CONQUER Tea Lounge & Café in Gqeberha

Ons gesels met Anri Oosthuizen, die stigter van CONQUER Tea Lounge in Gqeberha.  CONQUER Tea Lounge het sy deur oopgemaak vir die publiek op 2 Julie 2019.   As jy in die Gqeberha (voorheen bekend as Port Elizabeth) gebied is, moet jy ʼn draai maak by hierdie oulike plek.  Geniet ʼn middagtee saam met vriende of familie of ʼn ietsie lekker om te eet met ʼn koppie koffie vir die koffie liefhebbers.

Hul gebakte kaaskoek gepaard met hul bekende “Pink Lady” tee latte is definitief hul top verkoper op die spyskaart.  Die bekende “Pink Lady” is ʼn pienk roosblaar tee met warm melk en geroosterde malvalekker.  Dit klink heerlik!  Hul dekor gepaard met hul spesifieke spyskaart en middagtee aanbiedinge maak CONQUER Tea Lounge uniek.

Rol af om meer te lees oor CONQUER Tea Lounge.

Inspirasie agter CONQUER Tea Lounge se naam:

CONQUER Tea Lounge is ʼn plek van rus en ʼn plek van lag.  ʼn Plek waar vriendinne kom sit en ʼn koppie tee geniet, vir ure lank gesels en dan uitstap met ʼn gevulde hart en siel.  Die naam CONQUER motiveer ons elke dag om nie net ons eie plekkie te geniet nie, maar om uit te gaan om ons omgewing en ons gemeenskap te bevorder.  Ons harte loop oor vir vroue, spesifiek, en veral die vroue in ons gemeenskap wat gereeld lam-en-tam voel.  Ons glo ons naam gaan ons vooruit en motiveer vroue om die moeilike oomblikke in hulle lewe voluit aan te vat.  Nie alleen nie natuurlik, maar saam met ʼn sussie of ʼn vriendin (en natuurlik met ʼn koppie tee in die hand).

Meer oor CONQUER Tea Lounge & Café:

Baie mense beskryf ons Tee Sitkamer as jou tipiese “koffiewinkel”, maar ter selfde tyd glad nie jou tipiese “koffiewinkel” nie.  Ons hou daarvan om dinge anders te doen!  By CONQUER Tea Lounge spesialiseer ons in losblaar tee.  Losblaar tee is tee wat bestaan uit ongebreekte stukkies teeblare, die suiwerste manier van tee drink.  Ons bedien verskeie tipes losblaar tee wat perfek paar met ons vars gebakte botterskonsies.  Ons bedien natuurlik ook baie lekker koffie vir die koffie liefhebbers!

ʼn Spyskaart vir almal se smaak:

Ons spyskaart bied smaakvolle ontbyt opsies, ligte middagetes en drie-gang maaltyd middag-tees aan.  Ons maak verskeie tee lattes, tuisgemaakte ystee en natuurlik koffie opsies vir die koffie liefhebbers.

Waarvoor staan CONQUER Tea Lounge & Café bekend?

Die visie van ons Tea Lounge is om iets nuut in Gqeberha (Port Elizabeth) te doen. Die oomblik wat jy by ons Café instap staar die pragtige pienk en glansende goud dekor jou in die oë. Ons spesifieke dekor en spyskaart skep ʼn ondervinding soos geen ander. Alles is pienk en ons is mal daaroor! Ons Café spasie word elke naweek uitgeboek vir kombuistees, verjaardagpartytjies of baba-tees waar ons drie-gang maaltyd middagtee bedien.

Wat is CONQUER Tea Lounge & Café se adres en besigheidsure?

Jy kan hul van Dinsdag tot Vrydag besoek tussen 09:00 en 16:00.  Hulle is ook oop op Saterdae vanaf 09:00 tot 14:00.  Jy kan hul besoek by 180 Main Road, Walmer in Port Elizabeth.  Wil jy meer sien van CONQUER Tea Lounge?  Volg hul op Instagram.

    Artikel Krediet:

    Fotograaf:  Anecke Sharp – Ckreate Design