Heerlike Hoendersop Resep

Dié tyd van die jaar haal almal hul warm baadjies en serpe uit, word die kaggel-vure aangesteek en doen ons alles moontlik om warm te word.  Ons by Mooi Leefstyl het ‘n Hoendersop resep ontwikkel wat ons glo sal julle sommer van binne gou-gou opwarm.

Bestanddele:

• 2x Koppies Klein Groente
• 400g Hoenderborsies
• 250g Sampioene (opsioneel)
• 1x Pakkie 2 minute Noedels
• Hoender Speserye
• Hoenderaftreksel

Voorbereiding metode:

1. Sny die hoender in klein blokkies, skil en sny groente. Voeg alles bymekaar in ‘n groot pot.  Bedek met water.  Voeg Speserye ook by mengsel.
2. Laat dit vir 30 – 45 minute kook, roer af en toe.
3. Voeg sampioene by en kook vir nog 10 minute of totdat sampioene gekook is. (opsioneel)
4. Voeg 2 minuut noedels by.  Kook goed vir 2 minute.
5. Beste bedien met ‘n plaasbrood.

Hoendersop Resep

Artikel krediet: