‘n Naweek wegbreek by Regency on Regent

Ons het ‘n naweek wegbreek geniet na The Regency on Regent in Greyton, een van ons gunsteling klein dorpies in die Wes-Kaap, slegs twee ure se ry vanaf Kaapstad.  Greyton is ‘n pragtige dorpie in die Overberg omring deur berge en riviere.  Dit is die perfekte wegbreek plek as jy opsoek is na ‘n klein dorpie om te ontspan, maar waar daar nogsteeds lewe is en iets om te doen.

The Regency on Regent is ‘n luukse boetiek selfsorg huis in Regent Straat, Greyton.  Die oomblik wat ons in gestap het by die huis voel dit of jy in ‘n lewende Pinterest bord is.  Jy kry ‘n kliniese gevoel.

Die huis het drie slaapkamers.  Een slaapkamer onder met ‘n deur wat uitlei na die swembad, sonder ‘n badkamer.  Daar is wel ‘n groot badkamer met ‘n stort reg oorkant die kamer.

Op die perseel is daar ook ‘n klein kothuis met ‘n dubbelbed met ‘n stort, wasbak en toilet. Daar is ook ‘n koffie/tee stasie in die kothuis.  Die groot Franse oopskuif deure loop uit op die groot tuin.

Jy kom die huis binne in ‘n groot ingangsportaal, met ‘n staal trap wat oplei na die kamers toe. Aan jou regterkant is ‘n groot badkamer met luukse produkte, ‘n toilet en ‘n groot stort.  Aan jou linkerkant is die eerste kamer wat uitloop op die swembad area.  Reguit uit die ingangsportaal kyk jy van regs na links na die kombuis, eetkamer en sitkamer.  Alle areas het groot ruite en Franse deure wat uitloop op die veranda area en die swembad.  Alhoewel ons nie die swembad gebruik het nie, want dit was bietjie koel gewees en lekker gereën.

greyton self catering accommodation

Die Kombuis

The Regency on Regent het ‘n modern en vol toegeruste kombuis, perfek om enige kos moontlik te kan maak.  Die kombuis sluit in ‘n gasstoof, elektriese oond, eet hoek in die kombuis, waskamer met ‘n mikrogolf, wasmasjien, droër en ‘n skottelgoedwasser, so jy hoef letterlik amper niks te doen nie, behalwe om te ontspan.

Daar is ook ‘n groot eetkamer tafel tussen die kombuis en die sitkamer in die oopplan leefarea.

greyton self catering accommodation greyton self catering accommodationgreyton self catering accommodation greyton self catering accommodation

Die Sitkamer

Die prentjie mooi sitkamer het ‘n kaggel vir die koue wintersaande en het twee drie sitplek banke.  Daar is ‘n groot verskeidenheid boeke vir jou om te lees of speel ‘n bord-speletjies.  Al die leefarea’s het groot deure wat uitloop op die stoep na buite.

greyton self catering accommodation  greyton self catering accommodationgreyton self catering accommodationgreyton self catering accommodation

Sekuriteit

Vir ekstra sekuriteit het die huis ook ‘n alarmstelsel en -balke buite.  Ons het wel baie veilig gevoel.

greyton self catering accommodation greyton self catering accommodationgreyton self catering accommodationgreyton self catering accommodationgreyton self catering accommodation

Eet Al Fresco in die mooi tuin

Buitekant is daar die mooiste dek area met ‘n braai en tafel waar jy gesellig buite kan kuier onder die massiewe Eikeboom en liggies wat hang vanuit die eikeboom.  Dit is een van ons gunsteling area’s en gee amper ‘n Al Fresco gevoel so onder die bome,, buite in die natuur.  As jy gelukkig is mag die koei van die buurmense teen die heining kom staan.  Ja, jy lees reg, daar was ‘n koei.

greyton self catering accommodationgreyton self catering accommodation greyton self catering accommodation

Die Hoofslaapkamer

Op die eerste vloer is daar twee slaapkamers.  In die hoofslaapkamer het ‘n groot dubbelbed met ‘n Victoriaanse bad, wasbak en ‘n toilet.  Die kamer het ‘n dubbel-volume spitsdak met twee groot dak-ruite, waar jy die sterre in die aand bo jou kan sien.

greyton self catering accommodationgreyton self catering accommodationgreyton self catering accommodationgreyton self catering accommodation

Derde slaapkamer

Die derde slaapkamer het ook ‘n Victoriaanse bad, wasbak en ‘n toilet.  Daar is twee enkelbedjies met twee ekstra enkelbed uittrek matrasse.

greyton self catering accommodation greyton self catering accommodation greyton self catering accommodation  

Wat is daar om te doen in Greyton?

Slegs ‘n paar minute loop en jy is in die middel van Greyton se besigheid kern, waar daar soveel oulike winkels en restaurant is om van te kies.  Hierdie dorpie het ‘n baie spesiale gevoel en jy voel so veilig om in die strate te loop opsoek na jou volgende kopie.  Daar is ‘n bekende kruidenierswinkel op die dorp.  Dit is ‘n klein winkel, maar hulle hou alles aan wat jy sal nodig hê om kos te maak en die basiese benodigdhede.  As jy nie self wil kos maak nie, kan jy altyd ‘n wegneem ete of pizza bestel.  Anders kan jy by een van die dorp se vele restaurante ontbyt, middagete of aandete geniet.

Bespreek jul verblyf:

Stuur Regency on Regent in Greyton ‘n e-pos vir beskikbaarheid en pryse info@regencyonregent.co.za.

Artikel Krediet: