Stylvolle hout meubels & produkte

Hier by Mooi Leefstyl deel ons graag met ons lesers die hout meubels en produkte van ARK Whorshop.  Dié besigheid is begin deur ʼn Pa en Dogter duo.  Hulle glo hul meubelstukke moet ʼn leeftyd hou en nageslagte moet nog ook herinneringe maak in ʼn doelgerigte spasie.

Persoonlike versoeke is welkom en verwaardig items volgens jou unieke spesifikasies, so is dit nie ʼn “koekiedrukker” besigheid nie.  Hulle doen ʼn groot verskeidenhied hout produkte van houtlepels, kaasborde, skinkborde, tydskrif tafels, stoele, beddens en veler meer net waaraan jy moontlik kan dink.

Rol af en waardeer die foto’s van ARK Workshop se produkte.  Kontak Imari om jou unieke meubelstuk te bestel of self ʼn koekstaander as geskenk.

ARK Workshop ARK Workshop ARK Workshop

Wanneer was ARK Workshop gestig?


Imari de Waal het die besigheid saam met haar pa, Pieter Crous in 2016 gestig.

ARK Workshop ARK Workshop ARK Workshop

Wat was die inspirasie agter ARK Workshop se naam?


Mense dink eerste aan Noah se ark maar die verbondsark was die Isrealiete middelpunt terwyl hulle getrek het na Israel.  Ark beteken “in God se teenwoordigheid” net soos Aaron in God se teenwoordigheid was wanneer hy in dientabernakel gestap het waar die ark was.  Ons wil ons besigheid hardloop in God se teenwoordigheid.

ARK Workshop
ARK Workshop ARK Workshop

Hoeveel verskillende produkte het ARK Workshop?


Ons het ʼn meubel- en hout kombuisware reeks.

Die meubels sluit van beddens tot koffietafels in.  Ons grootste meubel verkope is om persoonlike versoeke van kliënte te ontwerp en te vervaardig.  Dit sluit oppervlaktes vir kombuis kaste en rakke in.

Ons kombuisware reeks sluit van hout borde tot koekstaanders in.  Hierdie is gewoonlik ʼn treffer as geskenke.

ARK Workshop ARK Workshop

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?


Ons kyk graag na ander ontwerpers in verskeie industrie vir inspirasie.  Dan kombineer ons verskillende idees om by ons eie unieke ontwerp uit te kom.  Ons vind graag inspirasie in alledaagse lewe.  Ons bly in een van die mooiste plekke in die land en vind inspirasie in die natuur en oudhede.  Ook luister ons na wat ons kliente wil he en ontwerp dan daarvolgens.

ARK Workshop ARK Workshop

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers ARK Workshop se produkte koop?


Aanlyn by arkworkshop.co.za

ARK Workshop ARK Workshop

Wat is ARK Workshop se gewildste produkte?


Mense is mal oor ons hout borde en slaailepels.  Ons nuwe koekstaanders en groot “butchers blocks” is ook ʼn gunstellinge.  Mense hou baie van ons bedkassies en ons nuwe smal lessenaar wat mense as ʼn gang tafel of ʼn televisie tafel gebruik.

ARK Workshop ARK Workshop

Word ARK Workshop se produkte plaaslik vervaardig?


Ons fabriek is op ons familie plaas buite Wolseley in die Boland.  Ek onwerp die produk en hardloop deur ʼn paar prototipes om die ontwerp in lewende lywe te sien.  As die produk dit deur hierdie fase maak dan ontwerp ek en die vakmanne die vervaardigingsproses vir die produk.  ARK het baie talente vakmanne en op hierdie stadium mag ons die produk aan pas om die vervaardiging te vereenvoudig.

ARK Workshop ARK Workshop

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers ARK Workshop volg op sosiale media?


ARK Workshop ARK Workshop

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers ARK Workshop kontak?


Per epos: imari@arkworkshop.co.za of per foon: 082 530 5941

ARK Workshop ARK Workshop

Artikel Krediet: