FOTO SPESIFIKASIES

Ons aanvaar slegs professionele foto’s wat pas by die estetika van Mooi Leefstyl.  Lees asseblief die onderste foto spesifikasies noukeurig deur voordat jy die foto’s na ons stuur.

  • Stuur tussen 35 en 80 foto’s.
  • 3 000 px breed in JPG formaat.  Minimum grootte wat aanvaar sal word vir publikasie.
  • Stuur die foto’s as ‘n enkel foto sonder enige logo’s, -rame,  of teks.
  • Die fotograaf kry krediet in die artikel.
  • Stuur foto’s deur WeTransfer na publikasies@mooileefstyl.co.za en gebruik die besigheid naam as die lêernaam.

Let wel: Ons publiseer slegs hoë kwaliteit foto’s en lewenstyl van natuur. Geen voorraad-foto’s en telefoon kamera foto’s sal aanvaar word vir publikasie nie.  As jy ‘n professionele fotograaf benodig, kontak ons asseblief en ons sal ‘n fotograaf aanbeveel.

ARTIKEL SPESIFIKASIES

Stuur asseblief jou artikel as ‘n Word-dokument of per e-pos na publikasies@mooileefstyl.co.za. Gebruik die artikel se opskrif  in die onderwerp lyn.  Moet asseblief nie PDF-dokumente stuur nie, slegs Word-dokumente of per-epos. Maak seker jy lees die spesifikasies onder noukeurig deur voordat jy die artikel na ons stuur.

  • Stuur asseblief jou antwoorde terug in Afrikaans. Indien jy nie Afrikaans kan skryf nie, stuur dit in Engels. Ons sal dit vertaal. Moet asseblief nie ‘Google Translate’ gebruik nie.
  • Alle antwoorde moet in die derde persoon geskryf word.
  • Maksimum van 200 woorde per antwoord.
  • Artikel Krediet lys – hier moet jy almal wat jy wil hê krediet moet kry in die artikel lys (byvoorbeeld:  fotograaf, model, hotel, restaurante ens.)
  • Sluit alle besighede of persone in die artikel krediet se sosiale media skakels, webtuiste en kontak besonderhede in met jou antwoorde.

 

VRAE ONDER:

 

  • Wie is die eienaar/stigter en wanneer was die besigheid gestig?
  • Wat was die inspirasie agter jou/jul besigheid se naam?
  • Hoeveel verskillende produkte het julle? Indien moontlik, gee ons ‘n paar idees van wat julle produkte is.
  • Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?
  • Waar kan ons lesers julle produkte koop?
  • Wat is julle gewildste produkte?
  • Word julle produkte plaaslik vervaardig? Indien wel, waar?  En gee ons so bietjie die storie agter die produksie proses.
  • Waar kan Mooi Leefstyl se lesers julle volg op sosiale media? (sluit julle sosiale media skakels in en ook julle webtuiste)
  • Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?
  • Artikel krediet:  As jy wil hê ons moet krediet gee aan enige diensverskaffers in die artikel sluit dit in by jou antwoorde asseblief.  Dit sal insluit fotograaf, model ens.
  • Indien daar enige ander vrae of informasie wat jy dink belangrik sal wees om deel te maak van die artikel, sluit dit asseblief in onder aan jou vrae en ons sal dit met graagte deel maak van die artikel.
  • Is daar enige ander besigheidhede wat jy dink ons publiseer op Mooi Leefstyl?  Noem ‘n paar.