Heerlike nuwe koffie reeks vir die koffie liefhebbers

Hier by Mooi Leefstyl stel ons bekend THIRTEEN Emporium & Coffee Co., ʼn Heerlike nuwe koffie reeks vir die koffie liefhebbers.   Die breinkind van Steph Louwrens en Elaine Van der Merwe-Louwrens, fotograwe met ʼn liefde vir reis en Turkye.  Die nommer 13 is iets wat gereeld in hul lewenspad opkom en is die rede vir dié besigheid se naam.

Steph en Elaine reis graag plaaslik en internasionaal.  Mooi Leefstyl het al ʼn hele paar van hul oulike reise gedeel met ons lesers,  klik hier om meer te lees.  Ons is baie opgewonde om hul nuutste besigheid bekend te stel.  As jy ʼn koffie liefhebber is, dan moet jy af rol om meer te lees oor hierdie nuwe koffie besigheid.

Die storie agter THIRTEEN Emporium & Coffee Co.

THIRTEEN Emporium & Coffee Co. het geen langdradige oorsprong storie nie.  Einde 2020 word dit offisieel die nuutste toevoeging tot fotograwe Steph Louwrens en Elaine Van der Merwe-Louwrens se arsenaal.  Dit is die eenvoudige verhaal van hulle eindelose nuuskierigheid.

Gebore uit hul bekoring vir die unieke proses waardeur elke koffie bessie met sy twee identiese bone gaan.  Vanaf die koffie plant tot in hul plaas kombuis. En die luilekker plesier kenmerkend van hierdie smaakvolle elikser.

Hulle verwys met trots na hulle enkel oorsprong geroosterde koffiebone as hulle “soul roasts”; geskep deur twee ewig-reisende harte.  Altyd opsoek na die reuk van koffie.  Dit lei hul om die volgende hoek met die belofte van ʼn verkwikkende koppie koffie!

Inspirasie agter die naam, THIRTEEN Emporium & Coffee Co.:

Nie net is een van die stigters, Elaine se verjaarsdag op die 13e nie … Maar oor die jare het die getal 13 gereeld in hulle lewens verskyn.

In Rusland bly hulle in ʼn  gesellige gastehuisie waar die straat naam “13” is.  In Marrakech se besige straatjies sien hulle in ʼn voormiddag 13 straat-katte en ʼn duif.

Steph en Elaine vier hulle 13e huweliksherdenking in 2020.  Toe het hulle aktief aan die konsep van THIRTEEN Emporium & Coffee Co. begin werk.  Hulle een geliefde spanjoel, Hunter, was dié jaar ook 13 jaar oud.

Met hul reise eindig hulle gereeld in kamer 13, of selfs ry 13 in die vliegtuig.  Dié nommer het net altyd ʼn onverwagse, positiewe betowering vir hulle ingehou.

Dus, toe hulle ʼn naam moes kies, was THIRTEEN die logiese (en betowerendste) keuse.

Reeks koffies:

Steph het ‘n natuurlike aanvoeling en liefde vir koffie.  Daar is besluit om slegs ʼn beperkte reeks verskillende koffiebone aan te bied, i.p.v. ʼn warboel van produkte.

THIRTEEN Coffee Company se verpakkings is almal slegs enkel oorsprong koffiebone.  Dié reeks bone wat hulle begin 2021 vrygestel het, bestaan uit bone van Afrika en Sentraal-Amerika.  Dit is beskikbaar in 250g of 1 kg pakke.  Bone word gerooster op bestelling, om die varsste produk te verseker.  Die koper kan kies tussen gemaalde- of heel koffiebone.

Een ietwat “volksvreemde” produk wat die paartjie aanbied is traditionele Turkse koffie met kardamom.

Jarelange liefdesverhouding met Turkye

ʼn Jarelange liefdesverhouding met Turkye enmet baie goeie herinneringe aan eindelose klein koppies sterk Turkse koffie.  Hierdie twee kon dit nie weerstaan om ʼn geroosterde boon te ontwikkel nie.  Dit moet spesifiek op die fyn Turkse manier gemaal, voorberei en bedien te word.

