribi Gorge Natuurreservaat

Ons gaan stap laatmiddag in die Oribi Gorge Natuurreservaat.  Daar is verskeie roetes, maar omdat die reën al heeldag in sulke vlae kom en gaan, waag ons nie die lang roetes nie, maar net die kort sirkelroete na die waterval.  Die waterval is egter droog en daar is niemand in enige van die reservaat se kantoortjies nie.

Die apiestoue strek tot hoog teen die kranse en toe ons op ’n stadium oor die teerpad stap, is die rotswande met fyn varings oortrek en water druk stadig teen die blare af.  Ons gaan staan onder die druppels en laat dit op ons tonge val.  Hoog bo teen die kranse draai aasvoëls.  Ons wou die Barry Porter Memorial aasvoëlskuiling gaan bekyk, wat nie ver hiervandaan opgerig is nie, maar dis gesluit tydens ons besoek.

Oulike diere lewe:

Ons gaan sit op ’n groot klip langs ’n rotspoel en haal ons water en kougoed uit.  Om ons is daar samanga apies, maar hulle kom nooit naby genoeg vir ’n foto nie.  Maar die bewegende takke gee hul teenwoordigheid weg.  Ons kyk hoe kwikstertjies met hul stertjies wat ritmies op en af gaan, insekte bo die water-oppervlak vang.  Dié klein versteurings waar hul ragfyn pootjies die water versteur, kring uit in wye kringe oor die waterpoel.

Die salige stilte kruip teen my bene op en maak homself tussen my skouerblaaie tuis.  Gesinne pak pieknieks by houttafeltjies uit en kinders speel wegkruipertjie in die bosse.  Dis familietyd op sy beste.

Mens is hartseer om na ’n paar dae die ravyn te groet en terug te keer stad toe.  Al wat jy kan hoop, is dat die stilte van die vlaktes en die beeld van die aasvoëls wat in kringe hoog bo jou kop draai.  Dit sal jou ou nog lank bybly as skans teen die gejaagde lewe.

Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal

Kitsfeite:

Vir meer inligting oor Lake Eland kontak hulle by 039 687 0395 of 083 257 9468.  Jy kan hulle ‘n e-pos stuur en ook hul webtuiste besoek.  Lake Eland is benewens al die buitelug-adrenalien aktiwiteite, ook jaarliks die gasheer vir die Lake Eland MTB.

Leopard Rock is nie net ’n restaurant met asemrowende uitsigte nie, daar is ook verblyf.  Inligting by Sue & Andries Bruwer.  Kontak hul by 074 124 0902. Jy kan hulle ‘n e-pos stuur en ook hul webtuiste besoek.

Oribi Gorge in die suide van KwaZulu-Natal, is net wes van Port Shepstone, wat 120 km suid van Durban is.  Daar is verskeie verblyf-opsies in die omgewing en dis enige adrenaliensoeker se hemel.  Oribi Gorge is deel van die T3 Southern Explorer-roete.

Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal Oribi Gorge Nature Reserve, KwaZulu Natal

Artikel Krediet: