ʼn Geskenkwinkel in Pretoria met geselekteerde produkte

Ons is opgewonde om hierdie Geskenkwinkel in Pretoria wat geselekteerde produkte verkoop met ons lesers te deel.   Mooi Leefstyl is ʼn groot liefhebber van alles wat mooi is en ons is altyd opsoek na besighede wat oulike produkte of dienste lewer.  Pretoria Products is ʼn een-stop-winkel vir alles wat mooi is. As jy in Pretoria gevestig is, moet jy ʼn draai maak by hulle winkel om geskenke vir almal wat spesiaal is te kry en sommer ʼn paar geskenke vir jouself ook.

Pretoria Products se aanlynwinkel is vir die van julle wat in ander dele van die land woon en ook by hierdie oulike winkel wil koop.   Linda van der Walt is die breinkind agter die besigheid.  Sy het dit in 2020 begin gedurende die eerste grendeltydperk.  Wat eers begin het as ʼn aanlynwinkel en daarna ʼn fisiese winkel wat op 1 Maart 2021 oopgemaak het, het ʼn gunsteling onder dames in Pretoria en omliggende areas geword.

Rol af om ons onderhoud met, Linda die stigter en eienaar van Pretoria Products te lees.

Inspirasie agter die besigheid se naam:

Die besigheid het begin as gevolg van die wonderlike talente van die vervaardigers in Pretoria.

Wat presies is Pretoria Products?

Pretoria Products is n ‘Locally Curated Gift Shop’.  Dit is nie net ʼn winkel nie, maar ʼn plek waar plaaslike vervaardigers/kunstenaars se produkte uit gestal word in so ʼn manier dat die publiek die plaaslike talent kan sien en ondersteun.

Ons pak ook graag geskenk bokse.  Die geskenk bokse bevat net plaaslike produkte en ons verpersoonlik dit volgens die kliënt se spesifikasies.  Dit is ʼn lekker manier om verskillende vervaardigers se produkte saam te sit in ʼn manier wat sin maak en mense laat glimlag.

Verder hou ons ook gereeld markte.  Die markte bestaan ook slegs uit plaaslike vervaardigers/kunstenaars.  Markte word gehou op pragtige liggings wat dieselfde passie vir plaaslike produkte deel.

Ons hou ook werkswinkels by ons Afroboer winkel.  Ons gee ons vervaardigers die kans om hulle vaardighede oor te dra aan kliënte wat so ʼn werkswinkel bywoon.  Die werkswinkels handel oor bv. water verf, blomme kroon rangskikkings, akriel verf, koekie versiering, grimering, makrame ens.

Produkte beskikbaar by Pretoria Products:

Ons verkoop maklik oor die 50 verskillende tipes produkte.  Ons verkoop alles wat jou of jou huis laat lekker ruik – kerse van verskillende vorms, kleure en geure, parfuum vir hom en haar, linne mis, ‘room mist’, handgemaakte seep en verskillende ‘diffusers’.

Verder verkoop ons handsakke gemaak van verskeie materiale soos leer, fluweel, ‘canvas’, hekel materiaal ens.

Ons verkoop ook dekor items wat vase, kussings, tafellopers, tafeldoeke ens. insluit.  Ons verkoop selfs kunswerke van verskillende plaaslike kunstenaars, asook kaartjies van hul werk wat gekoop kan word saam met geskenke.

In albei winkels verkoop ons ook unieke klere wat plaaslik gemaak word.  Daar is ʼn groot verskeidenheid kledingstukke gemaak van verskillende materiale, elkeen wat in ons winkels in stap sal iets kry waarvan hulle hou.  In die winkels is daar ook skoene gemaak van leer en gedrukte materiaal te koop.

Ons het ʼn groot verskeidenheid keramiek items beskikbaar in ons winkel.  Alle keramiek items is ʼn kunswerk wat uniek is aan hul vervaardiger.  Daar is keramiek stukke wat pastelkleurig is, illustrasies van blomme, Afrika ensovoorts op het, goue ‘detailing’ bevat ens.

Daar is ook juwele in ons winkels.  Ons het juwele gemaak van silwer, klei, keramiek, pêrels, koper, hars ens. alles van verskillende plaaslike vervaardigers.

Pretoria Products het ook verskeie ontwerpers wat vir ons skryfbehoeftes verskaf om verkoop te word in die winkels.  Ons het notaboekies met handgeverfde bedekkings, klein notaboekies vir vinnige notas met verskillende illustrasies op soos die Mona-Lisa, The girl with a pearl earring, Suid-Afrikaanse voëls ens., A5 notaboeke vir kruideniersware lysies, eksklusiewe geskenkpapier ens.

Hoe produkte geselekteer word vir Pretoria Products:

Ons moedig almal aan om op ons webtuiste aansoek te doen om hul items te verkoop in die winkels.  Ons kyk dan deur die aansoeke en kies die wat by die ‘look-and-feel’ van die winkels pas en wat ons dink sal verkoop.

Gewildste produkte:

Die gewildste items in die winkels is eerlik waar iets van alles.  Die lys van gewilde items is lank, maar hier is ʼn paar.

Juwele is baie gewild, asook keramiek items byvoorbeeld ‘trinket bowls’ wat saam met die juwele gegee word as geskenk.

Die dekor items, veral die vase en ‘statement’ borde, is baie gewild.

Omdat ons so ʼn groot verskeidenheid klere het in die winkels, is dit baie gewild.

Pretoria Products het ʼn plek geword waar kliënte kom soek vir unieke kledingstukke.

Die skoene in die winkels is van kwaliteit materiale gemaak en dit is merkwaardig, daarom is dit gewild in die winkels.

Besoek Pretoria Products hier:

Jy kan Pretoria Products se produkte op hul aanlynwinkel koop, of een van hul twee winkels besoek.  As jy ʼn spesifieke vraag het kan jy hulle ook ʼn e-pos stuur.

Winkels:

Hazelwood Winkel:
19 Firwood Straat, Hazelwood, Pretoria
Langs Bakehouse in die binnehof by L’ épis Doré French Restaurant

Afroboer Winkel:
1 Meerlust Avenue, Meerlust Village Shop 6, Equestria, Pretoria
Op dieselfde gronde as Afroboer Restaurant

Vir die nuutste nuus oor hul produkte, volg hulle op Instagram en Facebook.

Word al julle items wat jul verkoop plaaslik vervaardig?

Alle items wat verkoop word in die winkels en op die aanlyn winkel word plaaslik vervaardig.

    Artikel Krediet:

    • Foto’s:  Verskaf deur Pretoria Products
    • Onderhoud Antwoorde:  Linda van der Walt