REIS ARTIKEL SPESIFIKASIES

FOTO SPESIFIKASIES

Ons aanvaar slegs foto’s wat deur die fotograaf gestuur word, so maak seker jy stuur die e-pos aan jou fotograaf sodat hy/sy die nodige foto’s vir ons kan stuur.

  • Stuur tussen 60 en 120 foto’s.
  • 3 000 px breed in JPG formaat.  Minimum grootte wat aanvaar sal word vir publikasie.
  • Stuur die foto’s as ‘n enkel foto sonder enige logo’s, -rame,  of teks.
  • Die fotograaf kry krediet in die artikel.
  • Stuur foto’s deur WeTransfer na publikasies@mooileefstyl.co.za en gebruik die artikel se opskrif as die lêernaam.

ARTIKEL SPESIFIKASIES

Daar is twee opsies waarvan jy onder kan kies.  Jy kan jou eie artikel skryf soos per die spesifikasies onder en dit vir ons stuur saam met jou foto’s.   Die tweede opsie is om die vra wat ons verskaf te beantwoord en ons skryf ‘n artikel gebaseer om die vra wat jy beantwoord het.

OPSIE 1 - SKRYF JOU EIE ARTIKEL:

Stuur asseblief jou artikel as ‘n Word-dokument of per e-pos na publikasies@mooileefstyl.co.za. Gebruik die artikel se opskrif  in die onderwerp lyn.  Moet asseblief nie PDF-dokumente stuur nie, slegs Word-dokumente of per-epos. Maak seker jy lees die spesifikasies onder noukeurig deur voordat jy die artikel na ons stuur.

  • Stuur asseblief jou artikel terug in Afrikaans. Indien jy nie Afrikaans kan skryf nie, stuur dit in Engels. Ons sal dit vertaal. Moet asseblief nie ‘Google Translate’ gebruik nie.
  • Die artikel moet in die derde persoon geskryf word.
  • Die artikel moet tussen 500 en 1 200 woorde wees.
  • Artikel Krediet lys – hier moet jy almal wat jy wil hê krediet moet kry in die artikel lys (byvoorbeeld:  fotograaf, model, hotel, restaurante ens.)
  • Sluit alle besighede of persone in die artikel krediet se sosiale media skakels, webtuiste en kontak besonderhede in met jou antwoorde.

OPSIE 2 - BEANTWOORD DIE VRAE:

Stuur asseblief jou artikel as ‘n Word-dokument of per e-pos na publikasies@mooileefstyl.co.za. Gebruik die artikel se opskrif  in die onderwerp lyn.  Moet asseblief nie PDF-dokumente stuur nie, slegs Word-dokumente of per-epos. Maak seker jy lees die spesifikasies onder noukeurig deur voordat jy die artikel na ons stuur.

  • Stuur asseblief jou antwoorde terug in Afrikaans. Indien jy nie Afrikaans kan skryf nie, stuur dit in Engels. Ons sal dit vertaal. Moet asseblief nie ‘Google Translate’ gebruik nie.
  • Alle antwoorde moet in die derde persoon geskryf word.
  • Maksimum van 200 woorde per antwoord.
  • Artikel Krediet lys – hier moet jy almal wat jy wil hê krediet moet kry in die artikel lys (byvoorbeeld:  fotograaf, model, hotel, restaurante ens.)
  • Sluit alle besighede of persone in die artikel krediet se sosiale media skakels, webtuiste en kontak besonderhede in met jou antwoorde.

 

VRAE ONDER:

 

  • Persoon of persone wat getoer het se Naam en Van.  Indien ‘n sekere persoon nie genoem wil word nie, los slegs die persoon se naam uit.
  • Waarna het julle gereis?
  • Hoekom het julle na die spesifieke bestemming gereis?
  • Watter dorpe het julle besoek en gee ‘n kort beskrywing oor julle persoonlike ervaring van die spesifieke dorp of dorpe?
  • Watter deel van julle reis het vir jou uitgestaan en hoekom?
  • Indien jy enige iets vooraf kon verander, wat sou dit wees?
  • Oulike dinge (aktiwiteite) om te doen in die dorp of dorpe wat julle besoek het?
  • As daar een ding is wat vir jou uitgestaan het en wat almal moet doen as hulle na die bestemming reis – wat sal dit wees?
  • ‘n Lys van die hotelle waar julle gebly het in elke dorp?
  • Oulike eetplekkies in verskillende dorpe – deel met ons waar julle geëet het en hoekom die plekkies so oulik was vir julle?
  • Hoe lank voor die tyd het julle die reis beplan?
  • Watter lugredery het julle gebruik gemaak van en hoe sal julle die ervaring opsom?
  • Hoeveel het die reis met al die uitgawes julle in totaal gekos in Suid-Afrikaanse Rand?  (hierdie gaan nie gepubliseer word nie).
  • Artikel Krediet lys – hier moet jy almal wat jy wil hê krediet moet kry in die artikel lys (byvoorbeeld:  fotograaf, model, hotel, restaurante ens.)
  • Sluit alle besighede of persone in die artikel krediet se sosiale media skakels, webtuiste en kontak besonderhede in met jou antwoorde.
  • As jy enige ander oulike vra het wat jy wil bysit is jy meer as welkom om dit ook vir ons te stuur.