Romerige Veganiese Sampioen Campagnola Resep

Ons hier by Mooi Leefstyl gaan oor die volgende paar weke smul-lekker resepte deel van Miraweiner.com.  Al hierdie resepte is vegan en plant gebaseer en is lekker vir daai dae wat julle dal vleis-vry wil eet.  Ons lesers wat nie bekend in met Mira Wiener nie kan asseblief hier klik om meer oor haar opwindende kos-reis te leer.  Ons deel in dié inskrywing ‘n romerige veganiese sampioen campagnola resep wat 2 honger mense, of selfs 4 kleiner porsies, kan bedien.  Die voorbereiding proses neem 10 minute en gaarmaak-tyd so 20 minute.  So in 30 minute kan julle ‘n smul lekker dis bymekaar sit.

Mira deel ook graag haar storie en inspirasie vir die romerige veganiese sampioen campagnola resep.  Blaai af en geniet die storie en die foto’s sal wys hoe lekker die maklike resep lyk.

Romerige veganiese sampioen campagnola

Storie / voedings-aantekeninge

Ek is verlief op pasta vandat ek my eerste kos-herinnering kan onthou.  Pasta was en sal altyd my absolute gunsteling liefdesverhouding wees.  Pasta liefhebber vir lewe, JA!  As ʼn klein dogtertjie het ek altyd die potte aan die kook gehad vir vriende en familie.  Ek het potte vol kos na ons buurmense oorkant die pad geneem.  My ma het van die huis gewerk en uit haar kantoor venster na my en kinders van ons buurt gekyk terwyl ons haar kombuis leeg dra.  Op die spyskaart was gewoonlik een-of-ander pasta dis, slaai en nagereg.

Pasta is baie maklik om te maak.  Ek kon al van kleins af ʼn paar disse maak.  Ek is nou meer as ooit lief vir pasta.  Dit is altyd my opsie om vinnig ʼn maaltyd bymekaar te slaan.  Eerlik waar glo ek dat ek Italiaans was in my vorige lewe.  Ek kan pasta of noodles eet vir ontbyt, middag- en aandete.

Die resep is opgedra na een van my eerste base, Kurt en André.  Pas uit hoërskool het ek in hul fynproewers restaurant in die dorp waar ek groot geword het gewerk.  Dit was ʼn ongelooflike populêre plek vir plaaslik en internasionale besoekers.  Een van die disse wat hulle bedien het was ʼn hoender en sampioen campagnola, wat hulle ook as ʼn vegetariese alternatief bedien het sonder die hoender.  Dit was een van my gunsteling disse by die restaurant – propvol room, witwyn en pasta gemaak van koring.  So ter ere van hierdie kos-herinneringe en die baie lesse wat ek van my dinamiese en talentvolle base geleer het, is hierdie smaaklike gereg weer herskep as ʼn veganistiese alternatief, sowel as suiwel-, gluten- en alkoholvry.

ʼn Kort briefie oor appelasyn saam met “The Mother”:

Organiese ongefilterde appelasyn is die voordeligste appelasyn vanuit ʼn gesondheid perspektief.  Die ‘moeder’ verwys na die gis en bakterieë wat tydens die fermentasie proses gevorm word.  As jy appelasyn koop wat “The Mother” insluit, beteken dit dat die klein snare in die bottel (dele van die ‘moeder’) al die voordele bevat.  Van proteïene, ensieme en derm vriendelike bakterieë bevat wat u wil hê deur appelasyn te gebruik.  Appelasyn het voedings voordele vir bloedsuikervlakke, vertering en hart gesondheid.

Bestanddele

  • 2 eetlepels gekweekte kasjoe-botter of ekstra suiwer olyfolie
  • 250 g sampioene, in skywe gesny (portabello of groot bruin sampioene werk goed)
  • 300g glutenvrye pasta na keuse – weeg in gedroogde gewig
  • 1-1,5 koppies vol vet klappermelk
  • 1/3 koppie appelasyn met ‘The Mother’
  • ½ koppie kasjoeneute, geweek vir minstens 4 uur of beter oornag
  • 2 eetlepels  fyngekapte vars roosmaryn
  • 2 teelepels gedroogde groente-aftreksel – alternatiewelik kan jy ook 1 teelepel knoffel-poeier, 1 teelepel uie-poeier en kruiesout gebruik
  • 1 teelepel suiwer esdoringstroop of ligte agave-nektar
  • 1 eetlepel jalapeno-smaak (opsioneel)
  • Vrygewige knippie seesout en swartpeper na smaak

Om te bedien: Kap die geroosterde kasjoeneute grof op.

Metode

  • Kook pasta volgens die pak se instruksies.
  • Verhit die gekweekte kasjoe-botter of olyfolie in ʼn groot souspan op medium hitte.  Sodra dit warm is, voeg die sampioene by.  Braai vir ʼn paar minute en voeg dan die gedroogde groente-aftreksel en vars roosmaryn by.  Kook tot die sampioene bros en die pan droog is.
  • Voeg die appelasyn in die pan en laat dit uitkook.  Dit word “deglazing” genoem – dit gee ʼn geweldige smaak aan die gereg.  Wyn word gereeld gebruik om ʼn pan te “deglaze”  maar appelasyn is my geheime bestanddeel vir hierdie gereg.  Die asyn sal basies droog kook, maar die smaak in  sampioen in die sampioene gee.
  • Meng die kasjoeneute, klappermelk (1 koppie), uie-poeier, knoffel-poeier, esdoringstroop of ligte agave-nektar, jalapeno-smaak, sout en swartpeper in ʼn “blender” saam en meng tot glad en romerig.  As die mengsel baie dik is, verdun dit met die ekstra koppie klappermelk.
  • Giet die romerige kasjoeneute en klappermelk-sous in die sampioen mengsel en roer dit saggies deur, laat dit vir 5-7 minute op lae hitte prut totdat die sous lekker verdik is.  Voeg die gaar pasta by die sousmengsel en meng goed.  Bedien met grofgekapte geroosterde kasjoeneute.

Romerige veganiese sampioen campagnola Romerige veganiese sampioen campagnola

Foto’s verskaf deur Mira Wiener