Luukse beddegoed vir ‘n gemaklike slaap ondervinding

Ons is mal oor beddegoed en huis dekor in die algemeen. Dit is beddegoed vir ‘n gemaklike slaap ondervinding. ‘n Goeie nagrus speel so ‘n groot rol in ‘n mense se daaglikse lewe.  As mens nie lekker slaap nie, is jy sommer nie lekker die volgende dag nie.  Beddegoed maak ‘n groot verskil en om gemaklik te wees as jy slaap is uiters belangrik.  Dink net aan die gemaklikheid as jy ‘n t-hemp dra?  Nou dink net hoe goed sal ‘n t-hemp materiaal beddegoed voel!  Ons gesels met T-Shirt Bed Co. wat gestig is in 2016 deur vriendinne, Tamzin van Staden en Jackie Lowe.  Geniet hierdie artikel en lees meer oor Huis & Tuin advies op Mooi Leefstyl.

luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton

Vervaardiging:


Vanaf die begin was die volle reeks plaaslik vervaardig.  Hulle materiaal kom ook vanaf Kaapstad, waar dit gaan gemaak word deur hul span in Kaapstad.  Dit word dan gestuur na hulle Kaapstad pakhuis gesuur.  Vanaf die pakhuis word dit dan versprei na die verskaffers.  Hulle het ook ‘n tweede vervaardiger bron oop gemaak in Mauritius wat groot deels die internasionale mark sal voorsien.

luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton

Reeks Produkte:


T-Shirt Bed Co. het ‘n volle reeks beddegoed beskikbaar in nege verskillende kleure.  Dit sluit in duvet oortreksels,  lakens, strooikussings, reiskussings, ‘n volledige reeks bababedjies en dan is hulle is ook besig met ‘n nuwe pajama-reeks.

luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton

Unieke Produkte:


Al T-Shirt Bed Co. se produkte is baie uniek.  Dit is gemaak van luukse t-hemp materiaal!  Dit lyk nie net mooi nie, dit is die mees luukse en gemaklike slaap ondervinding.  Hul kliënte slaap dieper en langer as ooit tevore, volgende  T-Shirt Bed Co.  Die materiaal beweeg saam met jou liggaam – so jy hoef nie rond te krap in die aand nie.  ‘n Bonus – die materiaal kreukel nie soos ander materiale nie, so jou bed is altyd perfek! Dit is warm in die winter en koel in die somer as gevolg van hulle 100% katoen inhoud.  Die linne het ‘n 800 draad telling wat baie indrukwekkend is.  Jy hoef dit nooit te stryk nie – was dit en laat dit droog word en dit is die einde!

luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton

Beddegoed tendense:


Hulle is mal oor buitengewone gewone kleure in die slaapkamer.  Die gebruik van kleur in beddegoed soos ‘n diep houtskool kleur skep ‘n dramatiese indruk.  Sonder dat jy enige ander dekor hoef te verander.  Gebruik ook kontraste wanneer dit kom by jou bed.  Dit laat die kamer onmiddellik uitstaan en trek jou aandag.   ‘n “Deurmekaar” bed is net so mooi.  Hulle is mal oor ‘n veer gevulde bed en oor-grootte kussings om die bed.  Moet ook nie skaam wees om jou laken te wys nie.  Laat hang jou beddegoed tot op die grond.

luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton

Koop nou:


Koop aanlyn op T-Shirt Bed Co. se webtuiste – www.tshirtbed.com.  Volg hulle op Facebook en Instagram vir die nuutste tendense en produk vrystellings.

luxurious 100% cottonluxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton

Advies vir Entrepreneurs:


“Ek sou sê dat die grootste advies wat ek kon gee, is om nie bang te wees vir iets nie, al is u begin begroting is laag.  Begin klein, maak 20 eenhede as u alles kan doen en toets die mark voordat u, u besparing in u lewensduur afneem in ‘n idee!  Organiese groei is fantasties, dit stel u in staat om u produk te leer ken, foute te beperk en stadig maar veilig te groei.

Weet dat die lewe as ‘n entrepreneur nooit maklik of vervelig sal wees nie.  Daar sal altyd iets wees om uit te sorteer, kontantvloei kwessies, tyd-vertragings, maar as u dit as ‘n uitdaging sien en dit aanvaar as deel van die vreugde om u eie te besit dit raak eintlik lekker!  Ons gunsteling woord is ‘Hustle’.  Speel jou gunsteling liedjie, drink ‘n sterk koffie en laat dit gebeur!

Ons glo as u alles met ‘n groot positiewe energie doen en u span soos ‘n gesin behandel, sal die res vloei.”

luxurious 100% cotton luxurious 100% cotton

Artikel Krediet

  • Foto’s verskaf deur T-Shirt Bed Co.