ʼn Unieke Wynproe ervaring by Weltevrede Wynplaas

In die inskrywing op Mooi Leefstyl deel ons met ons lesers ʼn Unieke Wynproe ervaring by Weltevrede Wynplaas in Bonnievale.  Die Robertson Vallei het soveel versteekte skatte, pragtige landskappe en lieflike wyn en vonkelwyn.  Ons was eregaste gewees by Weltevrede Wynplaas in Bonnievale, om hul nuwe aanbiedinge met te ervaar en nou met jou te kan deel.  Dit was omtrent ʼn lieflike ervaring gewees.  Weltevrede Wynplaas is net so oor die 2 ure ry vanaf Kaapstad Middestad en slegs 20 minute vanaf die hartjie van Robertson.

Ryk aan Geskiedenis en stories.  Die Jonker familie boer al op die plaas vanaf 1912, met die eerste wyn wat verkoop was onder die brandmerk, Weltevrede in die 1940’s.  In die 1970’s het hulle die plaas oopgemaak vir die publiek om te kom kuier.  Lourens Jonker, Philip se pa (die huidige wynmaker van Weltevrede), het die proe lokaal oopgemaak op die plaas.  Hy was ook die eerste in die gebied om dit te doen.

Weltevrede se unieke wyn proe ervaring toere is binnekort beskikbaar aan die publiek.  Hierdie is definitief ʼn ervaring wat jy moet beleef as jy in die Robertson Vallei is.  Veral as jy ʼn liefhebber is van Chardonnay en Cap Classique.  Weltevrede het ʼn hele paar nuwe ervarings by hul bestaande ervarings gesit.  Die media was eerste uitgenooi om die ervaring te beleef en ons kan nie wag om hierdie artikel met jou te deel nie.

Jy sal meer lees oor ons Captivated by Chardonnay ondergrondse wynproe ervaring, Captivated by Cap Classique toer en hoe ons, ons eie bottel Cap Classique kon bottel.  Rol af in die artikel om meer te leer oor Mooi Leefstyl se besoek aan die pragtige wynplaas.   Ons het ook ʼn video van ons hele ervaring onder aan die artikel.

Captivated by Chardonnay toer:

Hierdie een is ons seker die mees opgewonde oor.   ʼn Ondergrondse Chardonnay wynproe ervaring sal jou verstom laat na die toer.   Dit is nie net nog ʼn wynproe ervaring nie.  Die Captivated by Chardonnay toer by Weltevrede is gevul met stories en ryk van Geskiedenis.   By al die bogenoemde is dit ook onder die grond, perfek belig met sagte ligte en kerse.   As jy ʼn wyn liefhebber is, hou van ʼn storie en geskiedenis, dan moet jy sommer onmiddellik jou toer boek.

Die toer begin met ʼn video waar Philip Jonker meer vertel oor die Geskiedenis van die plaas, die toer en ook die wyne wat geproe gaan word.  Daarna begin jy deur die eerste ondergrondse gedeelte te loop waar verskillende geskiedkundige asook informasie met jou gedeel sal word in ʼn visuele vorm.  Daar is ook mooi geskrewe teen die muur, wat jy kan lees gedurende die toer.

Die Captivated by Chardonnay toere is beskikbaar vanaf Maandag tot Saterdag, 10:00 in die oggend en dit is belangrik om vooraf te boek.  Hou omtrent so 2 ure uit vir die toer.  Daar is baie om te sien, te hoor, te proe en in te neem.

Wynproe en Geskiedenis:

Eerste op die proe skedule is die Weltevrede Calcrete.  Die Calcrete word in die heel eerste deel van die toer geproe.   Tweedens is die Weltevrede Place of Rocks wat jy sal proe.  Dit word geproe nadat jy die eerste deel van die toer deurgegaan het.  Jy sal ook nou ʼn beter idee het van die hele proses en sou al bietjie dieper ondergrond gegaan het vir die deel van die toer.  Omring deur ondergrondse mure, kerse en die koel lig om jou, maak die wynproe ervaring definitief ʼn unieke een.

Na die Weltevrede Calcrete, begin daar definitief meer gefokus word op die Geskiedenis van Weltevrede.  Jy loop deur ʼn tonnel gevoel gang waar daar wyne uitgestal word van verskillende jare en verskillende stories daaraan gekoppel.  Dan kom jy by die volgende deel van die ondergrondse toer.  Jy stop by ʼn teken wat die volgende lees.  “The Chronicles of the Poet’s Prayer – without brokenness there is no greatness”.  Hierdie is die laaste deel van die Captivated by Chardonnay toer.  Dit is waar daar baie gedeel word oor die geskiedenis van Chardonnay, wyn en die plaas in geheel.

As jy klaar hier is, loop jy nog dieper in en kom in ʼn vertrek sonder ligte, opgelig deur kerse.  Daar staan die yskoue bottel Weltevrede Poet’s Prayer, gereed om geproe te word.  Ons het gaan sit en ons vergaap aan hoe mooi dit is om so baie kerse te sien in een spasie.  ʼn Proe glasie Weltevrede Poet’s Prayer word aan ons oorhandig.  Maak jul oë toe, word daar saggies gesê.  Die toergids begin saggies ʼn gedig te lees terwyl jy die wynproe doen met jou oë toe.  Dit was een van die beste ervarings wat ons al in die Robertson Vallei tot dusver gehad het.

Captivated by Cap Classique:

Geniet die hele Cap Classique proses by Weltevrede in Bonnievale.  Jy word stap-vir-stap verduidelik oor die geskiedenis van die metode, Cap Classique en ook van die geskiedenis van die metode by Weltevrede.   Die toer duur so 2 ure in totaal en is in die middag, 14:00 vanaf Maandag tot Saterdag beskikbaar.

Soos met die Captivated by Chardonnay toer, begin die Captivated by Cap Classique toer ook met ʼn kort video inleiding.  Daarna begin jy loop deur hul ondergrondse Cap Classique kelder toer.  Die hele toe is ook baie ryk aan geskiedenis en jy sal definitief baie leer.

Nadat jy deur die kelder toer was, loop jy laaste in hulle baie moderne, maar geskiedkundige proe-lokaal in.  Hier sal jy die twee Cap Classique’s wat Weltrede maak proe.  Eerste het ons die Philip Jonker Brut Entheos NV geproe en toe die Philip Jonker Brut The Ring 2013.   Albei was heerlik gewees.   Daarna het ons ook die kans gehad om ons eie Cap Classique te bottel.  Lees meer oor daardie ervaring hieronder.

Bottel jou eie bottel Cap Classique:

Hiérdie ervaring is die een waaroor ons baie opgewonde is!  Na ons dag by Weltevrede het ons ook die geleentheid gekry om ons eie bottel Cap Classique te bottel en te hou!   Om prakties iets te doen en dit huis toe te kan neem is ʼn wenner.

Jy doen die hele proses vanaf die ‘degorging’, dosering, prop in die bottel sit, foelie om die bottel se kop sit en dan laaste om jou bottel te etiketteer.   Hierdie kan jy die bottel huis toe neem waar jy dit korrek moet stoor vir sowat 3 maande, voordat dit gereed sal wees om gedrink te word.

Die hele ervaring neem tussen 30 en 45 minute, afhangende hoe vinnig jy dit kan doen!  Ons sin was sommer lekker vinnig, want ons was baie opgewonde hieroor.  Hierdie ervaring is beskikbaar vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 08:00 tot 17:00 en op Saterdae vanaf 09:00 tot 15:00.

Boek jou ervaring by Weltevrede:

Boek jou keuse van toer direk by Weltevrede deur hul ʼn e-pos te stuur of hul webtuiste te besoek.  Vir meer inligting oor hierdie wonderlike plaas, volg hul op Facebook en Instagram.

    Artikel Krediet: