Vyf wenke vir ʼn produktiewe tuiskantoor

 Gedurende die grendel-tydperk het almal besef, hoe belangrik ʼn professionele en mooi tuiskantoor is.  Ons deel vyf wenke vir ʼn produktiewe tuiskantoor met jou op Mooi Leefstyl.  Soos ons almal weet is dit nie altyd maklik om van die huis af te werk nie.  By die werkskantoor het ons almal ons eie lessenaar spasie, die lig en die temperatuur is perfek.  Al die vorige genoemde elemente help om jou meer gemaklik te maak by jou werk en dra sodoende by tot jou produktiwiteit.  Dit gaan alles oor produktiwiteit, gemaklikheid en om ʼn spasie te ontwerp wat jy in goed sal voel.

By ʼn tuiskantoor is daar ook baie elemente wat jou aandag kan aflei.  Dinge soos kinders en diere kan jou aandag vinnig aftrek, indien jou kantoor nie reg opgestel is nie.  ʼn Belangrike punt is om almal mooi te verduidelik dat die kantoor ʼn plek is waar daar gewerk word.  Verduidelik mooi aan jou gesin en diegene met wie jy jou tuiste deel dat hul nie net kan inkom by jou tuiskantoor nie.  So kan die res van die mense in jou huis help ʼn ogie hou wanneer jy besig is met belangrike vergaderings.  Om ʼn vlak van professionaliteit en fokus te behou, ook vir die aantal tyd wat jy daar spandeer, kan jy bietjie kyk daarna om jou tuiskantoor bietjie op te knap.

Plantation Shutters het vyf wenke vir die oprigting van ʼn rustige en produktiewe tuiskantoor:

Five tips for a productive home office Five tips for a productive home office

Vind inspirasie in ontwerp:

Daar is so baie oulike ontwerp keuses wanneer dit kom by ʼn tuiskantoor.  Van plante, kunswerke en meubels.  Dit help jou om goed te voel in jou kantoor en maak jou kantoor ook bietjie meer persoonlik en afgewerk lyk.  Jy sal meer produktief wees in ʼn spasie wat jou gelukkig maak.

Five tips for a productive home office Five tips for a productive home office

Natuurlike lig:

Dit is die sleutel na sukses vir ʼn goeie tuiskantoor.   Uitsigte na buite sal jou produktiwiteit verbeter en ook hoe jy oor jouself voel.   As jy nie toegang het tot natuurlike lig nie, probeer om mooi vloere en lampe te gebruik.  Oorweeg Plantation Shutters se mooi hout-, aluminium- of veiligheid hortjies.

Five tips for a productive home office Five tips for a productive home office

Lig jou skootrekenaar, draadlose sleutelbord en muis:

As jou rekenaar en jou toerusting wat jy gebruik op ‘n gemaklik posisie voor jou is, maak dit, dit baie makliker om beter te werk.  Maak seker dat alles mooi is waar jy dit wil hê voordat jy begin werk.  Wees gemaklik en dan sal jy meer produktief wees.

Five tips for a productive home office Five tips for a productive home office

Vind ʼn weggesteekte plek vir jou drukker:

Sjoe!  Daar is niks erger as ʼn lelike drukker in ʼn aanlyn vergadering nie.  Maak seker jy vind ʼn lekker wegsteek plek vir jou drukker.  Baie mense begin ʼn kas in te bou vir die drukkers.  So weet jy waar dit is en dit lyk baie eer netjies.

Five tips for a productive home office

Hou jou lessenaar netjies:

As jy te veel items op jou lessenaars het kan dit jou ook deurmekaar en angstig maak.  Hou jou lessenaar so skoon en simplisties moontlik.  So weet jy presies waar alles is en dit lyk ook netjies op aanlyn vergaderings.

Five tips for a productive home office

Kontak Plantation Shutters:

Indien jy jou kantoor ʼn nuwe voorkoms wil gee in terme van styl en funksionaliteit, kontak Plantation Shutters deur ʼn e-pos te stuur of hulle te bel by 021 557 1705.

Five tips for a productive home office

Artikel Krediet:

  • Fotografie:  Verskaf deur Michelle van Luxster
  • Teks:  Michelle van Luxster
  • Vertaal:  Mooi Leefstyl