Die Mooi Leefstyl Storie

<>

DIE MOOI LEEFSTYL STORIE:

<>


 <>

Na die sukses van ons bekende suster aanlyn publikasie, Mooi Troues, het ons besluit om ons vlerke bietjie te strek en leefstyl inspirasie ook te bied op ‘n aparte leefstyl webblad. Mooi Leefstyl is ‘n hoë- gehalte Suid- Afrikaanse aanlyn leefstyl publikasie. Met vandag se besige samelewing is dit belangrik dat lesers maklike toegang kan verkry tot ‘n verskeidenheid inspirasie- idees vir die alledaagse leefstyl keuses. Mooi Troues bied lesers juis dít.

Lesers het gratis toegang tot ons inskrywings enige tyd en enige plek en hoef nie eers daarvoor te registreer nie. Alle inskrywings word in Afrikaans publiseer en ons meerderheid lesers is Suid- Afrikaans, alhoewel Mooi Leefstyl wêreldwyd beskikbaar is.

Ons fokus op die Suid- Afrikaanse lesers en deel alles wat mooi is van Suid-Afrika met jou. Ons maak gebruik van bydraer-dienste, soos gratis druk bare ontwerpe, gestileerde inspirasie en selfdoen idees. Dit is vir ons baie belangrik om oulike idees en besighede met ons lesers te deel wat hulle kan gebruik maak van in hulle daaglikse leefstyl. Ons is passievol oor nuwe talent en hou ook daarvan om nuwe talent die kans te gee om hulle werk op Mooi Leefstyl te deel met ons lesers.

Van die top diensverskaffers in Suid- Afrika se besonderhede is maklik bekombaar op Mooi Leefstyl se webtuiste. Indien lesers voel daar is inligting wat nie beskikbaar is op ons webtuiste nie is hulle meer as welkom om ons deur middel van sosiale netwerke of per e-pos te kontak. Ons sal ons bes probeer om hulle te help, sonder ‘n fooi.

Ons hoop julle geniet die webtuiste só dat julle ons idees en passie met ander ook sal deel.