Nuwe gewilde plek vir Middagete

Food Restaurant by Zeits Mocca.  Twee van Mooi Leefstyl se gunsteling in een plek, Argitektuur en Kos.  Dit maak die perfekte paring.   Mense eet net lekkerder in ‘n mooi plek, is dit nie so nie?

Ons kyk vandag na FOOD geleë op die sesde verdieping van Zeitz Mocaa, die geherstruktureerde Silo Spasie in die V&A Waterfront in Kaapstad, die nuutste en gewilde plek om te wees.   Die restaurant se naam is FOOD, vernoem na die mens se basiese behoefte van kos.

Hierdie unieke restaurant is geleë in die beste ligging in Kaapstad met ‘n 270-grade Uitsig van Kaapstad.   Hulle is ook SASSI-vriendelik, koolhidraat- en gesondheid bewus en is beken vir hulle lekker kos.

Die restaurant is oop vanaf 10 vm tot 5 nm vanaf Woensdag tot Maandag en is gesluit op Dinsdae.   Dit is die perfekte plek vir ‘n besigheid ontmoetingsplek of ‘n heerlike middagete saam met vriende en familie.

Bespreek jou tafel by Food Restaurant by Zeits Mocca.  Kontak hulle te bel by 021 001 1022 of stuur ‘n e-pos na info@zeitzmocaafood.com.

Mooi Leefstyl het baie restaurante en verblyf opsies reg oor Suid-Afrika besoek.  Lees meer oor ons resensies hier.  As jy enige vrae het oor plekkies, vrae ons gerus op Sosiale Media.

Artikel krediet