Skin Affair se geheime bestanddeel velsorg produkte

By Mooi Leefstyl is ons opgewonde om Skin Affair se velsorg produkte aan ons lesers bekend te maak.  ʼn Goeie velsorg-roetine is uiters belangrik en Skin Affair het ʼn geheime bestanddeel.  By Mooi Leefstyl verstaan ons die belangrikheid van ʼn goeie velsorg-roetine en wil ons jou motiveer om een te hê.  Ons almal wil graag goed voel oor ons self.  Die afgelope twee weke gebruik ons Skin Affair se organiese vogroom en hul hidrerende serum.  Ons kon binne ʼn paar dae ʼn verskil voel en sien.  Jou vel voel gesond, gevoed en lyk sommer meer gloeiend.

Soos mens ouer word sal mens se vel deur verskeie veranderinge gaan.   Die produksie van kollageen neem af.  Jou sel omset vertraag en die dermale struktuur van ons vel word on-georganiseerd.  Gelukkig het Skin Affair die belangrike bestanddeel ontdek om hierdie eienskappe onmiddellik te verbeter.  Dit staan bekend as Gatuline® Expression.  Skin Affair  het hierdie bestanddeel deel gemaak van hulle reeks produkte.

Jare lank het die meeste velsorg produkte se bestanddele gefokus op die herstel en stimulering van kollageen.  Handelsmerke het egter die area rondom kollageen en argitektuur van die dermis geïgnoreer, maar nie probleme soos die ruheid van die vel aangespreek nie.  Gatuline®-Expression is ʼn natuurlike uittreksel van die Acmella-blom.  Hierdie uittreksel is gerig op sel kommunikasie.   Dit is om jou dermale argitektuur stywer te maak en te organiseer.   In eenvoudiger terme, dit is unieke eienskappe wat ʼn gladde en jeugdige effek het.  Dieper plooie word sigbaar verminder en die digtheid van die vel verhoog.  Hierdie bestanddeel verstewig die vel onmiddellik na die eerste gebruik.  Ons vertel jou meer oor Skin Affair se produkte hieronder.

Skin Affair - We Love Your SkinSkin Affair - We Love Your Skin

Gatuline®-Expression:

Bekend as die Acmella-blomme-uittreksel.  Dit is ʼn natuurlike aktiewe middel wat onmiddellike verbetering in die oog-kontoer bring.  Hierdie bestanddeel verminder jou uitdrukking-lyne en gesigs lyne.  Dit is ʼn soort “natuurlike botox” wat die volgende resultate het:

– Dit skep ʼn soepel vel.
– Verminder plooie.
– Verhoog fermheid.
– Lewer onmiddellike resultate.

Skin Affair - We Love Your Skin Skin Affair - We Love Your Skin

Skin Affair produkte wat die bestanddeel insluit:

Met groot voordele en onmiddellike bevrediging, is Gatuline® Expression die nuutste gewilde bestanddeel wat die velsorg bedryf bied.  Skin Affair is een van die min handelsmerke wat hierdie wonder bestanddeel in sommige van hul produkte insluit. Produkte wat dit insluit word hieronder gelys:

Illuminating Hydrating Serum:

Skin Affair het die eerste in sy soort, die Gatuline Infused Illuminating serum, bekendgestel.  Deur die anti-oksidant krag van vitamiene te meng met die genesende krag van organiese olies en vrugte-ekstrakte.  Hierdie liggewig serum is ʼn delikate balans van basis olies. 

Dit verminder die voorkoms van uitdrukkings lyne.  Maak die veloppervlak sigbaar glad.  Dit gee ʼn jeugdige gloed tot jou vel.  ʼn Veilige alternatief wat nie op komiese basis gebaseer is op botaniese plante nie.  Dit verbeter die oog- en lip kontoer vir ʼn gesonde, stralende vel.

Nourishing Cream Mask:

ʼn Voedende room masker verryk met Baobab-olie om die vel glad en balanseer vir ʼn vogtige en egalige gelaatskleur.

Organic Moisturising Cream:

ʼn Organiese bevogtigende room wat ʼn ontwaterde vel voed vir onmiddellike straling en gloed.  Bevat ʼn natuurlike Pre biotika wat die mikro-organismes van die vel balanseer om die vel gesond te hou.

Light Organic Moisturiser:

ʼn Ligte organiese bevogtiger.   Die nie-vetterige formule bied die hele dag bevogtiging, geskik vir alle vel soorte.  Bevat ʼn natuurlike Pre biotika wat die mikro-organismes van die vel balanseer om die vel gesond te hou.

Skin Affair - We Love Your Skin Skin Affair - We Love Your Skin Skin Affair - We Love Your Skin Skin Affair - We Love Your Skin

Koop Skin Affair:

Skin Affair se toewyding tot die planeet begin met die gebruik van organiese bestanddele.  Bestanddele van organiese boere wat gesonde en etiese, ekologiese beginsels gebruik wanneer hulle boer.   Hulle hele reeks produkte is vry van wreedheid en vegetaries vriendelik.  Dit is altyd goed om te weet dat ʼn produk nie getoets word op diere nie.

Volg Skin Affair op Instagram en Facebook.  Besoek ook hul webtuiste vir meer informasie oor hul produkte of om hul produkte aanlyn te koop.  Teken in vir hul nuusbrief om 10% afslag op jou eerste aankoop te kry.

Skin Affair - We Love Your SkinSkin Affair - We Love Your Skin Skin Affair - We Love Your SkinSkin Affair - We Love Your Skin

Artikel Krediet: