Maak jou huis mooi met Pilgrimage Spaces

Maak jou huis mooi met Pilgrimage Spaces.  Dit is die perfekte plek om die seisoen al jou dekor items vir jou huis of vakansie huis te kry.  Die besigheid was begin uit die eienaars se liefde vir toer. Asook verskillende kulture, kleure, tekstuur en vakmanskap.  Ook alles wat outentiekheid het in die lewe.

Pilgrimage Spaces se produkte is hand geselekteer en ingevoer vanaf Indonesië en Indië.  Hulle vind die mooi in die imperfeksies.  Dit is vir ons ‘n pragtige element, veral as dit kom by meubelstukke.  Meer dekor inspirasie op Mooi Leefstyl.

 

Ontwep en Uniekheid:


Hulle fondament is baie stewig gebou op ontwerp, gehalte, uniekheid en integriteit op hul produkte wat hulle verkoop.  Hulle streef daarna om hul eksotiese reise met ander te deel; en stories te deel deur middel van die skatte en ambagtelike produkte wat ‘n persoonlike verhaal van hul makers en kulture weerspieël.

Krediet aan die span:


Pilgrimage Spaces vat nie net al die krediet op hulle nie, maar hulle bemark en ondersteun die hardwerkende ambag- manne en dames deur hulle produkte te koop.  Klik hier om te gaan kyk by wie hulle produkte koop en wie hulle ondersteun.

Gee terug aan die gemeenskap:


Dit is net nog ‘n manier hoe hulle terug gee aan die gemeenskap, deur die mense agter die skerms, se stories te deel.   So jou volgende kopie of dit nou ‘n kas, mat, spieël, beddegoed of ‘n mat is dan moet jy loer na Pilgrimage Spaces.

Loer gerus na hulle aanlynwinkel: https://pilgrimagespaces.co.za/shop of kontak hulle op 021 300 1925 vir meer inligting.