Zara stel hulle aanlynwinkel in Suid-Afrika bekend

Van 18 September 2019 sal  Zara aanlynwinkel met ‘n volledige reeks vir vroue, mans en kinders beskikbaar wees.  Klante kan kies om hul bestellings by die winkel van hul keuse te gaan afhaal.  Daar is toeganklike afleweringspunte oor Suid-Afrika.  Of dat klante se bestellings by hul huis afgelewer word.  Aflewerings en terugsendings na winkels en afleweringspunte is gratis.

Aanlyn Winkel:


Zara aanlynwinkel stel hul aanlyn verkope in Suid-Afrika op 18 September bekend via hul toegewyde webwerf, zara.com/za.  Hierdie integrasie van Zara se winkel- en aanlyn platforms is ʼn belangrike mylpaal in die uitbreiding in markte waar daar reeds bestaande winkels is.

zara.com/za bied maklike toegang tot die handelsnaam se produkte vir vroue, mans en kinders, asook sekere eksklusiewe items spesifiek vir die plaaslike mark.  Klante sal ook aanlyn kan vasstel of ʼn spesifieke item by enige winkel in Suid-Afrika beskikbaar is.  Hulle sal dan ander aanbevole produkte ook sien.

Danksy die geïntegreerde winkel- en aanlyn platform kan klante in Suid-Afrika kies of hulle bestellings by die winkel van hul keuse wil gaan afhaal.  Selfs by toeganklike afleweringspunte, of dat dit by hul huis afgelewer word.

Aflewering:


Die afhaal van items by ʼn tak binne drie tot ses werkdae is gratis.  Die afhaal van bestellings ter waarde van meer as R999 by afleweringspunte.  Aflewering tot by jou huis is gratis en neem drie tot ses werkdae.  Klante sal gekoopte items binne ʼn 30-dae-tydperk na winkels of afleweringspunte kan terugneem. Of items kan in dieselfde tydperk by winkels om geruil word.

zara.com/za is ontwerp om op enige mobiele toestel met enige webblaaier te werk, asook met die Zara-app, wat in iOS- en Android-weergawes beskikbaar is.  Betalings kan met al die bekende kredietkaarte gedoen word, insluitende Visa, Mastercard en American Express.

Klante wat zara.com/za gebruik, kan kliëntediens tolvry bel om te gesels, of ʼn e-pos na ʼn spesifieke e-posadres stuur met enige navrae oor bestellings.

Inditex-groep:


Zara word besit deur die Inditex-groep, een van die grootste mode-kleinhandelaars. Benewens Zara besit Inditex sewe ander handelsname: Pull&Bear, Massimo Dutti, Bershka, Stradivarius, Oysho, Zara Home en Uterqüe.  Die Inditex-groep het 7 447 winkels in 96 markte en verkoop in 203 markte deur hul aanlyn platform.  Inditex het tans 10 winkels in Suid-Afrika: nege Zara-winkels en een Zara Home-winkel.

    Artikel Krediet:

    Woorde verskaf deur: go4word