Wees gesellig dié feesseisoen met Le Creuset

Kikker jou kombuis hierdie Kerstyd op met Le Creuset se eksklusiewe kombuis-kuns!  Le Creuset het ‘n eindelose verskeidenheid premium kook-, bak- en opberging-items om van jou kombuis ‘n prettige en moderne omgewing te maak.  Indien jy al heel jaar deur Le Creuset se winkelvenster loer en met ‘n seer hart verbyloop omdat daar net té veel ander dinge is wat jou aandag verg, is dit nóú jou kans om vir ‘n slag jouself te bederf!  Vanaf 1 Desember tot 31 Desember 2019 kan jy al Le Creuset se gunstelinge op meer as 20% afslag kry!

Hierdie tyd van die jaar is kers-geskenke vir familie en vriende ook dikwels ‘n kopkrapper.  Dit is in jou hande om ‘n geliefde se Kersfees-wens te laat waar word met Le Creuset se luukse geskenkstelle.  Sit ‘n glimlag op ‘n geliefde se gesig sonder om ‘n vinger te lig!  Dié geskenkstelle word pragtig toegedraai – gereed om onder die Kersfees boom te pronk.

Le Creuset gee jou die pinkie, dit is nóú jou kans om tereg die hele hand te gryp!  Moenie hierdie kans deur jou vingers laat glip nie.

Fantastiese Feesseisoen Besparings


Koop vanaf 1 November tot 31 Desember 2019 ‘n verskeidenheid Le Creuset-gunstelinge teen ongelooflike pryse!  Indien jy nie tyd het om die winkels in te vaar nie, kan jy ook hul aanlyn winkel besoek en rustig deur hul items kyk.  Manlief gooi dalk net ‘n oog op jou selfoon-skerm en los vir jou ‘n droom-geskenk onder die Kersfees boom.  Hier volg ‘n lys van slegs ‘n paar van hul spesiale aanbiedinge.

Bespaar 20% op die volgende produkte:
  • Ovaal Casseroles
  • Sout en peper houers
  • Messe
  • Kleefvrye panne
Bespaar 25% op die volgende produkte:
  • Geskenkstelle
  • Ketels
  • Wyn bykomstighede
  • Stoor flesse
  • Vlekvrye staal produkte
Spesiale Aanbiedinge
  • Kry vier bekers vir die prys van drie.
  • Kry drie silikoon spaanders met hout-handvatsels vir die prys van twee.

Kersfees Etenstafel


Dit is tyd om 2019 te groet en ‘n nuwe jaar te verwelkom.  ‘n Kersete is daar om die jaar se hoogtepunte te vier en nuwe herinneringe te maak.   Le Creuset kan help om hierdie Kerstyd vir jou en jou familie ‘n onvergeetlike ervaring te maak.  Hul resepte “App” gee jou inspirasie om ou gunstelinge op te spoor en te herleef.  Dit gaan daaroor om klassieke geregte te neem en te eksperimenteer met nuwe geure, teksture en smake.  Vind inspirasie by die gratis Le Creuset App of besoek hul aanlyn winkel.

 

Nuwe Produkte


Le Creuset stel hul nuwe glasware bekend.  Hierdie reeks is uiters elegant en dalk net wat jy nodig het om jou Kersfees tafel-dekor na die volgende vlak te neem  Dié reeks bestaan uit vonkelwyn glase, rooiwyn glase, witwyn glase, asook gewone glase vir water.  Hierdie glase is die perfekte aanvulling tot hul gesogte wyn-bykomstighede reeks en is só ontwerp om net die regte afronding vir ‘n pragtige Kersfees tafel te bied.

Geskenk Idees


Om te gee is soms lekkerder as om te kry.  Maak ‘n geliefde se Kersfees-wens waar deur hul te bederf met ‘n luukse geskenkstel.  Jy hoef ook nie jou hele Desember bonus op te dok nie!  Spaar 25% op geskenkstelle, insluitend die blink Metallics-reeks, die pastelkleurige Sorbet-reeks en die gewilde helder items van die Reënboog-reeks.  Elke stel word verpak in ‘n gerieflike en stylvolle geskenk-boks.  Wat kan meer vreugde bring as om ‘n pragtige toegedraai Le Creuset-bederf onder die Kersfees boom te sien?

Artikel krediet: