Natuurlike olies vir ‘n besige leefstyl

Met vandag se besige leefstyl wil almal ‘n meer gebalanseerde en gesonde leefstyl hê.  Ons by Mooi Leefstyl was onlangs bekendgestel aan CREDÉ Oils se reeks produkte.  Ons kyk na ‘n paar van hulle produkte onder waaraan ons belang gestel het.  Hulle het ook heerlike resepte wat van hulle produkte gemaak word.  Hulle produkte kan regoor Suid-Afrika gekoop word by verskillende verskaffers.   As jy eerder aanlyn wil koop, besoek hulle aanlyn-winkel.  Bestel jou produkte in die gerieflikheid van jou eie huis of kantoor.  Lees meer oor CREDÉ Oils se produkte onder.

wholesale essential oils south africa

Vertel ons meer van jul produkte

Amandel meel is perfek vir die maak van glutenvrye brood, koekies, koeke, botterbroodjies en ander gebakte goed.

Klapper meel is ‘n lae-glukemiese indeks-klapperblom wat perfek is vir ‘n diabetiese-vriendelike alternatief as jou gewone koringmeel.  Dit is geskik vir diegene met glutenintoleransie.  Die sagte klappergeur maak dit ook ‘n goeie gunsteling by gesondheidsbewus bakkers.

Vlassaad meel bevat vesel en proteïene, en is baie hoog in Omega 3 essensiële vetsure.  Die lekker Neuterige geur maak dit geskik as ‘n plaasvervanger vir meel, semels, en eiers in bak en kook.  Soos jy kan sien is daar meer as genoeg opsies vir jou om vanaf te kies.

wholesale essential oils south africa wholesale essential oils south africa

Daar is ook verskillende Klapperolie beskikbaar soos:

Onbedorwe Klapperolie word uit die vars vlees van rou kokosneut gedruk.  Dit word koud gedruk en gefiltreer en behou die klassieke ‘kokosneut’ geur asook baie mikro-voedingstowwe in die olies.

Verwerkte Klapperolie word uit gedroogde klapper vlees (kopra) gedruk en word amper altyd verwerk vir menslike verbruik.  Tydens die proses van skoonmaak word baie van die oorspronklike klapper geure verwyder, saam met sommige van die mikro-voedingstowwe; Omdat kopra ‘n goedkoper rou materiaal is, is verwerkte klapperolie ook tipies baie goedkoper as onbedorwe klapperolie.

wholesale essential oils south africawholesale essential oils south africa wholesale essential oils south africa

Besoek gerus CREDÉ Oils se webtuiste vir meer inligting oor hulle produkte

CREDÉ Oils het ook ‘n groot verskeidenheid van ander olies beskikbaar soos Amandelolie, Vlassaad olie, Hennep saad olie, Denneboom olie en vele meer.

CREDÉ Oils se Amandel- en kasjoeneut-botter is suiwer neut botters. Die neute word eenvoudig gebraai, gemaal en gebottel. Hulle grondboontjiebotter word verryk met omega 3 vlasolie en ‘n tikkie heuning om dit meer voedsaam en smaakvol te maak.  Die perfekte lekkerny vir jou middagete of as ‘n lepel daarvan net voor jy gaan oefen.  Hulle het ook verskillende geure soos Amandel, Kasjoeneut, Makadamianeute en Sjokolade amandel.  Die neut botters is beskikbaar in glaspotjies en klein sakkies, perfek vir die aktiewe persoon.

wholesale essential oils south africa

    Artikel Krediet:

    • Fotos verskaf deur CREDÉ Oils