Prentjie mooi illustrasie kuns vanuit Namibië

Mooi Leefstyl deel prentjie mooi illustrasie kuns vanuit Namibië deur Amaryah Collection met jou.  Ons het met Anesia Joseph, stigter en eienaar van Amaryah Collection gesels.  Haar besigheid het 1 Mei 2020 oopgemaak vir die publiek.  Dit is nog ʼn nuwe besigheid met soveel potensiaal.  Anesia verduidelik dat Amaryah Collection gebore is met ʼn visie van God.  Wat beteken: “Die Here het gesê”. Die oorsprong daarvan is ‘Hebreeus’.  Na haar visie het sy besluit om haar voltydse werk by PricewaterhouseCoopers in Windhoek te bedank.  Sy het ʼn groot stap geneem in die middel van die Karona-virus pandemie om haar droom te laat waar word.

Alles het begin kort na haar pa se skielike afsterwe in Februarie 2019.  Toe het sy besef dat die lewe net te kort is om nie te doen wat jou roeping is nie.  Anesia vertel dat haar inspirasie agter haar kunswerke is half “per ongeluk”.  Sy het in Januarie 2020 begin met vryskut kuns stukke.  Dit moes sy na ure doen en het eers begin skilder vir familie en vriende.  Daarna het dit soos ʼn veldbrand begin versprei.  By Mooi Leefstyl maak dit ons so bly as dinge so mooi in plek val en jy jou passie kan begin leef.

Amaryah Collection se werk is uniek en die kunswerke is gebaseer op wat die kliënt wil hê.  Alle kunswerke word is Namibië geskilder en dan per koerier ge stuur na die kliënte.   So as jy gek is oor wat jy hieronder in die artikel sien, maak kontak met haar.

Art in Namibia Art in Namibia Art in Namibia Art in Namibia

Produkte:

Amaryah Collection is half bekend vir iemand wat alles kan doen.  Hopenlik is die gesegte “Master of None” nie van toepassing hier nie.  Hul gewildste kuns stuk wat verkoop is die aaneenlyn sketse van kliënte se fotos af.  Amaryah Collection se reeks bestaan ook uit groter stukke kuns van natuur landskappe. Asook fotos en selfs diere, blomme.  Basies enige kuns stuk wat ʼn kliënt verys kan hul laat realiseer.

Al Amaryah Collection se produkte is beskikbaar op haar Instagram en Facebook webblad, Asook per email adres korrespondensie.

Sy is ook tans besig om uit te stal by Inspirasie tafels oor naweke in Windhoek, Namibië.

Art in Namibia Art in Namibia Art in Namibia

Koop Amaryah Collection se produkte:

Amaryah Collection se kuns stukke is beskikbaar reg oor die wêreld.  Jy kan haar kuns stukke bestel deur haar te kontak op Instagram en Facebook.  Onthou om haar sommer ook te volg op Sosiale Media! Indien jy meer inligting benodig kan jy haar ʼn e-pos stuur of telefonies kontak by +26 481 354 8808.

Art in Namibia Art in NamibiaArt in Namibia

Artikel Krediet:

  • Foto’s verskaf deur:  Amaryah Collection