Poetry se 2019 Somer Seisoen Reeks

Die bekende kettingwinkel, Poetry loods hul ‘Spring/Summer 2019’ reeks.  Poetry is gewild vir unieke, gemaklike en tydlose style.  Hul nuwe somer reeks getuig weereens van hul ontwerpers se bekwaamheid.  Die reeks spreek van vars modes en tydlose style.  Al die ontwerpe is moeiteloos en gemaklik.  Hierdie reeks belowe om jou beste maat op jou somer avontuur te wees.

Maak nie saak waarheen jou vergeleë avonture jou hierdie somer neem nie, jy sal ‘n Poetry ontwerp kry om by elke geleentheid te pas.  Val in die pad, wees oop vir nuwe avonture en ontdek nuwe style terwyl jy opwindende horisonne najaag.

Poetry SS19 Reeks


Die oggendson kom op en die dagbreek lig versprei na geplaveide wandelpaaie.  ‘n Linne tafeldoek flikker in die sout-geurige briesie terwyl die reuk van vars gesnyde vrugte in die lug hang.  Jy trek gemaklike sandale aan en gooi ‘n ligte rok oor jou kop voordat jy die dag aanpak.  Jy het ‘n gevoel van vreugde, tevredenheid en die opwinding van ‘n nuwe dag gevul met nuwe ontdekkings.  Hierdie is somer.  Hierdie is saligheid.

Poetry se nuwe reeks is geïnspireer deur romantiese vakansies by vergeleë oewers.  Die reeks beklemtoon die vreugde van die reis en die gevoel van tevredenheid wat avonture na die onbekende bring.  Poetry se SS19 reeks is ‘n viering van vroulikheid in al sy vorms en groottes.  Asook ‘n uitnodiging vir vrouens om avonture aan te pak terwyl hulle die prag van die onbekende verken.  Hierdie reeks sal vanaf Oktober 2019 in alle Poetry winkels beskikbaar wees.

Ontspanne, gesofistikeerde en kontemporêre maklik-dra-silhoeëtte


Die Poetry SS19/20-reeks bevat ‘n verskeidenheid kontemporêre klassieke en opgedateerde ou gunstelinge in aanloklike groen, helder wit en helder somer kleure.  Hierdie kleure word aangevul deur aardse kleure, soos roes, oker en pampoen-oranje.  Die silhoeëtte is groot en maklik om te dra, perfek vir ‘n seisoen van ontspanne saligheid.

Lang rokke en broekpakke is die fokuspunt van hierdie reeks.  Die materiaal is natuurlik en laat die vloei van lig gemaklik deur.  Rokke, opgekikker met die Ombré-effek en abstrakte patrone, skep ‘n nuwe vars gevoel en verskaf daardie ietsie ekstra om uit te staan bo die res.

Die belangrikste items vir hierdie seisoen sluit in ‘n Cami-bloes, geplooide romp en ‘n groot, gemaklike dra-hemp wat maklik in ‘n uitrusting vir die aand getransformeer kan word.  Sorg dat jy ‘n paar hoë hakskoene en treffende oorbelle het, en jou dag-uitrusting kan binne minute getransformeer word in ‘n stylvolle aand-uitrusting.

Kop-tot-toon uitrustings is op almal se lippe hierdie somer.  Die Poetry vrou het ‘n verskeidenheid opsies om hierdie styl vir haar te laat werk:  Vanaf broekpakke, top-en-broek-stelle tot baadjies met bypassende onderstukke.  Diervel is steeds een van die grootste tendense hierdie seisoen.  Poetry het egter, net soos in die winter seisoen, hierdie styl in ‘n onverwagse manier geïnterpreteer;  Dit leen meer in ‘n rigting van ‘n geometriese gevoel in ongewone kleure.

Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores

SS19 Swembroek Reeks


Ontspanne dae en langdurige strand-sessies gaan hand aan hand;  Die Poetry swembroek-reeks is opgedateer om jou somer-drome te verwesenlik.  Die veranderinge sluit in eenstuk-swembroeke wat ‘n verbeterde vorm sal verseker, ‘n verskeidenheid bikini’s, asook hierdie seisoen se gewildste patrone.  Hierdie swembroeke, gepaard met ‘n kimono van ‘n komplimentêre kleur sal jou gereed maak vir jou prentjiemooi somer-uitstappie.

Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores

Moeitelose kop-tot-toon styl-inspirasie


Soos altyd, lê die geheim in die detail.  Hierdie seisoen sal die Poetry vrou bederf word met ‘n verskeidenheid opsies om hul uitrusting af te rond.  Strooi bly steeds ‘n gewilde neiging, terwyl haar-bykomstighede die nuwe gewilde mode is.  Ronde, organiese vorms en gemaklike teksture kan regdeur die reeks gesien word.

Wanneer jy op pad is vir ‘n dag van verken, pak al jou avontuur noodsaaklikhede in ‘n sak. Kies uit Poetry se leer ronde sak, strooi handsakkie, mandjie-weef leer sak, gevlegte sak wat oor jou lyf kruis of ‘n gordel-sak wat op drie verskillende maniere gedra kan word.  Hierdie seisoen se leer-produkte is opgedateer met vars nuwe teksture.  Die strooi-produkte reeks het ook uitgebrei met nuwe handsakke van kleure soos roes, bloos en sagte oker.  Koraal, geel, salie en ‘n tikkie rooi verskyn ook tussen immergroen kleure met skakerings van bruin en swart.  Die binnekant van die leer-sakke is afgewerk met prettige patrone en versierings soos hars en hout om dit uniek te maak.

Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores

Strand-gereed bykomstighede


Indien jy lang dae in die buitelug spandeer, sal jy beslis ‘n stylvolle hoed benodig.  Hierdie seisoen se hoede is alles gemaak van handgemaakte teksture.  Al vier ontwerpe het elk die strooi-behandeling ontvang.  Die reeds bestaande Fedora-hoed, is opgedateer met ‘n hand-geborduurde blompatroon om dit ‘n varse gevoel te gee.

Veelsydige serpe is gemaak om ‘n tikkie romanse by ‘n gewone bokstert te voeg.  Poetry se handsakke en belde sal jou toelaat om ‘n mode-stelling, met strooi en kleure wat tans hoogs mode is, te maak.  Strooi het ook sy verskyning in die kostuum juwele reeks gemaak.  Die strooi komplimenteer moeiteloos die natuurlike stene en kralewerk van die juweliersware.

Poetry Clothing Stores Poetry Clothing Stores

Foto Krediete

  • Fotograaf: Emily Delphine
  • Haarstilis: Jacqui Lupton
  • Grimeerkunstenaar: Kelly Paitaki
  • Stilis: Tarryn Oppel
  • Modelle: Nina – Boss Models;  Marie – Top Co;  Catherine – Boss Models

Vind Poetry op sosiale media