Eerste Tuinweek in Stellenbosch, pronk met kulturele aktiwiteite

Eerste Tuinweek in Stellenbosch, pronk met kulturele aktiwiteite soos praatjies, toere, kuns, wyn en kos.  Stellenbosch, Suid-Afrika se gunsteling stad-van-eike, maak gereed om tuiniers en diegene wat mal oor die buitelewe is, se voete onder hulle uit te slaan met ʼn nuwe weeklange fees van 30 September tot 10 Oktober, wat die strate en omliggende landskappe sal omtower.

Een van die vele hoogtepunte is ʼn eerste ooit wynland-ervaring, waar Jan Hendrik van der Westhuizen, die SA Michelin-ster sjef, sal optree.

Die eerste Tuinweek Stellenbosch – geïnspireer deur die wêreldbekende blomfees in Girona, Spanje – sal alles insluit: van tuinbou-toere tot landskapkuns, eet en stap en musikante wat in spesiale plekke optree.  Lees meer hieronder.

Besoek Stellenbosch:

Behalwe die klomp hoogtepunte vir flora- en Moeder Natuur-entoesiaste, sal daar ook ʼn blom parade wees, wat Tuinweek Stellenbosch op 30 September amptelik sal afskop.

Die geleentheid is ʼn inisiatief van Visit Stellenbosch, ʼn bestemming bemarking-organisasie wat die streek se toerisme belanghebbendes insluit, wat toerisme- en ervaring-ekonomie groei ten doel het, om alle gemeenskappe tot voordeel te strek.

Dit verteenwoordig ook die samewerking tussen veelvuldige plaaslike ondernemings, waaronder restaurante en aktiwiteit-verskaffers, sowel as Stellenbosch Wynroetes, Stellenbosch Munisipaliteit, Stellenbosch Visio, Stellenbosch Outdoor Sculpture Trust (SOST), Rama, Remgro, Candide-toep en Tuindag SA.

Verwelkom die Lente:

“Wat ʼn wonderlike manier om die lente te verwelkom met hierdie enig-in-sy-soort fees,” sê adv. Gesie van Deventer, Stellenbosch se uitvoerende burgemeester.  “Ek is self ʼn kranige tuinier en kry gereeld grond onder my naels en is mal oor die ongelooflike mooi tuine wat ons in die omgewing het.  Self het ek die voorreg gehad om inwoners te besoek wat baie trots op hul tuine is – van lowergroen ruie tradisionele tuine, tot slim waterwys en nuwe groen paradyse. Daarom moedig ek inwoners en besoekers aan om deel te wees van hierdie unieke geleentheid en om plaaslike toerisme en ervaring-ekonomie te ondersteun, ten bate van alle gemeenskappe.”

Nasionale Tuindag:

Tuinweek word net voor Nasionale Tuindag op 17 Oktober gehou en sluit die skoolvakansie in.  Saam het hul Tuinweek se opvoedkundige inisiatief, wat in vennootskap met Rama en New Life Microgreens gehou word, inspireer.  Microgreens gee aan kinders ʼn “Microshooter” – ʼn mikrogroen groeipakkie in ʼn houer.

Die projek is ʼn verlengstuk van Rama se werk met die Departement van Opvoeding, wat sedert 2017 onderneem word om skoolgaande kinders die waarde van goeie voeding te leer, via die Rama Good Breakfast-program.

“Ons is trots om met Microshooters hande te neem vir Tuinweek Stellenbosch, wanneer 6 200 skoliere elkeen ʼn Rama-houer vol geskenke sal ontvang, sodat hulle die wonderlike wêreld om goeie kos te kweek, kan ervaar,” sê Sasha Sathianatha, Rama se handelsmerk bestuurder. “Ons is geëerd om deel van hierdie inisiatief te kan wees.”

Tuinweek sal ook verskeie installasies deur landskap-argitekte en plaaslike botaniese kunstenaars insluit.  Dit sal by landmerke regoor die dorp opgerig word en nie net deel van die vertoning wees nie, maar ook die dorp se goed-bewaarde geskiedenis huldig.  Een hiervan sal ʼn reuse installasie – ʼn plant-labirint by Die Braak, die dorp se hoofplein –  wees.

