Unieke aaneen-lyn illustrasies & dekor kunsstukke

By Mooi Leefstyl deel ons met ons lesers aaneen-lyn illustrasies en dekor kunsstukke deur Riana Mostert Art.  As jy opsoek is na dekor kunsstukke vir jou huis, tuiskantoor of jou kantoor? Dan is jy op die regte plek.  Riana Mostert is die enkel eienaar van haar kreatiewe besigheid.  Haar besigheid het pas een jaar oud geword – gestig in Junie 2019.  Dit is nadat ʼn vriendin haar aangespoor het om ʼn Instagram profiel te begin.

Ons by Mooi Leefstyl is gek oor Riana se pragtige kunsstukke, veral daardie plant potjies.  Al klaar sien ons, hoe ons daarvan gaan bestel vir ons kantoor.  Ons is mal oor kuns en mooi dekor.  Dit laat jou sommer onmiddellik goed voel oor die lewe.  As jy omring is deur mooi goed, voel mens sommer goed.  Ons het gesels met Riana Mostert die brein en kreatiewe persoon agter Riana Mostert Art.  Lees meer oor haar besigheid hieronder.

Verskillende produkte beskikbaar:

Riana Mostert Art het ʼn hele paar opwindende produkte. Haar gewildste bly steeds haar aaneen-lyn illustrasies wat sy noukeurig en met soveel liefde teken.  Laat raam en daarna versigtig verpak in eko-vriendelike verpakking.

Die unieke idee agter ʼn eenlyn-illustrasie is om op een plek te begin en die hele skets klaar te maak sonder om jou hand op te lig.

Die resultaat is dan meer abstrak as realisties.  Ander produkte sluit in haar gesig plant- en kruie plantbakke.  Hierdie is hoë kwaliteit terracotta-potjies wat elkeen met die hand geverf en geteken word.

Riana bring ook binnekort ʼn T-hemp reeks en n paar oulike koffiebekers uit.  Elke maand stel sy ook ʼn beperkte uitgawe reeks beskikbaar, wat bestaan uit slegs 10 unieke items.  Onlangs was die baie populêre BOOBIEjars ʼn groot treffer!

Inspirasie agter die produkte:

Riana vind inspirasie deur alledaagse gebeure, ouerskap, geselsies met vriendinne en sommer ons liefde vir die natuur en mooi goedjies.  Elke illustrasie is vir Riana spesiaal en sy bid vir elke persoon of gesin wat sy teken.  Sy glo haar talent is ʼn geleende een en verheerlik God se naam hierdeur.

Koop Riana Moster Art se produkte:

Besoek Riana Mostert Art se webtuiste vir haar reeks van produkte.  Jy kan per e-pos bestel. Indien jy eerder wil WhatsApp kan jy so doen na 083 234 7911.  Om meer van Riana Mostert se pragtige kunsstukke en produkte te sien, volg haar op Instagram en Facebook.

Gewildste produkte:

Ons gewildste produkte bly die geraamde aaneen-lyn illustrasies beskikbaar is A5, A4 en A3 grootte.  Hierdie stukkies kuns word geraam en mooi verpak met ‘n handgeskrewe briefie aan elke kliënt.  Riana doen ook haar illustrasies op canvas van byna enige grootte.

Suid-Afrikaanse produkte:

Meeste van ons produkte word plaaslik vervaardig.  Alle raampies en verpakking kom van Suid Afrika.

Die terracotta potjies word in Duitsland gemaak en hierheen gestuur, hulle kwaliteit is briljant.

Haar keramiek reeks wat binnekort beskikbaar gaan wees, word ook in Suid–Afrika vervaardig, asook die druk van haar T-hemde. Riana probeer sover moontlik ook ander klein besighede ondersteun.  Sy glo dat wanneer ons mekaar help daar gewoonlik mooi dinge ontstaan!

continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawingscontinuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings continuous line drawings

Artikel Krediet:

Fotograaf:  Monja Viljoen
Steunpilaar:  De Wet Mostert