Oulike bykomstighede vir jou geliefde troeteldiere

Met opgewondenheid deel ons hierdie oulike bykomstighede vir jou geliefde troeteldiere wat Rayne & Rose Boutique maak.  Ons gesels met die stigter en eienaar, Kristella Rose.  Die besigheid het in 2021 begin en is een wat jy definitief moet ondersteun.  Ons almal is baie lief vir ons vierpoot-kinders en hulle kort ook ʼn bederf van tyd-tot-tyd.  Koop die oulikste bykomstighede en mode items vir jou hond of kat by Rayne & Rose Boutique.

Die troeteldier-mode mark is iets wat elke jaar meer-en-meer groei.  Mense is opsoek na oulike mode items vir hul geliefde troeteldiere.  Rayne & Rose Boutique se produkte sluit in strikdassie, bandanas en vele meer oulike produkte.  By Mooi Leefstyl is ons altyd opgewonde om nuwe besighede, produkte en dienste bekend te stel aan ons lesers.  Rayne & Rose Boutique is een van daai besighede en bied oulike produkte vir elke troeteldier.  Rol af om meer te lees en ook voorbeelde van hul produkte te sien.

South African pet boutique South African pet boutique

Storie agter Rayne & Rose Boutique:

Nadat ek my drie reddings hondjies Rayne, Luna en Indigo aangeneem het, het ek besef daar is so ʼn gaping in die troeteldier-mode mark hier in Suid-Afrika, in vergelyking met die res van die wêreld.  Ek het die volgende dag met my ouma gebel en vir haar gesê dat ek wil leer naaldwerk.  Veilig om te sê ek het sedertdien nie opgehou nie!

South African pet boutique South African pet boutique South African pet boutique

Vanwaar die liefde vir produkte vir diere:

My hele lewe was ek omring deur honde en het altyd ʼn sagte plekkie vir diere gehad, so ek het altyd geweet ek wil op een of ander manier met hulle werk.

South African pet boutique South African pet boutique

Reeks produkte:

Ek verkoop strikdasse, bandanas, macramé leibande en halsbande en sal binnekort troeteldier-klere, harnasse en sakke vir mense bekendstel! Ons is voortdurend op soek om ons reeks produkte uit te brei en te groei.

South African pet boutique South African pet boutique South African pet boutique

Mees populêre produk:

Dit is ʼn moeilike vraag.  Maar ek sal beslis sê dat my ‘pleather’ strikdassie en macramé halsband my beste verkopers is!

South African pet boutique South African pet boutique South African pet boutique

Gemaak in Suid-Afrika:

Alle Rayne & Rose Boutique produkte word pasgemaak en handgemaak op bestelling deur my hier in die pragtige Kaapstad, Suid-Afrika.

South African pet boutique South African pet boutique South African pet boutique

Koop jou Rayne & Rose Boutique produk:

Indien jy belangstel om een van hulle produkte te koop, besoek hul Instagram en Facebook.   Daar kan jy meer van hul produkte sien en dit ook deur daardie platvorms koop.

South African pet boutique South African pet boutique South African pet boutique

    Artikel Krediet:

    Fotograaf:  Belle Lumière Foto