Winkelvensters op die dorp en plaaslike wynplase sal ook die tema met blom-uitstallings en groenigheid uitbeeld.  Daar sal ook spesiale aanbiedinge wees en plaaslike akkommodasie-verskaffers het afslag-pryse vir die duur van die fees.

Oop tuine en natuur-stappe:

Van die streek se mooiste publieke tuine sal vir besoekers oopgegooi word, waaronder die historiese Old Nectar-landgoed in die Jonkershoekvallei; die Dylan Lewis Beeldhoutuin in Paradyskloof; Spier wynlandgoed – wie se werkswinkels een vir kinders insluit – en Delaire Graff Landgoed.

Die eienaars van meer as 20 privaat-tuine neem ook deel.  Hul sal aan besoekers ʼn rare kykie gee in dié tuine wat gewoonlik ontoeganklik is.

Begeleide stappe sal aan die besoekers die geleentheid bied om saam met gidse te ontgin.  Terwyl die meer energieke besoekers dalk die fynbos-wildernis staptogte sal wil aanpak.

Praatjies en werkswinkels:

Die Stellenbosch Botaniese Tuine is ʼn erkende botaniese uitblinker en het ʼn spesiale program saamgestel, wat daaglikse staptogte en praatjies deur kenners insluit. Werkswinkels word ook gehou by die Rupert Museum; Blaauwklippen Wynplaas op die R44; Jordan Wyne; Spier wynlandgoed en by Babylonstoren – waar toere deur Ernst van Jaarsveld aangebied word.

Onderwerpe sluit onder meer blomrangskikkings, kleurkuns, fotografie, hoe om self plante te kweek en kennis oor bye in.

Die Stellenbosch Kunsvereniging bied ʼn botaniese teken-werkswinkel vir ontluikende kunstenaars aan.

Kos en wyn:

Stellenbosch is die hartland van Suid-Afrikaanse wyn en ook die tuiste van voorste sjefs en restaurante.  Hierdie reputasie sal gestand gedoen word in fees-geïnspireerde disse op spyskaarte, sowel as ʼn reeks tuin-en-wyn geleenthede.

Van die hoogtepunte is ʼn besonderse Finding Eden-ervaring saam met die Suid-Afrikaanse Michelin-ster sjef Jan Hendrik van der Westhuizen. Hierdie informele tête à tête vind plaas by die magiese katedraal van Blaauwklippen Estate.  Dit bevat ‘n ontdekkingsreis deur die tuine in Jan Hendrik se lewe. Van Le Jardin de JAN in Nice, Frankryk – sy Michelin-ster restaurant se nuwe potager tuin en piekniek-area.  Tot sy nuwe kulinêre speelterrein in die Kalahari en hoe die reis in JAN the Journal vertel word.

ʼn Ander Blaauwklippen hoogtepunt is ‘n sewe-gang Botaniese Banket wat deur JAN Innovation Studio in Kaapstad berei sal word en die JAN-ervaring vir die eerste keer na die Stellenbosse wynlande gaan bring.  Dis as’t ware ʼn tuiskoms; dis waar Jan Hendrik sy kulinêre opleiding ondergaan het en sy wynsmaak vervolmaak het.  Die maal sal verskeie elemente van sy bekroonde restaurante en ervaringe in Nice en die Kalahari insluit, by ʼn tafel wat deur die befaamde, blom-ontwerper, Alwijn Burger, oftewel Blomboy, geskep is.

Meer inligting

Die volledige Tuinweek Stellenbosch-program en kostes sal op 17 Augustus lewendig wees by https://www.visitstellenbosch.org/.

Andersins kan jy VisitStellenbosch by 021 886 4310 of epos info@visitstellenbosch.org kontak vir inligting.

Volg hutsteken #VisitStellenbosch op Facebook, Twitter en Instagram om die jongste nuus oor Tuinweek en ander gebeure te kry.

Artikel Krediet: