Lyk dapper op die gholfbaan

Die artikel is spesifiek gemik op Mooi Leefstyl lesers wat graag gholf spel, lyk dapper op die gholfbaan met Out of Bound.  Alleen eienaar en stigter. Schalk Botha, het van jongs af ʼn groot liefde vir gholf.  Hy het aan die begin van 2020 besluit – Híérdie jaar is sy jaar om nie meer langer oor sy eie besigheid te droom nie, maar om dit ʼn werklikheid te maak!  Out of Bounds is in April 2020 gebore te midde van ʼn wêreld pandemie.  ʼn Moeilike, maar nogsteeds baie goeie tyd om ʼn nuwe besigheid te begin.  Hul reeks produkte is nie net mooi nie, maar ook van ʼn hoë kwaliteit.

Die Out of Bounds se leer produkte word plaaslik vervaardig, dit is produkte wat Schalk self ontwerp het.  Die perfekte grootte en kwaliteit is baie belangrik.  Daarom is dit iets wat na aan sy hart lê.  Elke ander produk is gekies met die oog op eksklusiwiteit en hoë gehalte.  Wanneer hul kliënte bestellings plaas en dit ontvang is hulle baie verras met het mooi verpakking.  Dit is darem net lekker om ʼn mooi pakkie te ontvang.

Lees meer oor Out of Bounds se produkte en besigheid hieronder.   As jy opsoek is na meer mode inspirasie, besoek Mooi Leefstyl se mode kategorie vir tonne inspirasie.

golf apparel

Die naam – Out of Bounds:

Dit was belangrik om ʼn naam te kies wat pas by die sport, sonder om te klink soos al die res van gholf gekoppelde name.  ʼn Term waarmee meeste gholfer baie goed identifiseer, is Out of Bounds.  Daarom het Schalk gedink omdat hulle juis fokus om “uit die boks” te dink, oor hulle produkte en dienste, is Out of Bounds baie gepas en relevant

golf apparel
golf apparel

Reeks Produkte:

Out of Bounds het begin met ʼn klein maar eksklusiewe reeks van sowat 7 produkte.  Die eerste produkte was ons egte leer reeks.  Soos onder andere ʼn “yardage” boek omhulsel wat ʼn baie populêre item in ons reeks is.  Dan het ons ook goeie kwaliteit gholf hemde en keppies

Schalk fokus nie net op sy gholf produkte nie maar ook om gholf toernooie te reël.  Out Of Bounds Seasonal Championship se eerste toernooi is 18 Oktober 2020 op Metropolitan gholf klub.  Die kampioenskap gaan elke 4 maande plaasvind.  Waar daar na elke kampioenskap ‘n klere borg gegee word aan ‘n Sunshine Toer Speler wat nog nie klere borgskap het nie.  Schalk beoog om die kampioenskappe te groei na uitstaan geleenthede wat elke gholfer op sy kalender sal wil sit.  Een van sy doelwitte vir die kampioenskap is om amateur gholfers soos professionele gholfers te hanteer en die gevoel te gee van ‘n volwaardige kampioenskap.

golf apparel golf apparel

Inspirasie vir die produkte:

Die eerste ding waaraan Schalk dink wanneer hy produkte identifiseer is, waarvan hy as gholfer self sou hou.  Wat hy self nodig sou vind wanneer hy op die gholfbaan is.  Iets soos sy multi funksie “toolkit”.  ʼn Veelvuldige, maar kompakte eenheid wat gholfers vir meer as 6 funksies kan gebruik.  Die inspirasie daar agter is bloot goed wat hy self altyd voor soek in sy sak, of verloor op die baan as die items individueel rond lê.  Dit help baie dat hy ʼn groot liefde vir die sport het en daarom self behoeftes van ʼn gholfer kan identifiseer

golf apparel golf apparel

Koop Out of Bounds se produkte:

Produkte kan aanlyn gekoop word op Instagram, Facebook of op ons webwerf www.out-of-bounds-rsa.com

golf apparel golf apparel

Gewildste produk:

Die mees gewildste produkte op die stadium is die “Multitool” stel, asook die keppies.  Natuurlik vir die meer gesoute gholfers is die leer produkte baie populêr

golf apparel
golf apparel

Koop Out of Bounds se produkte:

Out of Bounds kan gevolg word op Sosiale Media insluitende Instagram en Facebook .  Jy kan ook hul webwerf en aanlynwinkel besoek.  Hulle is baie aktief op sosiale media met hul gholf toernooie en indien enige iemand wil inskryf vir een van hul kompetisies kan hulle ʼn e-pos stuur aan Out of Bounds.

golf apparel
golf apparel

    Artikel Krediet:

    • Foto’s:  Verskaf deur Out of Bounds
    • Feite:  Verskaf deur Out of Bounds