ʼn Tydlose Klerereeks vir die Veelsydige Vrou

Woman Designer Fashion

Die stigters van Tzofía het ʼn droom gehad om ʼn klerereeks te ontwerp wat meer as net ʼn basiese doel verrig, maar wat ʼn verlenging van elke vrou sal wees.  Hulle het oor die laaste 12 maande alles in hul vermoë gedoen om hierdie droom te bewaarheid, met die einddoel om vrouens se lewens te verryk en te vergemaklik.  Hierdie twee kreatiewe persoonlikhede ontwerp en vervaardig klere van besonderse kwaliteit en detail.  Maar, wat dit juis só spesiaal maak, is dat die kledingstukke ontwerp is dat dit verskillend deur elke kliënt geïnterpreteer kan word.  Dit beeld dus die veelsydigheid van vrouens uit en laat vrouens toe om hul eie individuele styl uit te leef.  Tzofía wil vrouens inspireer om die woord ‘perfeksie’ by die agterdeur uit te gooi en hul onvolmaaktheid te omhels.

Rol af vir tydlose items uit hul splinternuwe reeks, wat in Maart 2020 bekendgestel is.

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

Wie is die eienaar/stigter en wanneer was die besigheid gestig?


Tzofía is die droom kind van stigters, Jeanelle Pauw en Jana Robertson.  En het as ʼn opwindende idee in Desember 2018 begin blom.   ʼn Idee wat gevoed was deur ʼn gesamentlike passie om klere van besonderse kwaliteit en detail te vervaardig.  Dit is hul droom dat elke kledingstuk meer as net ’n basiese doel verrig, maar dat dit ’n verlenging van elke vrou sal wees.  Dat dit hul sal toerus om al hul drome na te jaag.

Oor die laaste 12 maande het hulle hard gewerk om dit ʼn werklikheid te maak en is hul baie opgewonde vir die bekendstelling van hul webtuiste en splinternuwe reeks, 20 Maart 2020.

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

  Wat was die Inspirasie agter jou besigheid naam?


Tzofía (Tso-phi-ja) is ʼn Hebreeuse variasie van Sofia.  Afhangend van die oorsprong beteken dit wysheid, vaardigheid en beskermer.  Tzofía verteenwoordig elke vrou, ma, dogter, suster en die brawe besigheidsvrou daar buite.  Vele keer word ons trots verbreek en selfbeeld vernietig deur pragtige woorde soos perfeksie.  Die Tzofía vrou omhels haar onvolmaaktheid, en gebruik en leer van haar so-te-sê tekortkominge om elke dag die beste weergawe van haarself te wees.

Dit was toevallig die eerste keuse vir baba dogtertjie name vir beide Jana en Jeanelle en deur Tzofía wil hul graag ʼn nalatenskap los vir elke dogtertjie en vrou dat hulle genoeg is en tot enige iets in staat is.

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

  Hoeveel verskillende ontwerpe het julle?


Die Tzofía reeks skop af met 6 opwindende style, elkeen so veeldoelig dat dit eintlik voel na baie meer.  Die idee van die reeks is dat dit deur die kliënt geïnterpreteer kan word.  Elke vrou maak dit haar eie deur hoe sy kies om dit dra en te stileer.   Ontwerpe strek regdeur die vier seisoene en hou ʼn paar verrassings in vir die lesers in.

ʼn Satori rok kan byvoorbeeld agterste voor gedra word om ʼn hele nuwe voorkoms te gee, en die deursigtige Elysian wat eintlik net ʼn stylvolle wasigheid is, kan gedra word  na ʼn formele funksie, maar sy baljaar net so gemaklik langs die swembad oor ʼn baaikostuum.

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

Waar of hoe vind julle Inspirasie vir jul ontwerpe?


Hul ontwerpers vind inspirasie in al die mooi waarmee hul omring word, die alledaagse dinge, die natuur, hul kuns-versierde werk omgewing, die interessante stede waarna hul reis, en selfs ʼn diep gesprek met ʼn vriendin kan ʼn nuwe ontwerp ontlok.

Die eerste reeks is gevul met plooitjies en voue wat ons herinner aan die Japanese origami kuns. Die ontwerpers het besluit om die tema vlerke te gee en raak in vervoering oor die patroon bedrukte lappe met name soos Graslande en Borreltjie-tee wat die seisoen se tema aanvul en komplimenteer.

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

Waar kan ons lesers julle ontwerpe koop?


Hulle Webtuiste (www.tzofia.co.za) word einde Maart bekend gestel en hul ontwerpe kan vandaar af bestel word.

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

Wat is julle gewildste ontwerpe?


Elke ontwerp is vir Jana en Jeanelle soos ʼn kindjie.  Dis onmoontlik om net een gunsteling uit te wys alhoewel hul besonders opgewonde raak oor die Kensho en Satori rokke.  Die name het onderskeidelik soveel betekenis en dit verteenwoordig die pad wat die twee ontwerpers moes stap om hierdie mooi besigheid op sy voete te bring.  Kensho en Satori style word vernoem na twee oomblikke in die Japanese kultuur.  Die Kensho oomblik strek oor ʼn lang tydperk, waar daar doelgerig en met deursetting vermoë gewerk word.  Terwyl die Satori na ʼn oomblik verwys wat skielik na die Kensho tydperk plaasvind, daardie opgewonde “Aha”-oomblik wanneer alles in plek val.

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

Word julle ontwerpe plaaslik vervaardig?


Die produksie proses was aanvanklik ʼn groot struikelblok vir die Tzofía span.  Dit is amper onmoontlik om ʼn vervaardiger te kry wat bereid is om in klein hoeveelhede te produseer.  Die ontwerpers het ʼn paar bloutjies geloop voordat hul uiteindelik reggekom het by ʼn plaaslike ontwerper in Johannesburg wat hulle nou akkommodeer in sy eie werkswinkel.  Dit is vir hulle ʼn groot deurbraak om die geleentheid te hê om op ʼn kleiner skaal te werk.  So kan hulle ʼn  “slow fashion” benadering kan handhaaf wat die reeks  baie meer eksklusief maak.

Kwaliteit en oorspronklikheid is van kardinale belang en klem word gelê op die fyn detail en afwerking.  Die handelsnaam, Tzofía word trots op die koper knopies vertoon en die etiket is gemaak van kurk leer waarop die naam gegraveer is.  Sakke word aangetref by elke ontwerp, die ontwerpers sê dis ʼn moet!

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

Waar kan ons lesers julle volg op sosiale media?


Jul kan Tzofía se reis volg op Instagram (@tzofiaonline) asook Facebook (@tzofiaonline).

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

Hoe kan ons lesers julle kontak?


Lesers kan hul kontak via hul webtuiste, epos (hello@tzofia.co.za) of skakel hul op 072 181 6919/076 308 7465.  Hul antwoord ook fluks op hul Facebook en Instagram boodskappe.

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

Street Store


Deur Tzofía wil Jeanelle en Jana graag die gemeenskap ophef deur plaaslike besighede en verskaffers te ondersteun asook sosiale projekte te hardloop.

Hul eerste projek vir einde 2020 is die beroemde Street Store.  Daar is al meer as 500 Street Stores wêreldwyd aangebied.  Die Street Store gedagte berus op ʼn ‘pop-up’ winkel vir die behoeftiges.  Die klere word tydens die Street Store geleentheid op hangers vertoon.  Daar behoeftiges self kan kies watter klere hulle wil neem.  En so vir hul die geleentheid gun om hul menswaardigheid te behou.

Indien jul graag meer wil uitvind besoek gerus https://www.thestreetstore.org of kontak hello@tzofia.co.za

Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion Woman Designer Fashion

Krediet: