Ons kuier by Salon 58

Jackie Burger het haar eerste Salon 58 soiree in Stellenbosch gehad op 18 April. Nie eens vyf minute in Jackie se toespraak nie, was dit bekend dat die gaste daar is vir ‘n oggend van verkenning, leer en baie pret.  Jackie het die idee gekry oor die unieke besigheid toe sy dink dat vroue te besig geraak het om met ander vroue te kommunikeer om van mekaar se energie te voed. MAC Kosmeties’ se Michelle-Lee Collins het vir die dames gedemonstreer hoe om lipstiffie reg aan te sit voordat gaste ‘n verskeidenheid kleure uitprobeer het. Tammy Frazer van Frazer Parfuum het die dames voorgestel aan die wêreld van natuurlike en organiese parfuum en Alwijn Burger van Blomboy het elke gas gehelp om hulle eie mini blommerangskikking te maak met hulle gunsteling blomme en sodoende ook ‘n foto van elke dame en haar gunsteling blom rangskikking as gedenkteken.

Die Leuse van Salon 58 is om nuwe ontwerpers blootstelling te gee en dit is wat Jackie Burger gedoen het tydens haar tyd aan die hoof van Elle Tydskrif Suid-Afrika. In die loop van die oggend het Hannerie Visser van Studio H ‘n demonstrasie gedoen met vier ruik en proe parings met kos wat voorberei is deur Jade de Waal. Jackie het gesê soos die dag ontvou het, was sy geïnspireerd deur twee kragtige kragte wat hier gespeel het en dit was die sterkte en Skoonheid van die dames wat hulself toegelaat het om nuwe dinge te ervaar en sodoende nuwe paadjies onthul het sodoende ook nuwe dinge ondervind het.Daar was nog so baie wat ons wou insit, maar dan sal ons vir dae lank tik en niks gedoen kry hier by die Mooi Leefstyl Kantoor nie.

Salon 58 se volgende soiree, Bare, sal plaasvind op Saterdag, 23 Mei 2015 by die P.J. Olivier Arts Centre in Stellenbosch. Kliek hier om Salon 58 se webtuiste te besoek.

Salon 58jackie burgersalon 58salon 58jackie burgersalon 58salon 58salon 58salon 58salon 58salon 58salon 58jackie burgerjackie burgersalon 58Studio 58 soos gesien op www.mooileefstyl.co.za_0016salon 58salon 58salon 58salon 58Salon 58Salon 58Salon 58salon 58salon 58salon 58