Pragtige huisware vir jou tuiste

Hier by Mooi Leefstyl deel ons, Terrazzo Home, ʼn nuwe besigheid wat onlangs gestig is.  As jy van mooi huisware hou, wat stylvol en simplisties is, dan is Terrazzo Home se reeks huisware perfek vir jou.  Die eienaars, Kelly Ruthenberg en Marna Joubert, is ʼn jong paartjie wat op trou staan.  Hulle het lank en hard gewerk en gesoek om die spesifieke produk met die wen resep aan die hande te kry.

Kelly en Marna besit reeds ʼn ander besigheid waar hulle opknapping en bouwerk van huise en besighede doen.  Hulle het die hele ‘terrazzo’ tendens, wat tans baie groot en gewild is, gaan bestudeer en ondersoek ingestel en dadelik verlief geraak.  Só het Terrazzo Home ontwikkel.  Dit is ʼn aanlynwinkel, met moderne huisware in verskillende kleure terrazzo effekte.

Hulle is ook baie opgewonde om verder uit te brei na groter huisware en meubelstukke in die nabye toekoms.  Rol af om meer te lees oor Terrazzo Home en kyk na hulle pragtige huisware vir jou tuiste.

Terrazzo Home Terrazzo Home Terrazzo HomeTerrazzo Home

Wat was die inspirasie vir Terrazzo Home se naam?

Die paartjie vertel, hulle het ʼn naam gesoek wat die produk duidelik sal beskryf.  Ook omdat terrazzo op die oomblik so gewild is, wou hulle dit in die naam gebruik sodat mense hulle dadelik kan raaksien en herken.  Dus, het Terrazzo Home net een aand skielik en maklik by Marna opgekom en het sy geweet dis die naam. “Catchy” en dadelik weet jy waarmee jy te doen het.

Terrazzo Home Terrazzo Home Terrazzo Home Terrazzo Home Terrazzo Home

Hoeveel verskillende produkte het Terrazzo Home

Soos vroeër genoem, is die besigheid nog baie nuut en klein.  Daagliks word nuwe produkte by gesit en bekend gemaak.  Op die oomblik is daar produkte soos kaasborde, skinkborde, klein bakkies, groter bakkies.  Die normale huis goedjies waar0or almal wat op hoogte van die nuwe mode wil bly, mal is.  Daar word hard aan gewerk om so vinnig as moontlik meer produkte te maak en meer kleur reekse bekend te stel, sodat daar ietsie vir elkeen se smaak sal wees.  Hulle kry ook verskriklik baie navrae oor spesiale bestellings en is tans besig met koffietafels en skinkborde vir ʼn nuwe hotel in Kaapstad.  Hulle kan ook enige kleur na wense vir kliente maak sodat dit presies by die kliënt se behoeftes pas.

Terrazzo Home Terrazzo HomeTerrazzo Home Terrazzo Home Terrazzo Home

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

Die eienaars sê hulle kry hulle inspirasie hoofsaaklik van mense af.  Aangesien hulle baie met kliente en mense werk, kom hulle vinnig agter wat nuut en tans in die mode is.  Dan gaan speel hulle verder by die huis om die idee te laat realiseer.  Marna doen ook baie navorsing aanlyn, en inkorporeer haar eie smaak van kleure, teksture en idees in die produkte in.

Terrazzo Home Terrazzo Home Terrazzo Home

Waar kan ons lesers jul produkte koop?

Tans is Terrazzo Home slegs aanlyn beskikbaar.  Hulle is al deur ʼn paar kettingwinkels genader vir produkte, maar wil op die oomblik direk met die publiek onderhandel en saamwerk.  Daar is so 2 of 3 markte waar hulle beoog om by uit te stal einde van die jaar, maar sal meer daaroor bekend maak nader aan die tyd op sosiale media.

Terrazzo Home Terrazzo Home Terrazzo Home

Wat is Terrazzo Home se gewildste produkte?

Op die oomblik is die produkte in die neutrale kleur reeks die mees gewildste.  Alledaags is dit asof die meer natuurliker kleure en teksture, meer gewild is op die oomblik, en dit kan ook duidelik gesien word in die tipe produkte wat die meeste verkoop word.

Terrazzo Home Terrazzo Home Terrazzo Home

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers Terrazzo Home volg op sosiale media?

Terrazzo Home se webtuiste is www.terrazzohomesa.com. Alle produkte is aanlyn beskikbaar.  As daar ietsie anders is wat mense soek of oor navrae het, kan hulle gerus ʼn epos stuur.

Op Instagram: @terrazzo_home_

Op Facebook: @terrazzohomesa

Terrazzo Home Terrazzo Home Terrazzo Home

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

Lesers kan Terrazzo Home kontak deur hulle webtuiste, of ʼn epos stuur na terrazzohomesales@gmail.com, of Marna kontak by 066 569 0288.

Terrazzo Home Terrazzo Home Terrazzo Home

Artikel krediet