Baie gesondheid in ‘n koppie Rooibos

Rooibos hou voordele vir die hele gesin in.  Die tee kom van die plant Aspalathuslinearis, ‘n peuldraende plant wat net in die Sederberge rondom Clanwilliam voorkom en dus uniek aan die Wes-Kaap van Suid-Afrika is.  Dit vorm deel van die Kaapse Blomryk wat algemeen as fynbos bekend staan.  Rooibos groei dus nêrens anders in die wêreld nie.  Lees meer oor die besonderse tee se voordele onder.

Wat kan Rooibos vir jou kan doen?

Met ‘n komplekse groep flavonoïde in Rooibos is– verbindings in plante wat bekend is vir hul gesondheidsvoordele.  Dié is natuurlik kafeïenvry en bevat geen byvoegings, preserveermiddels, kleurmiddels of oksaalsuur nie.

Die volgende voordele hou Rooibos vir jou in:

  • ‘n Lae tannien inhoud: Anders as ander soorte tee, bevat die besonderse tee bitter min skadelike tannien.  Tannien kan met yster absorbering inmeng, veral in groepe mense met ‘n marginale yster status.  Insluitend babas en kleuters, tienermeisies, pre-menopousale vroue, ouer mans en vegetariërs.
  • Dit is kafeïenvry: Rooibos is natuurlik kafeïenvry. Dit word dikwels aanbeveel vir mense wat sukkel met prikkelbaarheid, hoofpyn, versteurde slaap patrone, slapeloosheid, senuspanning, ligte depressie of hoë bloeddruk omdat dit kafeïenvry is en ‘n kalmerende uitwerking op die sentrale senustelsel kan hê.
  • ‘n Bron van antioksidante: Rooibostee bevat natuurlike antioksidante – ‘n groep vitamiene, minerale en plantstowwe of afvalchemikalieë wat help om die liggaam teen vrye radikale te beskerm.  Skade aan selle deur vrye radikale is deels verantwoordelik vir chroniese siektes soos kanker, hartsiekte en veroudering.  Hierdie antioksidante, wat natuurlik in Rooibos voorkom, maak wetenskaplikes en medici opgewonde, en navorsing word wêreldwyd gedoen om die spesifieke gesondheidsvoordele van dié tee te identifiseer.  Tot dusver is geen negatiewe gevolge aangeteken wat met die drink van Rooibos verband hou nie.
  • Rooibos bevat geen kilojoules nie: Rooibostee bevat ook klein hoeveelhede minerale soos kalsium, kalium, magnesium, yster, sink, natrium, koper, mangaan en fluoried.  Dit beteken die tee is ideaal vir mense op ‘n gewigsverlies-plan.  Rooibos het ook ‘n natuurlike soeter smaak as ander tees en is dus ‘n makliker plaasvervanger as baie ander kruietees.

Babas kan ook Rooibos drink

Rooibos vir ma’s en baba’s:

Dit verlig luier uitslag en verminder velirritasie as dit met elke doek ruiling aangewend word.  Die tee het ‘n kalmerende uitwerking op baba’s wat aan koliek, maagkrampe en aan  rusteloosheid ly. Die afwesigheid van kafeïen beteken swanger vroue kan heeldag lank die tee drink sonder om die naarheid, sooibrand en slapeloosheid wat tipies met swangerskap gepaard gaan,te vererger.

Drink Rooibos na oefining

Rooibos vir fiksheidsbewuste mense:

As ‘n dorstlesser kan Rooibostee ná oefening geniet word.  Dit is heerlik en bevredigend – op sy eie of gemeng met vrugtesap.  Die tee is natuurlik verfrissend omdat dit geen kafeïen, suiker of byvoegings bevat soos die meeste ander koeldrank of sportdrankies nie.  Die minerale in Rooibostee is ‘n bykomende voordeel wat help om die liggaam se natuurlike balans ná oefening te herstel. Rooibos is dus ideaal vir vloeistof vervanging tydens en ná oefening.

Geniet 'n koppie Rooibos

Loer by hulle aanlyn-winkel in

‘n Verskeidenheid Rooibos-produkte en -geskenke is by hul aanlyn-winkel te koop.  Besoek www.shop.rooibosltd.co.za vir meer inligting oor die produkte en pryse.

Slaap rustig met Rooibos

Artikel Krediet:

  • Teks: René Hermans
  • Fotografie: Verskaf deur René Hermans