Wen met The Creamery in Durbanville

Wen met The Creamery in Durbanville.  Drie gelukkige Mooi Leefstyl lesers kan elk ‘n R 350 geskenkbewyse wen.  Jy kan dit spandeer by The Creamery by The Village Square in Durbanville.  Wie wil nou nie so ‘n fantastiese prys wen nie.  Ons wens ons kon deelneem!   Waarvoor wag jy, Wen met The Creamery in Durbanville.  Onthou om die hele artikel te lees, in die inskrywing vorm wil ons weet watter produk is eksklusief beskikbaar by The Creamery in Durbanville.

Hierdie is een van ons gunsteling roomys roomys kafees in Kaapstad.  Hulle roomys is nie net heerlik nie, maar ook interessant.  Dit is ‘n oulike plek om ietsie soet saam met vriende te gaan eet.  Vat jou kinders saam en geniet ‘n soet wegbreek saam met jou familie.  Ons hou duim vat dat jy wen met The Creamery in Durbanville.

Geniet The Creamery se heerlike wavels waarvoor hulle bekend is.  Plus jy kan dit enigetyd van die dag eet en tot gaan vir nagereg!  Hulle kafee in Durbanville is oop tot 11 nm.  Geen verskonings om nie na werk ‘n heerlike wavel en roomys te geniet nie.  Onthou om die artikel te deel met jou vriende op sosiale media en ons hou duim vas.

The Creamery in DurbanvilleThe Creamery in Durbanville

Handgemaakte roomys:


The Creamery bedien hand gemaakte roomys in keëls en bakkies.  Jy kan dit wegneem of in hulle moderne roomys kafee geniet.  Hulle spyskaart het ook ‘n groot verskeidenheid nageregte waarvan jy kan kies.

Jy kan hul seisoenale roomys geure geniet in ‘n verskeidenheid sundaes, melkskommels, beperkte hoeveelheid nageregte asook hul bekende wafels.

Hul beveel aan dat jy hulle Lemon Meringue Sundae probeer wat eksklusief beskikbaar is by hulle Durbanville kafee.  By hulle kafee verkoop hul ook klaar verpakte roomys en bykomende bolae, sodat jy hul produkte verder by die huis kan geniet.

The Creamery in Durbanville  The Creamery in DurbanvilleThe Creamery in DurbanvilleThe Creamery in Durbanville

Natuurlike roomys in verskillende geure:


Hul natuurlike roomys word met die hand gemaak in hul Kaapstadse kombuis. Hulle gebruik plaaslike produkte en seisoenale bestanddele. Hul roomys geure verander elke maand deur die hele jaar.

Van die heerlike geure wat jy kan verwag by The Creamery se Durbanville kafee sluit in van hulle gereelde geure.  Dit sluit in: Soetroom, 65% sjokolade, seesout-karamel, grondboontjiebotter, en Rosetta rooster-koffie.  Dit tesame met seisoenale geure soos suurlemoen sous krul, neutekrakers, springmielies, aarbei en moerbei-riffel.

The Creamery in Durbanville The Creamery in Durbanville The Creamery in Durbanville The Creamery in Durbanville

Alles waarna jy opsoek is:


Of jy nou op soek is na ‘n wafel vir brunch, of ‘n soet tand het en opsoek is na ‘n laatnag te bederfie, dan is The Creamery in Durbanville die perfekte plek vir jou.

Met die Durbanville kafee se  buite-sitplekke en ‘n fontein speel area vir kinders is die Creamery die perfekte plek om jou tyd te spandeer, maak nie saak watter tyd van die dag dit is nie.

Die Village Square het baie parkeerplek en The Creamery het ‘n groot verskeidenheid bure soos Woolworths, Knead en Frankie Fenner Meat Merchants in die sentrum.  Net nog ‘n rede hoekom jy by die kafee moet in loer.

The Creamery in Durbanville The Creamery in Durbanville The Creamery in Durbanville

Besoek The Creamery se kafee in Durbanville:


Hulle is geleë by Winkel 18, The Village Square.  Dit is op die hoek van Oxford en Queen straat in Durbanville.  Hulle besigheid ure is van Maandag tot Vrydag, 9 vm tot 11 nm.

Jy kan The Creamery se webtuiste besoek vir meer inligting oor hulle winkels.  Indien jy meer informasie wil weet oor The Village Square, besoek hulle webtuiste en lees meer.

The Creamery in Durbanville The Creamery in Durbanville The Creamery in Durbanville

– Die kompetisie is gesluit –

The Creamery in Durbanville The Creamery in Durbanville

Kompetisie terme en bepalings:


  1. Die kompetisie is slegs vir lesers wat in Kaapstad bly.
  2. Hierdie R 350 geskenkbewyse as kompetisie prys is slegs geldig om gebruik te word by die Durbanville The Creamery Café by The Village Square.
  3. Kompetisie sluit 11 November 2019.
  4. Die geskenkbewyse is geldig vir ‘n drie jaar periode vanaf die datum wat die kompetisie gesluit het.
  5. Mooi Leefstyl bemark die kompetisie namens die verskaffer en kan nie verantwoordelik gehou word vir enige eise, navrae en/of die eis van die prys nie.
  6. Die prys kan nie verruil word vir kontant en/of enige ander produkte of dienste nie.
  7. Alle addisionele kostes sal vir die kliënt se eie rekening wees.
  8. Foto’s in die artikel is slegs vir voorbeeld doeleindes.  Die prys wat jy wen sal nie noodwendig presies dieselfde lyk nie.
  9. Enige poging om enige van die terme en bepalings te skend, sal lei tot onmiddellike diskwalifikasie.  Dit sal lei tot die herroeping van die prys deur die bemarkers.
  10. Indien, vir enige rede, die kompetisie nie in staat is om voort te gaan soos beplan nie, insluitend as gevolg van infeksie deur ‘n rekenaar virus, foute, peuter, ongemagtigde ingryping, bedrog, tegniese onderbrekings of enige ander oorsake buite die beheer van Mooi Leefstyl, wat die administrasie, sekuriteit, regverdigheid van die kompetisie bederf of raak, sal Mooi Troues geregtig wees op hul uitsluitlike diskresie om die kompetisie te kanselleer.
  11. Die kompetisie is ook onderhewig aan die adverteerder se eie Termes en Bepalings.  Kontak die adverteerder direk vir hulle Termes en Bepalings.