Vier die klein plesiertjies in die lewe

Hier by Mooi Leefstyl deel ons met ons lesers die plaaslike handelsmerk wat die klein dingetjies in die lewe vier.  Ons stel aan julle bekend Bed Bath Body wat reeds 2017 in Johannesburg hul eerste winkel begin het.  Die handelsmerk fokus op die luukse bederfies van geure in die huis, en daar is selfs ʼn bederf vir die lyf.

Rol af en lees meer oor Bed Bath Body se wye reeks produkte en bederf jouself of ʼn geliefde met ʼn geskenk van Bed Bath Body.

Wanneer is Bed Bath Body begin?

Op die 19de Mei 2017 (ook haar verjaarsdag) het Lisa Ortmann haar droom verwesenlik.  Op die datum het sy haar eie plaaslike, natuurlike bad reeks aan die wêreld bekend te stel.   Sy het die deure van haar ”Bed Bath Body” winkel in 44 Stanley, Johannesburg oop te maak.

Wat was die inspirasie agter Bed Bath Body se naam?

Die naam Bed Bath Body onderskryf presies wat belangrik is vir Lisa in haar huis.  Sy hou van luukse borrelbaddens met tonne eksotiese gegeurde kerse om net die prentjie to begin skilder.

Met die intree in haar woning sal jy verwelkom word deur luuks gegeurde “riet diffusers”, kerse en soveel meer.

    • “Bed” simboliseer luukse geure in die slaapkamer. Daar is ook die  droom van  ʼn reeks Franse bedlinne in die toekoms vir die  Bed Bath Body winkels.
    • “Bath” is waar ʼn mens dan die hand-en-lyfwas, kamer parfuum en borrelbad sal aantref.
    • “Body” vertroetel die liggaam met Jojoba verrykte rome en suikersuur.

Hoeveel verskillende produkte Bed Bath Body?

Daar is 7 reekse altesaam met 92 verskillende produkte. Natuurlike lyfsorg-reekse vir die hele familie, babas, insluitende jou beste vriend jou woefie.  Om die prentjie te voltooi is daar verseker ook handgemaakte dekor elemente soos hout gegeurde harte vir jou klerekas en motor.

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

Lisa reis gereeld in Suid Afrika landswyd rond.  Voor KOVID-19 is daar tot twee keer per jaar na Frankryk gereis vir die inspirasie van produkte en nuwe samestellings van aromas en geure.

Waar kan ons lesers Bed Bath Body se produkte koop?

Die produkte kan aanlyn gekoop word hier : www.bedbathbody.co.za.

Lisa is ook baie trots op haar twee “Bed Bath Body” plaaslike winkels.

      • Winkel G1, 44 Stanley Avenue, Milpark, Johannesburg, Gauteng, 2092
      • The Quarry Centre, Winkel 11, 57 Hilton Avenue, Hilton, KwaZulu Natal, 3245

Wat is Bed Bath Body se gewildste produkte?

Die gewildste produkte van “Bed Bath Body” is ʼn noue wedstryd tussen aromatiese hout-kersiepit-kerse in handgemaakte keramiek houers, en “riet diffusers”.

Word julle produkte plaaslik vervaardig?

Alles word handgemaak deur Lisa, haar man, haar ouers en 22 lede van die droom-span in New Hanover.  New Hanover is ʼn klein plaasdorpie in die golwende Midlands van Natal, nie te ver van Pietermaritzburg af nie.

Die span streef daarna om omgewingsbewus te wees – reënwater word van die dak van die fabriekie afgeoes deur ʼn filtreer-sisteem.  Sonlig-energie word gebruik vir 80% van alle produksie.

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers Bed Bath Body volg op sosiale media?

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers Bed Bath Body kontak?

Artikel krediet:

Bed Bath Body