Die nuutste modes uit ʼn boks

Hier by Mooi Leefstyl deel ons graag met ons lesers graag oulike besighede van Suid-Afrika.  In dié inskrywing deel ons met julle ‘n besonderse inisiatief, nuutste modes uit ʼn boks, wat verseker baie groot gaan word na die hele pandemie waar in die wêreld is.  Almal hou van nuwe kledingstukke, maar soms is ons skrikkerig om na ‘n winkelsentrum te gaan.

The Box Fashion probeer dit so gerieflik moontlik te maak vir hul kliënte om elke seisoen die nuutste modes in ‘n boks te ontvang reg by hul deur.  Boonop sluit dit ook ‘n styl-gids in met praktiese wenke om te help om die items bymekaar te sit.

Mooi Leefstyl se lesers kan lekker hieronder oor The Box Fashion lees en daar is genoeg mooi foto’s om na te kyk.   Bestel sommer ook dan jou nuutste modes uit ʼn boks.  Geniet dié inskrywing en onthou asseblief om met al jou vriendinne te deel dan vergelyk julle, jul nuutste modes uit ʼn boks.  Hier in die artikel is ‘n kort YouTube video wat wys hoe lyk modes uit ‘n boks bymekaar gesit word.

Wie het The Box Fashion gestig?

The Box Fashion is ʼn sustermaatskappy van die versekering verskaffer, Platinum Life.  In 2013 het Winessa Potgieter The Box Fashion gestig terwyl sy vir Platinum Life gewerk het en deel was van ʼn enterperneursgroep waar sy met die idee opgekom het.  Daardie jare was intekening-dienste nog ʼn nuutjie in Suid Afrika, maar die idee van ʼn intekeningboks gevul met mode-bykomstighede het vinnig vlam gevat en in 2016 is Jacolene Combrinck as die hoof uitvoerende beampte aangestel.  Beide Jacolene en Winessa is gekwalifiseerde styl- en mode konsultante vanaf SA Image Acadamy en saam sit hulle elke seisoen bokse bymekaar vir die vrou wat nie noodwendig die tyd of toegang het tot die nuutste modeneiging nie, maar steeds goed wil lyk en voel.

Wat was die inspirasie agter The Box Fashion se naam?

Die naam was oorspronklik The Box – Winessa wou dit kort en kragtig hou, maar weens handelsmerk regulasies moes sy dit verander na The Box Fashion.  Soos daar meer intekening-dienste ontstaan, veral na die KOVID-19 pandemie, is die beskrywende naam perfek om onderskeid te tref in die mark.  Met die nuutste bykomstighede en styl wenke wat elke seisoen afgelewer word by mens se deur, is dit tog soos “fashion” in ʼn boks!

Hoeveel verskillende produkte het The Box Fashion?

Elke seisoen bring The Box Fashion bokse uit wat gebaseer is op die nuutste modeneiging en kleure van ʼn seisoen.  Die bokse sluit gewoonlik ʼn kombinasie van luukse bykomstighede soos handsakke, serpe, hoede, belde en juwele in.  Kliënte het die geleentheid om tussen 4 verskillende klaar saamgestelde bokse te kies en daar is definitief iets vir almal!  Van meer klassieke, fyner bykomstighede tot “trendy” items vir die mode entoesias.  The Box Fashion het ook onlangs ʼn boks met bykomstighede vir die voller figuur geskep of as mens van meer kunssinnige en bonkige juwele hou.

Die idee is om dit so gerieflik as moontlik vir kliënte te maak, sodat hulle alles wat hulle nodig het vir die seisoen in een boks ontvang. Dit is ook baie meer volhoubaar en ekonomies om slegs mens se bykomstighede elke seisoen uit te ruil eerder as om mens se hele klerekas te omskep. Statistieke dui aan dat meeste vrouens net 20% van hulle klerekas, 80% van die tyd dra. Daarom sluit die bokse ook ʼn styl-gids in wat vrouens praktiese wenke gee oor hoe om nuwe lewe in hulle staatmaker items te blaas slegs deur om dit met hulle The Box Fashion bykomstighede te stileer.

Kyk gerus hierdie kort video:

 

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

As mens na mode films kyk, lyk dit soms asof modeneiging deur een person gekies word wat sê of ʼn item “hot” of “not” is.  Dit is gelukkig baie ver weg van die werklikheid in die modebedryf asook vir The Box Fashion.  Hulle binnehuis tendens-ontleders (“trend forecasters”) hou noukeurig internasionale modehuise, sosiale media “influencers” en artikels op tendens-webtuistes dop.  Die kuns is wel om ʼn tendens raak te sien en te interpreteer sodat dit by die Suid Afrikaanse mark aanklank vind.  Deur middel van marknavorsing en verskeie produkte toets, verstel en elimineer, besluit The Box Fashion dan presies wat hulle in ʼn boks gaan insluit en wat hulle dink ʼn mooi geheelbeeld vorm en sodoende hulle kliënte inspireer om die bykomstighede op ʼn unieke manier te stileer wat hulle identiteit weerspieël.

Waar kan ons lesers julle produkte koop?

Soos genoem, is The Box Fashion is ʼn intekening-diens. Jy kan ʼn lid word deur hulle webtuiste te besoek: https://theboxfashion.co.za/sluit-aan.  Na jy die vorm ingevul het, sal ʼn vriendelike konsultant jou kontak om die lidmaatskap formeel te bevestig.  Jy betaal dan jou boks af oor 3 maandelikse premies.  Na die derde betaling, kies jy jou boks wat jy wil ontvang.  Jy kan ook hulle produkte op hulle aanlynwinkel koop: https://theboxfashion.co.za/shop/ maar slegs kliënte kan die huidige seisoen se bykomstighede ontvang.

Wat is julle gewildste produkte?

Dit verskil van seisoen tot seisoen en boks tot boks, maar oor die algemeen is hulle handsakke en serpe van die gewildste produkte.  In winter seisoene is dit veral die dik “blanket scarves” en “ponchos” wat aftrek kry en tydens warmer seisoene is dit die lekker breë sonhoede en kimono’s wat moeiteloos saam met ʼn swem-uitrustings gaan.

The Box Fashion moedig ook kliënte aan om hulle eie stempel af te druk deur juwele te bied wat maklik vanaf ʼn oorbel na ʼn hangertjie kan verander soos gesien in hulle Havana Nights en Cuban Royale bokse wat een hangertjie en twee oorbelle insluit, maar op vyf verskillende maniere gedra kan word:

Word julle produkte plaaslik vervaardig?

Tans word The Box Fashoin produkte nog oorsee vervaardig, maar hulle probeer om plaaslike talent op ander maniere te ondersteun.  Hulle het ʼn plaaslike kunstenaar, Celeste Theron, gevra om ʼn eksklusiewe patroon vir hulle Havana Nights kimono te ontwerp:

Na die kimono se sukses, het Celeste ook ʼn ontwerp vir hulle Living Coral en Neo Nature bokse se sy serpe gedoen:

Terselfdertyd het hulle ook plaaslike ontwerper, Judith Atelier, se ontwerpe teenoorgestel saam met die reeks en sommer vir Judith en Celeste gevra om ook model te speel!

Hulle het ook ʼn skouermantel of “cape” plaaslik vervaardig in samewerking met CMT (Cut-Make-Trim) eienaar, Zelmari du Preez.  Dit is wel nie maklik of baie keer eens haalbaar vir meeste plaaslike vervaardigers om die volumes wat The Box Fashion vereis te verskaf nie, maar hulle is positief dat in die nabye toekoms, sal hulle hierdie brug kan oorkom en meer plaaslike produkte by hulle bokse insluit.

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers The Fashion Box volg op sosiale media?

Volg The Box Fashion op hulle sosiale media platforms:

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

Vir enige navrae, besoek gerus The Box Fashion se webblad: www.theboxfashion.co.za

Of kontak hulle via e-pos: info@theboxfashion.co.za

Of skakel hulle kliëntediens nommer: 0860 117 536

Artikel Krediet
Modelle:
Plekke: