Boet Beer roomys resep met Nougat

Ons het ‘n boks Boet Bier gekry by Mira van Hot Oven Marketing.  Dit is toe waar ons die idee gekry het om ‘n heerlike bier roomys te maak met gesoute nougat.  Wat is nou lekkerder as ‘n roomys en bier gemeng?

noga ice cream recipe

Bestanddele:

  • 1x 340 ml bottel Boet Beer American Pale
  • ¼ teelepel sout
  • ¼ koppie suiker
  • 6x eiergele
  • 470 ml slagroom
  • 100 g gesoute nougat (Ons het gebruik gemaak van Ma Merè se gesoute nougat)

noga ice cream recipe

Hoe om dit te maak:

Stap1:  Gooi jou Boet Bier in ‘n souspan en kook tot dat die bier met omtrent die helfte verdamp.

Stap2: Klits jou eiergele, sout en suiker bymekaar en gooi die mengsel in ‘n pot.  Voeg die slagroom by en meng dit met jou mengsel.

Stap3:  Verhit die mengsel tot 82 grade Celsius. Sodra dit begin verhit, gooi die nougat stukkies in, sodat dit kan smelt in die mengsel in. Moet dit nie meer verhit nie, want die mengsel mag in roereier verander.  As jy nie ‘n temperatuur leser het nie, kan jy die mengsel kook vir min of meer 10 minute om by die temperatuur te kom.  Hou dit net heeltyd dop.

Stap4:  Jy kan die mengsel van die warm plaat afhaal as stap drie klaar is. As jy bang is daar is dalk stukkies roereier tussen jou mengsel, gooi die mengsel deur ‘n sif in ‘n ander pot waarin jy kan meng.  Gooi die bier en meng dit saam.

Stap5:  Plaas die pot met die mengsel binne onmiddelik in ‘n ysbad (water gemeng met klomp ys).

Stap6:  Sodra die mengsel omtrent 21 grade Celsius is, haal dit onmiddellik uit en gooi dit in ‘n bak wat jy in die vrieskas kan plaas oornag.

Stap7:  Wanneer die mengsel afgekoel het gooi dit vir 20 tot 30 minute in ‘n roomys masjien of probeer dit met die hand die heeltyd meng.  As jy nie ‘n roomys masjien het nie moet jy die roomys elke uur meng in die vorige stap vandag jy dit in die vrieskas geplaas het.

noga ice cream recipe

Bediening-voorstel

Vir die Neut Bros Bier Roomys, kan jy die roomys in ‘n lekker groot keël bedien.  As jy dalk ‘n ekstra stukkie nougat oor het, sny of breuk dit in klei stukkies en gooi dit oor jou roomys. Geniet dit op ‘n lekker warm dag of as nagereg.  Klik hier vir ‘n heerlike neut bros resep.

noga ice cream recipe

Artikel krediet: