Essensiële produkte vir gesofistikeerde sjef

Daar is niks so spesiaal as om ʼn geskenk vir iemand te koop wat jy verseker weet hul sal van gebruik kan maak.  In die inskrywing deel ons ʼn handelsmerk waarmee Mooi Leefstyl se lesers bekend sal raak, Sophisticated Chef.

Julle sal leer dat Sophisticated Chef essensiële produkte vervaardig wat gebruik kan word in die kombuis en self op die lyf.   Onder andere bevat hul hand reinigers essensiële olies wat nie so hard is op die hande nie.  Dit is ʼn groot bonus veral omdat ons nou meer gereeld ons hande moet was.

Hul produkte is baie stylvol verpak en boonop gesond, die perfekte geskenk om iemand spesiaal te bederf.  Julle sal hieronder meer lees oor Sophisticated Chef. Deel asseblief die inskrywing wyd-en-syd.

Wanneer was Sophisticated Chef gestig?

Sybil Doms is die eienaar van Sophisticated Chef wat in 2015 gestig is.

Wat was die inspirasie agter Sophisticated Chef se naam?

Die naam was deel van my eie handelsmerk wat ek al in 2012 begin het as ʼn Privaat sjef/stilis. Die idee was om iets meer “premium en bespoke” te begin waarna baie “foodies” hunker.  Ons het eers begin met dienste soos Privaat sjef, stilering, kelners en personeel.  Waarna ek my produk ontwikkeling ook begin het in 2017.  Meer inligting kan jy hier klik om meer te lees.

Hoeveel verskillende produkte Sophisticated Chef?

Tans het ek so 10 produkte.  Die idee van die produkte is om daardie essensiële produkte te wees wat jy altyd gebruik in jou kombuis en moet hê.  Niemand kan sonder goeie olyf olie nie.  Jy moet kort kort jou hande was en ontsmet …. En dan ook kliente wil ook hê hulle kombuis moet darem lekker vars ruik na hulle kos gemaak het.  Daardie is maar ʼn paar voorbeelde van die verskillende produkte wat ons het.

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

Ek het vir ʼn hele paar jaar ‘ge-source’ toe ek vir Rooi Rose en ander produksies gewerk het as assistent stilis.  As stilis het ek gehelp om baie goeie plaaslike produkte te ontdek.  Ek het dan met die vervaardigers verhoudings begin op bou en saam besluit om dan produkte te ontwikkel.

Waar kan ons lesers julle produkte koop?

Al ons produkte is aanlyn beskikbaar as ook by TLC on the Track in Johannesburg, Gerber & Co Padstalle, in Simondium en Bitterfontein.  Dan is dit ook beskikbaar by ʼn paar ander klein besighede soos Bongilicious Mobile Spa JHB , Kirsty Ann Artistry JHB www.kirstyanne.co.za en Hanneke Eloff, Shop 24 Seaside Village Blouberg.

Wat is julle gewildste produkte?

Definitief my Zesty Handreiniger wat versagtende essensiële olies bevat.  Dit laat jou hande nie net laat lekker ruik nie, maar ook nie so hard op die vel is nie.

Dan my hand gemaakte Sitroengras en tiemie seep.   Dit is ontwikkel is deur ʼn vervaardiger in Potchefstroom wat nog ʼn resep is van haar ouma af!  Dit werk soos ʼn droom vir mense wat sukkel met ekseem en sensitief is vir enige tipe seep.  Alles is natuurlike en bevat net die beste essensiële olies.

My olyf olie en olywe is altyd staatmakers ook!

Word julle produkte plaaslik vervaardig?

Soos genoem werk ek net met plaaslike vervaardigers.  Hierdie vervaardigers spesialiseer in produkte wat ek dink baie potensiaal het wat hulle vervaardig en ek dan help met die bemarking en verkope. Meeste van die vervaardigers is ook besit deur vrouens wat ekstra inkomste maak vir hulle en hulle gesinne.

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers Sophisticated Chef volg op sosiale media?

Op Instagram en Facebook

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers Sophisticated Chef kontak?

Die beste is om vir my epos te stuur info@sophisticatedchef.co.za

Artikel Krediet

Fotograaf van produkte: Nicky Barber