Teff & klapper sjokoladekoek

Mira Wiener het met ons ʼn hele paar gesonde lip-lek-lekker resepte gegee wat ons met Mooi Leefstyl se lesers gedeel het.  In die inskrywing deel ons ʼn resep van ʼn sjokoladekoek gemaak van teff en klapper.

Hoe interessant klink die gesonde alternatief nie.  Boonop kan jy die hele koek voorberei en bak in ʼn uur.

Ons lesers kan nou afrol en meer van die gesonde alternatief van ʼn sjokoladekoek lees.

Storie en voedings aantekeninge

Teff is ʼn natuurlike gluten vrye antieke super graan met ʼn lae glukemies indeks.  Dit is regtig ʼn wonder graan vir enigiets van brood en pasta tot koekies, muffins en koeke.  Dit het ʼn pragtige aardse en neutagtige geur so dit kan gebruik word vir beide soet en sout geregte.

Teff is propvol vesel en proteïene, asook ʼn verskeidenheid van noodsaaklike vitamiene en minerale.  Dit is ryk aan kalsium, magnesium, yster en vitamien C en is baie voordelig vir bloedsuikervlakke, vertering en inflammasie.

En hierdie een is ʼn neut vrye weergawe ook!

Kom ons bak ☺

Bestanddele:

  • 1 koppie teff meel
  • 1 koppie grond klapper (sit klappervlokkies in ʼn blender) *
  • ¼ koppie tapioka meel
  • ¼ koppie rou kakaopoeier
  • ½ koppie klappersuiker
  • 1 teelepel koeksoda
  • 2 groot of 3 klein vlekkerige piesangs, fyngedruk
  • ½ koppie volvet klappermelk
  • 1 teelepel appelasyn (met ‘die Moeder’)
  • ½ koppie onverfynde klapperolie, gesmelt
  • 1 teelepel kaneel
  • ½ teelepel suiwer vanielje-ekstrak (opsioneel)
  • Knippie sout

Plaas klappervlokkies in ʼn voedselverwerker/blender (ek gebruik ʼn Nutribullet en dit werk goed). Pols tot ʼn growwe meel gevorm word. Die klapper moet nie te fyn wees nie. Moenie te veel meng nie, anders word dit ʼn pasta.

Metode:

Ek het hierdie resep as ʼn koek en ʼn brood gemaak, dus werk dit uitstekend met versiersel of selfs as ʼn brood gesny en bedien met neut-botter en esdoringstroop.  Meng goed.

Ek gebruik ʼn mini konveksie oond wat werk soos ʼn bom en jy hoef nie ʼn jou oond te voorverhit , maar as jy ʼn groot oond dan voorverhit die oond tot 180C.  Meng die teff-meel, klapper-meel, tapioka, kakaopoeier, klappersuiker, kaneel en sout saam in ʼn bak.  Meng die olie, appelasyn en vanielje in ʼn aparte bak. Sodra gemeng voeg die fyngedrukte piesang dan by.  Vou die nat bestanddele stadig by die droë bestanddele in om klonte te voorkom. Voer ʼn bakpan (23cmx7cm) uit met bakpapier en bak dit 45 minute op die middelste rak van die oond (sodat die koek nie bo-op brand nie).  Laat afkoel voor versiersel op gesit word.  Die versiersel kan in die yskas stol terwyl die koek afkoel.

Bestanddele vir versiersel:

  • ¾ koppie vol vet kokosmelk
  • 1 koppie grof gekapte (verfynde suikervrye) donker sjokolade van goeie gehalte , of jy kan 2-3 eetlepels rou kakaopoeier, 1 eetlepels rou kakao-pasta + ¼ koppie suiwer esdoringstroop gebruik.
  • Knippie fyn gemmer
  • Knippie pienk Himalaja-sout

Metode vir versiersel:

Verhit die klappermelk stadig op lae hitte tot net voor kookpunt.  Draai die hitte af en voeg die donker sjokolade of vervang met rou kakao poeier, rou kakao pasta en esdoringstroop.  Meng die gemaalde gemmer en pienk Himalaja sout versigtig.  As dit te dik is, kan jy dit met ekstra klappermelk verdun.  Laat toe om af te koel.  Sodra dit afgekoel het, kan die versuiker in die yskas stol sodat dit dik word.

Die resep wat hier uitgebeeld word, is twee koeke gestapel met versiersel en frambose op die onderste koek, en die boonste koek is versier en bedek met vars bessies: kersies, bosbessies, swartbessies, frambose, gesnyde aarbeie en eetbare blomme. Bedien met ʼn skeppie geklopte klapper room vir die beste ervaring!