Ons kuier in die ateljee van Klomp Ceramics

Ons is gek oor keramiek produkte in verskillende groottes, vorms en kleure.   Vandag kuier ons by Klomp Ceramics se ateljee in Paarden Eiland, Kaapstad.  Ons is dol oor Klomp Ceramics se produkte.  Dit is kunsstukke waaruit  Alexia, die stigter en brein agter Klomp Ceramics het altyd met klei gewerk en pottebakkery klas was haar gunsteling klas in skool gewees.  Alexia vertel dat Klomp Ceramics ‘n manier was om haarself uit te druk en haar storie te vertel aan die wêreld en sy is mal daaroor dat deur deur die middel kan wees.

cape town ceramic artists cape town ceramic artists

Vertel ons meer van jou besigheid?

Sy het Klomp Ceramics begin in 2013 en dit eers vanaf 2017 regtig begin fokus daarop as ‘n besigheid.  Voor dit was keramiek werk net ‘n stokperdjie en niks meer nie.  Ons weet hoe baie stappe is in die maak van keramiek produkte; die ontwerp, die styl, die maak, droog maak en vele meer belangrike stappe.  Dit is regtig iets wat jy doen as jy ‘n liefde het daarvoor.  Om al jou handewerk te sien vorm in ‘n produk wat mense spesiaal koop omdat hulle daarvan hou is prysloos.

cape town ceramic artists

Waar vind jy inspirasie en wat is volgende?

Alexia kry haar inspirasie van enige plek en -iets.   Meeste van haar omliggende omgewing, haar lewe, emosies en intuïsie.   Meeste van die keer ontwerp sy iets wat sy kort in haar lewe of net iets wat haar laat goed wat wanneer sy dit sien en kan gebruik.

Wees op die uitkyk vir Klomp Ceramics se volgende reeks, want Alexia vertel dat elke reeks is ‘n uitbreiding van die vorige reeks produkte.   Sy sê met die volgende produkte gaan daar baie gespeel word, so ons is opgewonde om dit te sien.

cape town ceramic artists cape town ceramic artists cape town ceramic artists cape town ceramic artists cape town ceramic artists

Maak so kontak

Jy kry min kunstenaars wat unieke keramiek werk maak vir kliënte.  Alexia sê sy het al ‘n paar gedoen wat baie mooi was.  Sy is altyd opgewonde om iets uniek te ontwerp vir ‘n kliënt.

Klomp Ceramics se produkte is beskikbaar aanlyn, klik hier om hulle aanlynwinkel te besoek.  As jy dit in persoon wil sien voor jy koop is jy meer as welkom om in te loer by hulle ateljee in Paarden Eiland of by een van hulle handelaars.   Volg Klomp Ceramics op Facebook, Instagram en Twitter.