Rialheim se nuwe winkel by Rand Steam Winkelsentrum

Die plaaslike keramiek-ateljee, Rialheim, het ‘n nuwe winkel in die erfenis-gebied, Rand Steam in Richmond, Johannesburg oopgemaak.  Hierdie winkel staan bekend as ‘n nuwe era vir #DreamBelieveFly.  Die maatskappy se doel met die winkel is om hul produkreeks te diversifiseer en ‘n omvattende kleinhandel ervaring aan verbruikers te bied.  Die winkel is gevul met pragtige produkte van top gehalte wat die nuutste interieur modes bekendstel.  Hierdie produkte, tesame met die winkel se interieur skree vars en uniek!

Daar is ook ‘n heerlike koffiewinkel waar verbruikers kan ontspan met ‘n warm drankie terwyl hulle die meesterstukke in die winkel bekyk.  Dit is beslis ‘n winkel om te besoek indien jy inspirasie kort om die interieur in jou huis op te knap.  Of bloot jou kreatiewe gedagtes wil laat gaan terwyl jy met vars gebroude koffie en smaaklike gebak ontspan.

Rol af om na die nuutste toevoegings op Rialheim se rakke te kyk.

Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory

Rialheim se nuwe winkel


Bekende ontwerper, Megan Ralp het tesame met die kreatiewe span by Rialheim die ruimte ontwerp.  Die winkel spog met ongelooflike interieur soos unieke Rialheim-muurteëls en Lig Hangers.  Dit dien as bekendstelling van die nuwe Tafel Lamp ontwerpe wat vir verbruikers nuwe, opwindende en praktiese opsies bied wat deur die skoonheid van Afrika geïnspireer is.  Rial Visagie, kreatiewe direkteur van Rialheim, sê dat volhoubaarheid ‘n groot rol in hierdie projek gespeel het.  Hout van die vorige winkel in Linden is deur plaaslike ambagsmanne, Melkweg Design, bewerk en hergebruik.  Hulle het ook aangepaste staal toebehore en meubels, vervaardig deur Out The Box Welding & Design, gebruik.

Hy sê verder omdat die maatskappy diversifiseer en ‘n nuwe era betree.  Wou hulle graag plaaslike ambagsmanne eer en so ‘n nuwe handelservaring aan kliënte bring.  “Ons wou hê ons kliënte moet Rialheim beleef soos nog nooit vantevore nie.  Hulle moet tuis voel sodra hulle by ons winkel instap.  Daarom het ons ‘n gemaklike koffiewinkel, Boho Café & Co, by die handelservaring bygevoeg.  Ons wil hê ons kliënte moet bietjie langer by ons kuier en met ons span gesels.”

Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory

 Ligte, Lampe en Muurteëls


Verbruikers regoor die land kan na Rialheim se unieke produkte op hul aanlyn winkel kyk.  Hulle kan kies en keur uit ‘n verskeidenheid produkte en dit dan aanlyn koop.  Maar, met die nuwe winkel in Rand Steam, kan verbruikers en ontwerpers hierdie meesterstukke in persoon kom aanskou.  Rialheim het hul produkte gediversifiseer en bied nou handgemaakte muurteëls, lig hangers en ‘n versameling van tafel lampe.  Die muurteëls bied ‘n driedimensionele en tekstuur-alternatief vir muurpapier.  Die muur is handgemaak van plaaslik vervaardigde keramiek uit Afrika-klei.  Dit is werklik iets besonders wat mens nie aldag sien nie.

Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory

Bekendstelling van Boho Café & Co.


Boho Café & Co is ‘n vars saamgestelde ruimte waar keramiek en cappuccino’s moeiteloos ‘n eenheid vorm.  Kliënte het die opsie van ‘n wegneem koffie, of om bietjie langer in die gemaklike koffiewinkel te ontspan met ‘n vars gebroude koffie.  Daar is organisasie opsies asook ‘n verskeidenheid heerlike gebak vir die avontuurlustige swerwer.

Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory

Ons mense, ons passie


Daniel Swanepoel, uitvoerende hoof van Rialheim sê dat hul missie by Rialheim is gebaseer is op hul filosofie oor mense, produkte en prosesse.  “By ons Rand Steam winkel het ons gefokus op personeel ontwikkeling, asook diverse produkte in verskillende prys-klasse in ‘n vaartbelynde proses.  Dit bedien nie net kleinhandel-verbruikers nie, maar bemagtig ook ons handelsvennote én ons aanlynwinkel.

Rialheim Rand Steam is 7 dae ‘n week oop vir besigheid en sal ook maandelikse byeenkomste hê.  Wees dus seker om hul sosiale media blaaie op Instagram en Facebook te volg.

Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory Rialheim Ceramic Factory

Artikel Krediet

  • Foto’s verskaf deur Rialheim Ceramic Factory