Die kardamom is ter herinnering aan hoe hulle hierdie koffie in Mardin geniet het.  Mardin is ʼn Turkse dorpie wat die grens van Sirië omarm.  Ook hier waar Steph daagliks geselsies aangeknoop het met ʼn winkeleienaar.  Dié winkeleienaar wat hom onverpoosd ʼn koppie koffie in die hand gestop het.

In stryd met algemene omvatting, word Turkse koffie nie noodwendig van Turkse bone gemaak nie.  Dit verwys na die tekstuur en spesifieke maal-proses van die bone.  Dan hoe dit daarna voorberei word.  THIRTEEN Coffee Company voeg alreeds die organiese kardamom by die gemaalde bone voor dit verpak word.

Sou lesers graag die betowerende koffie wou uittoets, benodig hulle slegs ʼn tradisionele Turkse cezve potjie.  THIRTEEN Coffee Company se “Turkish Grind with Cardamom” en ʼn klontjie suiker om die lekkerte stadig op die stoof, óf oor die kole voor te berei.

Elaine self bedien dit dan graag met tradisionele Turkse baklava, of selfs haar tuisgemaakte Marokkaanse chebakia koekies.

Inspirasie vir die smaak van die koffie:

Elke boon wat sorgvuldig gekies word, se profiel word tydsaam ontwikkel om die beste smaak uit te bring.  En al die proeflopies help om dié bone te kies wat hulleself geniet, graag weer sal wil drink en natuurlik met hulle besigheid resoneer.

Steph is ʼn regte koffiepot!  Dus kies hy hoofsaaklik al die Espresso koffies uit wat deel vorm van die THIRTEEN versameling.  Elaine aan die anderkant, vertel sonder skroom dat sy slegs een tot twee kopies koffie ʼn week geniet.  Vir haar is elke koppie ʼn luuksheid … Sy kies haar gunsteling bone sorgvuldig sodat hierdie koffie-ervaring elke keer spesiaal sal wees.

Koop jou koffiebone hier:

Tans is hul enkel oorsprong koffiebone en gemaalde koffie beskikbaar by ʼn verskeidenheid plekke.  Plekke sluit in restaurante, veneus en winkels in Mpumalanga en Gauteng.  Insluitende Yoon’s Eatery in Witrivier, Ouma Rooi (met die koeksisters!) in Ermelo en Alzu Petroport op die N4 hoofweg.

Lesers kan ook ʼn lekker koppie van hulle koffie geniet by Flow Hair Design in Sandton terwyl jou hare gedoen word!  En natuurlik verkoop hulle ook direk aan die publiek deur hul Instagram bladsy: @thirteenideasemporium

Koffiebone kan ook aangeskaf word op SA Coffeemap, Feather & Leaf Giftboxes, sowel as deur Nedbank se gewilde Avo aanlyn winkel.

Tydens die knus wintermaande het hul ook ʼn spesiale koffie ontwikkel vir aktrise Leandie Du Randt en haar skoonsuster, Michelle se besigheid TO BE GIFT BOXES.   Hulle verkoop tans dié koffie onder die To Be Gift Boxes handelsmerk as vervaardig deur THIRTEEN Coffee Company.

Gewildste koffie op die oomblik:

Tans is die Tanzania AA Medium geroosterde bone ʼn gewilde opsie en Steph en Elaine se kliënte se gunsteling.

Die smaakprofiel van hierdie koffie herinner aan lui middae in Afrika en bome … Swaar gelaai met koffiebessies wat stadig ryp word, gekoester deur die Afrika-son. Hierdie koffie het kenmerkende tone van sitroengras, geroosterde karamel en ʼn talmende donker sjokolade na-smaak.  Perfekte pasmaat vir ʼn blokkie 80% Cocoa Lindt sjokolade.

Net ʼn kortkop agter is hul eie persoonlike gunsteling is ʼn Guatemala SHB boon.  Dié boon wat gekweek word in die sonnige Santa Rose vallei naby die Jumaytepeque vulkaan in Guatemala.  Hierdie boon is tans meestal in dié twee fotograwe en koffiepotte se eie koffiemasjien by die huis.

Ander produkte:

Koffiebone, kuns afdrukke en ʼn reeks koffie- en espresso bekers is ook op die horison.

Hierdie Desember stel hulle ʼn beperkte uitgawe verpakking bekend waaroor hulle liries is.  Vir hierdie unieke verpakking het hulle die Suid-Afrikaanse kunstenaar Amy Slatem, wat tans in Sydney, Australië woonagtig is,  genader om ʼn besondere, lewensgetroue skets van hulle een spanjoel Hunter en sy bul-boetie Jules te maak.  Dié spesiale koffie is dan ook aan hulle opgedra en sal slegs vir ʼn beperkte tydperk beskikbaar wees.

Tydens die Spioenkop Kersmark, 4 Desember 2021 naby Warburton, Mpmalanga, gaan hierdie duo dan die eerste keer die “Hunter & Jules limited edition” verpakking asook handgemaakte bekers bekendstel.

Steph en Elaine ondersteun graag plaaslike talent.  Hul het die Suid-Afrikaanse pottebakker, Therle Chaston, gevra om vir hulle ʼn unieke stel koffie- en espresso bekers te maak.  Sodat dit by hulle handelsmerk inskakel.

Hierdie bekers sowel as die eerste reeks beperkte kuns afdrukke wat stories van Steph en Elaine se reise vertel, sal in Desember aan die publiek deur bogenoemde Instagram bladsy beskikbaar wees.

Vervaardiging proses:

Al die 100% Arabica groen koffiebone wat gebruik word, word ingevoer van die onderskeie koffie plantasies af.  Daarna word al die bone op bestelling in THIRTEEN Coffee Company se klein roostery op ʼn plaas in Mpumalanga gerooster, verpak en versend.

Steph is die meester agter die proses om die groenbone in geurige geroosterde bone om te tower.  Hy kies met sorg bone wat geskik vir hul portefeulje en by die res van die familie THIRTEEN Coffee Company bone inpas.

Daarna word toetslopies gedoen waar bone gerooster word, gemaal en geproe word in ʼn proses genaamd “cupping”.  Verskillende temperature en tye tydens die proses lig sekere geur- en smaak profiele uit.  Tydens hierdie proeflopies kies hulle die rooster-profiel wat die beste vir ʼn spesifieke boon werk.  Soms werk ʼn sekere boon baie goed as ’n medium koffie en soms as ʼn espresso.  Party bone werk wonderlik met albei en sal dan albei vrygestel word.

Word met die hand verpak:

Elke verpakking word daarna met die hand gedoen. Linte omgesit, kaartjies met die hand vasgewerk. Dit is vir albei hierdie kreatiewe mense baie belangrik dat elke pakkie tasbaar, visueel interessant en treffend is.

Soos Elaine sê: “Ons wil hê ons verpakkings moet esteties uitstaan en mense se oog vang; hulle laat wonder nie net oor die koffie nie, maar oor die storie agter die koffie.  Ons wil graag belangstelling aanwakker in nie net ʼn lekker koppie koffie nie, maar in die hele proses!  Om agteroor te sit met ʼn stomende koffie moet wees soos om op ʼn vergeetvoël se rug te klim, en weg te vlieg na eksotiese bestemmings.

Ons produk moet avontuur skree, mense na hulle reiskoffers wil laat gryp … en ʼn pakkie van ons koffiebone natuurlik ook inpak!  Dit is wat ons graag self doen – ons pak ʼn pakkie gemaalde koffiebone in wanneer ons ook al reis vir daardie aande in ons Airbnb waar ons sit en inspirerende boeke deurblaai.”

Dit “soul-roasts” moet beloftes inhou van ʼn leefwyse wat ons almal beskore is.

Met dit gesê wil hulle ook mense aanspoor om verby die aantreklike verpakking te kyk.  Die waarde en duursaamheid van ʼn produk wat met passie verwerk word en van ʼn besondere standaard is, raak te sien.

Volg THIRTEEN Emporium & Coffee Co.  op Instagram:

Jy kan hul volg op Instagram vir oulike koffie idees en meer van hul produkte en stories.

    Artikel Krediet: