Dié nuwe reeks Pesto’s & Tapenades is ʼn moet hê produk vir jou volgende maaltyd

Suid Afrika se nommer een olyf handelsmerk, Buffet Olives het hul nuwe reeks Pesto’s en Tapenades bekendgestel.  Dié nuwe reeks Pesto’s en Tapenades is ʼn moet hê produk vir jou volgende maaltyd.  Geleë aan die voet van die Drakenstein Berge net buitekant Paarl in die Wes-Kaap. ʼn Pragtige 180 hektaar plaas met die mooiste olyfboorde.  Hierdie plaas is dié een waar Suid-Afrika se geliefde tafel olywe, Buffet Olives, die afgelope 50 jaar al groei.  Buffet Olives is ʼn familie handelsmerk op elke kruidenierswinkel se rakke.  Nou kan jy ses nuwe Pesto’s en Tapenades geniet.

Die nuwe reeks produkte kan jy net so gebruik en is klaar gereed is om ge-eet te word.   Inspirasie kom vanaf die Spaanse eet styl en is gerieflik verpak in ʼn 100 gram verseëlde bakkie. Dit maak dit maklik om te stoor as jy nie alles op gebruik nie.  Hierdie produkte is perfek om te gebruik by vinger happies, ʼn piekniek of om dit by jou kosblik in te sluit.  Buffet Olives se nuwe reeks is plant-gebaseerd en sluit aan by die wêreldwye voedsel beweging van gesonde peuselhappies.

Richard Allen van Buffet Olives is baie opgewonde oor die nuwe reeks produkte. Hy sê: “Ons soek al lank om ’n deli-produk te neem en dit in ’n betroubare formaat aan die publiek te lewer. Ons het heelwat tyd daaraan bestee om hieraan te werk en ons is baie opgewonde om dit bekend te stel.”.  Rol af om meer te lees van die reeks op Mooi Leefstyl.

Bietjie meer oor olywe

Olywe is propvol geur en is ʼn gesonde bron van vitamiene, minerale en aminosure.  Dit is ʼn geformenteerde produk, wat beteken dat hulle uitstekend is vir derm gesondheid.  Hul geur maak dit maklik om te eet.  Die grootte maak dit ʼn ideale byvoeging by geurige disse, vinger happies. as ook heerlike voorgeregte.

Dink aan ʼn heerlike vis en vleis gereg wat met olywe voorberei word.  ʼn Heerlike olyf-gebaseerde pesto in pasta gegooi, kalamata-olywe wat op pizza gestrooi is, brooddeeg gemeng met groen of swart olywe, bruschetta met olyf pesto.  Lieflike olyf tapenades op ʼn kaasbord of smeer op ʼn fynproewers toebroodjie, die moontlikhede is eindeloos.  Buffet Olives-produkte, insluitend die reeks, maak ʼn opwindende toevoeging tot talle disse en bied geleenthede om werklik kreatief te raak met geure.

Wat maak Buffet Olives so goed?

Die olywe word in die perfekte toestande gegroei. Met graniet-gebaseerde grond en ʼn Mediterreense klimaat, is La Valle (die plaas) ideaal geleë vir die kweek van perfekte, sappige olywe. Vyf kultivars word geproduseer, naamlik Mission, Manzanilla, Baroni, Kalamata en Nocellara del Belice.

Elke olyf word met die hand gepluk om die perfekte integriteit van die olywe en optimale rypheid te verseker.  Die olywe word dan natuurlik gewas en voorberei in ʼn wêreldklas fasiliteit en word op die plaas verpak. ʼn Stadige ryp-wordings- en fermentasie proses lei tot ʼn unieke smaak en aroma. Van grond tot rak, die hele proses verseker topgehalte olywe.

Die La Valle-plaas dateer terug toe die Costa-familie die eerste olyfbome in 1942 geplant het. La Valle-plaas deel ʼn grens met hul gastehuis, Cascade Manor, wat asemrowende uitsigte oor die Olyf vallei en ʼn ongerepte waterval bied.  Dit was by Cascade Manor waar gaste van die media getrakteer is op ʼn heerlike oes-tafel middagete van die bekende sjef Aubrey Ngcungama. Dit is alles bedien op die nuutste breekware van Le Creuset – “Bamboes”.

Media was onthaal en vermaak deur ʼn multi-sensoriese olyf-gebaseerde middagete wat vars gebakte olywe ciabatta, dekadente olywe en kruie botter, sout hummus met groen olyf sprinkel, krakerige kaas en olyf pesto strooitjies en die heerlike nuwe reeks van Buffet Olives ingesluit het . Die agtergrond van Cascade Manor en die nuwe Bamboo-kleurstyl het ʼn welige en outentieke ervaring geskep. ʼn Perfekte omgewing vir die bekendstelling van die nuwe Buffet Olives-reeks!

Die nuwe reeks Pesto’s en Tapenades is as volg:

Gemengde olywe in geroosterde komyn, brandrissie en lemoenolie:

Hierdie Marokkaans-geïnspireerde gemengde olywe-beker is deurtrek met geroosterde komyn-, brandrissie- en lemoenolie om jou al die opwindende geure en smake te gee wat met klassieke Afrika- en Midde-Oosterse kookkuns geassosieer word. ’n Noodsaaklike bestanddeel vir jou volgende tagine of tuis gekookte bredie.

Gemengde olywe in ʼn tiemie en basiliekruid olie

Hierdie klassieke Italiaanse kruie-kombinasie, deurtrek met tiemie en basiliekruid-olie, is die perfekte voorgereg voor jou ete, met doop-olie vir daardie warm baguette of ciabatta. Dit is ook die uiterste, gesonde, enige tyd peuselhappie of piekniek mandjie item.

Gemengde olywe met tiemie, origanum en roosmarynolie

Hierdie Grieks-geïnspireerde gemengde olywe-beker is deurtrek met tiemie, oreganum en roosmaryn olie. Eenvoudige son-soen Mediterreense geure op hul beste! Geniet dit as ʼn bolaag op ʼn slaai, in ʼn Mediterreense styl oondgebak of as die perfekte versnapering.

Tapenade met kappertjies en ansjovis

Hierdie geurige Mediterreense-geïnspireerde tapenade is die perfekte vennoot vir al jou somer-alfresco-maaltye. Dit word die beste geniet saam met ʼn versameling fyn gedroogde kouevleis, kase, piekels en jou gunsteling brood.

Olyfpesto met songedroogde tamaties

Hierdie Italiaans-geïnspireerde pesto is ʼn luukse vennoot vir enige gaar pasta. Alternatiewelik, gebruik as ʼn broodsmeer met ʼn verskeidenheid toppe vir daardie perfekte Italiaanse “bruschetta”. Moenie vergeet om ʼn glas rooiwyn by te voeg as die perfekte byvoeging nie.

Groen Thai Olyf Pesto met sewe Thai Speserye en Klapper

ʼn Perfekte marinade vir visgeregte, of as ʼn toevoeging tot ʼn Oosters-geïnspireerde bak met noedels. Vryf op garnale, gooi in ʼn pan en geniet die watertand speserygeure van die Verre Ooste. Of voeg ʼn paar lepels by jou volgende kerrie vir ʼn warm, hartlike, Verre Oosterse gegeurde ete

Die gesondheid voordele van olywe:

  • Hoog in anti-oksidant.
  • Bron van vitamiene, minerale en aminosure.
  • Een koppie swart olywe bevat 10% van die daaglikse aanbevole hoeveelheid vitamien A.
  • ʼn Groot bron van vitamien E.
  • Die natuurlike fermentasie proses beteken dat olywe ideaal is vir derm gesondheid.

    Artikel Krediet: